PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



gebed vir ’n tweedehandse strandhuis

(met apologie aan allan boesak)

Koos A Kombuis

ek wil ’n tweedehandse strandhuis hê, heer
met onvanpaste meubels en vuil ruite
waar ek die see kan hoor wanhopig worstel
agter die duine en rooikransbome (’n pes)
en met drie of meer karre in die driveway
van vriende wat sonder rede kom whiskey drink
of galjoen braai (onwettig)
met bibberende kortbroeke in die nanag

gee my ’n tweedehandse strandhuis, o heer
waar die vorige eienaars
se onaangeraakte glaskabinette nog staan
en stadig vol sand word
met ’n toilet wat nie lekker flush nie
en ou reader’s digest-omnibusse op die tafeltjie langs die bed
en ’n krakerige gemakstoel by die stoepvenster
waar ek op my tyd spatare kan sit en kweek
my kinders onterf
en eindelik die geloof verloor

ja, my siel smag na ’n tweedehandse strandhuis, heer
’n winderige holte sonder reëls
waar geen selfone mag lui nie
in so ’n strandhuis, heer, kan niemand ooit onthou
watter dag van die week dit is nie
die televisiestel het net drie stasies
(tv1, tv2 en die een met die sneeuvlokkies)
en die sout- en peper-potjies
het mekaar nog nooit voorheen ontmoet nie

hoe anders kan ek hierdie lewe vaarwel toeroep
op watter ander plek
my bondeltjies drome
oopvou en bestudeer
sonder woede of hartseer
as in ’n tweedehandse strandhuis
(liefs in waenhuiskrans of witsand)
heer?

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.