PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



delportshoop

   (tod wo ist dein stachel, hölle wo ist dein sieg)

Tessa Louw

ja, chris is toe begrawe
op delportshoop
stemmig uitgevat en opgetof
en neergelê in ’n blink kis
met ’n oopblaai-sondak

dit was sy hart, jy weet
te groot vir sy bors
te klein vir die wêreld
en met sy hart se slag
sou hy in sy dooduur
in pynlike sweet uitslaan
soos nou waar hy geboks
onder die uitgestrekte arm
van ’n doringboom
sonder persoonlike toestemming
gereduseer word tot vertoonstuk
sweetdruppels op sy bolip
sy wenkbroue en teen sy slape
kan lyke in die koue klou
van dood dan sweet
of is dit die gapende wond in die grond
wat hom so benoud maak
miskien die talle oë wat teleskoop
en skaamteloos sy lyne natrek
dalk die nou boordjie en die das
want dis so onvanpas chris
hoekom nie eerder sy geliefde
blou en wit gestreepte t-hemp
en die gebleikte navy kortbroek
(vicks nasal spray in die sak)
kaalvoet en gemaklik uitgerus
vir die lang lê wat op hom wag
ja, sê die sonbesies
wat huil in die gras
ja, dis heel onvanpas
so ook die ligte poeierblos
en subtiel gekleurde lippe
onnatuurlik mooi soos ’n waspop s’n
bleek en tot in die fynste besonderheid
uitgekerf vir madame toussaud
maar chris hier op delportshoop
ingelê en gereed vir bewaring
die wasbeeld is bloot toevallig
hy is christian ernest louw
meester van die hof op kimberley
of oompie vir my gebruik alleen
oompie van die borgward en die nikon
oompie wat ’n waatlemoen as
geskenk in amsterdam sou koop
oompie wat kon smul aan ingelegde
kwarteleiers en getrou sy dosis
appelasyn sou neem teen jig
en rumatiek en die opelyf
en die kwale van die hart
wat hom op ses en vyftig plus
ten spyte van die voorsorg
op slag in die steek sou laat
ja, sê die sonbesies
wat huil in die gras
ja, gewis op slag
van chris is daar geen bloudruk
geen kraai wat aan sy rustelose oë
sy weerbarstige wenkbroue
of swaar sinusneus kan dra
nooit kon hy vir ’n oomblik stilsit
of stilstaan nie maar nooit
bestaan vandag nie hier
in delportshoop se swart hitte
gister vandag en more
het een geword met die klok
se elfde klepelslag
ja, met die elfde klang van die klok
huil die sonbesies
in die gras
more lê tussen ademlose planke
toegeskroef met ’n sondak
wat hopeloos nutteloos is
hierdie houer met sy sonluik
is stewig geplant in nag
sonder moontlikheid van
’n deurbraak na die dag
in die meesterskantoor op kimberley
is die tjap op 250740-220197 se papierwerk
nog smeernat en hemelsblou
en lees dit ironies intestatio

ja, chris is toe begrawe
op delportshoop
swierig uitgevat in ’n hemp en ’n das
en die skril tjier van sonbesies
bly galm galm in die gras

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.