PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Die man en die park

Braam Smit

Dit was 'n dag van die donker vroue, 'n dag van lig,
hulle staan en loer in koeltes met groen blaarhoede
of seil grasieus oor warm plaveisel en gly oor klam warm gras
om elders hoekig, hand in die sy met lang sigarette te staan

die donker vroue tuur ons aan,
bespreek ons met stemme onhoorbaar sag
en loop styf teen ons om alles af te luister.

Een het gedribbel oor die gras toe hy by haar gaan staan,
en saam gaan sit om alles wat sy hoor
later by haar skaduwee-susters te befluister.

Tyd het bedrieglik vinnig begin vloei
in 'n stroom dik sonstroop wat sy gedagtes sleep
deur die blomme en die beddings en die bome in die park
sodat hy amper nie eers haar laaste woorde hoor nie.

Sy het heel ongepas,
hand aan hand met 'n donker vrou
vir altyd weggegly oor die gras

en hom alleen in die stil park laat staan
sodat hy moes sien hoe die lang donker vroue
die son se laaste strale hark
en een vir een sterf en vergaan
om te verklee vir 'n opkomende maan.




LitNet: 15 September 2004

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.