PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Renée Marais

Op ’n Sondagmiddag ’n mazurka

Sy trek die Chopin-album uit die rak
en op die stil middag voor die klawers
vloei herinneringe saam met die klanke
van ’n halfvergete mazurka, ingeoefen
uur na uur agter die verhoog op die klein
vleuel met die klank van ryp appelkose, lank
terug. Sy onthou nagte vol duisende note
en sterre weerkaats in die deksel se vernis,
die milde lug, die wye kyk oor gloeiende
blomme van stadsligte, rooi en geel en wit
en groen, en die tyd vervaag en die jare vloei
ineen met die ritme van die dans en die geel
kanarie (nee: soos soet appelkose sy kleur)
se metriese wip van stok tot tralie tot stok
in sy blou draadhok; sy speel tot dit skemer
en haar linkerpols pyn, die baba hom in haar
versit en stadig ’n arm behaaglik strek. Vaag
in die kombuis agter haar hoor sy eiers sis
in ’n pan. Sy speel die slotakkoord (Da Capo
al Fine) en staan op om met die trappe af
te stap na die ingang, die register te teken
en al met die paadjie langs by die margrietbosse
verby te stap na waar die lig in haar koshuis-
kamer op die tweede vloer brand. Ek gaan kombuis
toe en help my kind geelwortels skil terwyl
die kanarie in sy ligblou kou ’n mazurka dans
in die ryk nagalm van die snare, bo in die lug.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.