PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Daar is net een lamp wat nog brand vannag

Lucas Malan

Daar is net een lamp wat nog brand vannag
hier in die kamer van boeke wat deurnag praat,
wat aanspraak maak, vertel en vra; net een lamp
met die glans van 'n sonsondergang in sy skerm
wat 'n halwe maan óp laat slaan teen die muur
waar die lamp in sy heuninglig staan. Net een
ligbron vannag wat nog skyn in die laatnaguur;
net een wat nog brand en soos 'n mens bly kerm
dat dit tyd geword het om uit te doof, weg te gaan;
om 'n einde te bring aan 'n lamp se eenlingbestaan
onder die opslaanlig van 'n verskeurde maan. *


* Die volgende dokumentasie moet gelees word as 'n voorbeeld van dit wat soms onder mense met lang verbintenisse voorkom en as 'n vorm van astrale of telepatiese kommunikasie beskou kan word.

'n Sameloop van kragte

Sondagaand, 15 Augustus 2004, rondom sonsondergang, het daar skielik 'n gedagte aan Barrie Hough by my opgekom. Ek het maande lank nie van hom gehoor nie en ek het geweet dat hy baie probleme het. Volgens berigte het hy in daardie stadium by 'n niggie op Kemptonpark ingewoon. Ek het gedink: Dis Sondagaand, dis Augustus; die Oos-Rand is lelik en dit kan nie goed gaan met Barrie nie. Maar dit was net 'n vlugtige gedagte en daarna het ek ure lank na die Olimpiade op TV gekyk.

Eers ná middernag het ek na die studeerkamer gegaan om na moontlike e-pos te kyk. In die hoek van dié vertrek staan 'n groot lamp met 'n koperstaander en 'n oker skerm wat ek ná my vriend William Egan se dood in 1992 van hom geërf het. Ek doen dit selde, maar ek het die lamp aangeskakel en terwyl ek wag dat die rekenaar laai, het ek na die lamp gekyk. Soos dit soms gebeur, het daar 'n reël ontstaan; ek het van die e-pos vergeet en 'n gedig begin skryf.

Dinsdagoggend, 17 Augustus, het ek berig ontvang dat Barrie hom die vorige dag of nag in Melville vergas het. Met al die ontsteltenis wat daarop gevolg het, het ek eers 'n week later, Sondag 22 Augustus, weer aan hierdie gedig gedink en dit herlees. Daar is so 'n mate van toeval omtrent die teks dat ek dit sonder sensasie iewers wou bestendig.

Die eerste weergawe hierbo is na aanleiding van 'n aantal wenke van Danie Botha. Hier volg die vroeëre weergawe:

Daar is net een lamp wat nog brand vanaand
hier in die kamer van boeke en stemme wat middernag
nog praat, aanspraak maak en vra; net een lamp
met die glans van 'n sonsondergang in sy skerm
wat 'n verwronge maan óp laat slaan teen die muur
waar die lamp in sy heuninglig staan. Daar is net een
lamp vanaand wat nog brand in die laatnaguur;
net een wat nog brand en soos 'n mens bly kerm
dat dit tyd geword het om uit te doof, om weg te gaan;
om 'n einde te bring aan 'n lamp se eenlingbestaan
onder die opslaanlig van 'n verskeurde maan.




LitNet: 30 September 2004

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.