PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Nuwejaar op Zaaihoek

Marí Peté

Wieldoppe vol rooistof
arriveer Zeffers en Zodiaks
op Zaaihoek. Ons peul
in troppe oral uit,
eggo die klowe af -

aan die voortou, kaalvoet-Karel
soos 'n klipspringer oor rotsskeure
waaruit aalwyne beur -
eerste by die water.
Vir 'n oomblik alleen
buk sy lat-lyf soos 'n dier
wat drink.
Deur blou wolke van die diepste kuil
sien hy:

Twee seuns wat uit sy saad sal spruit.
Dat hy in hierdie kontrei sal sweet
vir daaglikse brood. En hy een nag
deur knetterende phoenix-vuur
na sy voorvaders toe
oor sal loop.

Dan haal ons hom in -
nefies en nerf-af niggies,
tantes in dorpsmateriaal getooi,
ooms op soek na oorhangrotse
wat diep skadu's
soos piekniekdekens strooi.

Dis 'n soomlose dag -
Karel lag, en vergeet,
as sonbesiesang die spieël
van die nuwejaar breek.

Ter herinnering aan my oudste neef Karel, wat Sondagnag 24 Aug 2003 verkool is toe hy brandgeslaan het op sy buurman se plaas in die Witbank-distrik.



LitNet: 26 Julie 2004

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.