PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



la mô me piaf

Tessa Louw

in die kollig van ’n straatlamp,
adres, 72 rue de belleville parys
is jy, die klein swart swaeltjie;
omstrede vurkstert-vroutjie
van die franse chanson,
per ongeluk op die warm binnelap
van ’n polisieman se jas gebore.
in die donker kelder van die grond,
adres, 16 rue du repos parys
is jy, edith giovanna gassion,
klankdig verpak en verseël,
in bleekblou koue neergelê.
met hierdie oorwintervlug verkas jy,
weens openbare sondigheid, sonder mis
in nominum patris et spiritum sancti.
jim morrison, chopin en oscar wilde,
sarah bernhardt, balzac en molière
draai hulle moeë lywe om na jou,
afwagtend vir ’n klank, ’n noot, ’n kreun;
la vie en rose of dalk c’est d’la faute
waar jy in cimitiere père lachaise
stomstil terugdroom na kleintyddae —
blinde bordeelkind van bernay —
onthou jy flug jou swaeltjielyf, skaars ses,
met lepelkommevol alkohol gevoer
om lastige lintwurms te beheer.
waar jy nou kokon, is daar gebrek aan drank
morfien en kortisoon om jou hoog te dra;
is daar niks wat die wriemelaars inhibeer
of keer om aan te sit vir ’n gratis maal van
gekankerde rou ontveerde voëltjievleis.
sê my, is jou mond nog rooi en rond;
jou lippe sag en seer van hymne à l’amour.
ken jou voete nog die pad langs rue de bièvre
aan die noordekant van die champs elysées.
onthou jy nog die gloed van marcel cerdan
se bokserlyf en die warm geur van rose as jy bid.
weet jy dat baba marcelle dupont
skaars ’n hartbreedte van haar voëltjiema af lê;
so ook jou pa, die slaplit-sirkusakrobaat,
geïnkorporeer as famille gassion-piaf.
en as ek jou nou kon vra,
sou jy steeds eerlikwaar kon sê
non, je ne regrette rien.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.