PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



ode aan ’n bosniese meisie uit die groot karoo

Stef Terblanche

op ’n stukkende dorp op ’n vlakte tussen
die spoor en die pad met hul hond en hul ford
is sy. met bloed aan sy hande gespyker agter die skans
van haar kamerdeur waar die vlakte moeilik kan teer
hang jim reeves met wie sy haar tempel deel soos
ook daardie eerste verdomde aand van lompe oneer
terwyl haar ma bioscope toe was, alleen.

in ’n griesput in ’n stofstraat onder die houtbak van ’n army-groen
international sug ’n mobil overall met haar pa daarin, alleen, met
’n lap aan sy gat om sweet mee te vee in sy stryd teen
die krampende stof het hy homself iewers vergeet.
hier waar die vlakte alle drome in ysterklip versmag
laat die aande jou eensaamalleen sonder gedagte
in die suur dampkring van drinkers, stomstil uile in ’n skuur.

en sy is! eendag se kind met wense van glas
gebore uit die bloed en die klip van die stil vlakte se eensame wag -
sy’s die girl op die lp se cover sy’s eva en sy veg a.k. in die hand
om etniese redding in bosnië vir ’n lappie tussen-die-spoor-en-die-pad-se-land.
soos ’n haas tussen stywe gewere tussen die voëls en hul vere sit sy
elke saterdagoggend in die blaaie van haar lewe agter die ok se til.
hier waar woorde water in die sand is waar die stof lawaai
teug sy aan die lexington wat besitlik haar lippe verfraai.

en by die gesluierde huis wat skuil in die donker op sy
silwer omheinde stoflappie agter die genommerde draadhek
wat keer dat die pad die dooie rose vermoor
in die groen doflig van die sitkamer staar haar ma oor die sigaret
se brandende punt tot diep binne die gevoude hande van god-seën-hierdie-huis
en liggies wieg sy as kimberley jim sing, haar hees neuriestem
’n psalm van vervreemde verlange. vroegoggend is haar
wange opgepof en kruitblou as die kraaie skerp begin te skree.

in die lang stilte van die namiddag bars die bom op die dorp
dis oorlog in bosnië en sarajevo bloei as die trein uit die noorde die
vlakte oopkloof. in die gebroeide hitte van die uitgestrekte dag
blaf die honde verveeld as die 15F fluit en die aarde beef
onder die bestorming van ’n staaltenk wat snel deur die puin
van ’n na-oorlogse karoovlakte terwyl die barstende sterre
steeds sakramenteel ons hemel versier. kartetse van god maar
geen mense om die nagmaal te vier.

en die donker dreigende waens rol soos swewende katedrale
vol lig verby die popdooie huisie wat sit tussen die spoor en die pad
en in elke geel venster die stomstil koppe van pelgrims op tog
jode na hitler se hel en die honde wat kak en die dooies belek
en sy is kamma kwaad as die stoker vir haar waai en voel verleë
aan haar tepel met ’n hand wat ritsel soos ’n slang in die gras.
en die dag verkrummel soos ’n platgetrapte coke blik en
eendag weet sy sal die trein moet stop - net dat sy vir ’n oomblik kan
vlieg bo die skraal blou windjie wat sug soos stoom in die nag.

16 Januarie 2004

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.