PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Oor lig

(of dalk oor Liefde)

Piet de Jager

As jy deur my tyd ry
laat jou hoewe vir my klap
op die melkweë dat die sterre so spat
want jare is nie tyd nie — lig is
vure wat fynbos teen die heuwels brand
Hoor hoe knetter my hart langs die berg op
in die nag as al ons paaie swart word
stotter ek deur lig om iets vir jou te vertaal
uit die roep van die duiwe oor die dakke
Maar elke nag wat hoog brand
smoor soggens in my voorbrande
as energie afkoel tot massa
en ons hoofsaaklik lig en donker
onder hierdie son bly lieg soos heiliges
op die styl van sendelinge in die nag
as ons maak of ons liefhet
wil ek hier wegkom:
Ry deur die skuilings van my voorposte
dat jy naby genoeg aan my kom
dat ek jou hoewe kan soen
my spore in jou kan druk
snags as die geruite hen
op die mandorla van haar nes vol klei-eiers
diep uit haar krop uit brom oor die swart
vlekke voor die maan of met eerste lig
saam met die troppe na sonneblomlande trek
twyfel ek of jy regtig weet hoe nodig ek jou het:
Jy ry so alleen met jou mandjie vol skoenlappers
ek roep jou so onbeholpe met my fluit
Soms wil ek soos ’n hings deur jou draf
tot al die water helder om ons klink:
Dalk ry jy my eendag in die lig raak
in Andromeda, byvoorbeeld, waar ons saam
uit jou mandjie magnetiese toebroodjies
met sonbotter en stroop op ’n kuberpiekniek
kan uitdink terwyl wit Arabiere deur ons trop
om post-erotiese e-pos oor optiese paaie
na die hoogste duine vir ons aan te dra
as ons na die klank van harpe kyk en die lig
van onsterflike stelsels in die donker hoor
Bymekaar sonder die hinderlae van tyd
of die doodsakkers van die lyf
na die arend en die uile
uit die oog van die gemsbok kyk

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.