PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Mzwakhe Mbuli

Neels Jackson

Toe die groot boom van apartheid geil gegroei
en sy donker skadu oor alles laat val het,
het jou helder stem ons herinner dat seisoene wissel.

Onder die groot takke van die donker boom
toe al die stemme stil was,
het ons na jou geluister
en gehoop op ’n nuwe seisoen.

Toe ons leiers op die eiland was
- Madiba, Mhlaba, Mbeki -
en die branders hul stemme stil gemaak het,
het ons jou helder gehoor
teen die donker takke van die ontsettende boom
en geweet die son sal weer skyn.

Toe net die strooipoppe in die lig gestaan het
- Matanzima, Mangope, Mphephu -
en die leiers op die eiland stil was,
was jou boodskap helder soos water
teen die ontsettende takke van die donker boom.

En toe die verandering kom
en die leiers keer terug van die eiland af
- Madiba, Mhlaba, Mbeki -
en die strooipoppe raak vergete
- Matanzima, Mangope, Mphephu -
en die digte blare val van die donker takke
en die donker takke val van die groot boom
en die groot boom self val om,
het ons onthou dat jy gesê het seisoene verander.

En ons was bly oor die son op ons gesigte,
oor die val van die groot boom met sy digte takke en donker blare.
oor ons weer ons leiers se stemme kon hoor.

En oor jou
wat ons nou oor TV gesien en gehoor het
in dokumentêre en advertensies
en ons het jou CD’s gesien en gekoop
en ons was bly oor die seisoene wat wissel.

Maar toe vang hulle jou as ’n common bankrower
en hul sluit jou op waar jy nie die son kan sien nie
soos onder ’n digte boom met swaar takke
en jou stem word stil.

En ons het buite in die son gesit
en die trane het helder oor ons wange rol
want ons het gehuil
oor die nuwe seisoen wat vir jou gekom het.

16 Januarie 2004


terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.