PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Wallace Stevens aan Elsie: ’n ongeposte brief

Joan Hambidge

Geliefde Bo-peep,
muse, leser:
vergeef my die versending van my verse.
Ek weet jy voel
dat die verse net aan ons behoort,
dat ek hierdeur,
met die uitstuur van die verse na ander oë
die heilige kommunie van ons liefde óphef.
Hierdie proses - soos ’n poskaart van die vulkaan -
is self-kommunie, self-gesprek, self-verloëning.
Ek is sakeman èn digter, kibbelaar èn knoeier;
tog weet niemand van hierdie bedryf
wanneer eise oor ongelukke en versekering
op my finale oordeel, beslissing wag.
Hoe word die glasstukke van ’n ongeluk
nie in ’n derdeparty-eis weggeskryf? Hoe
breekbaar ’n lewe, hoe grusaam die noodlot?
Poësie, ’n gekibbel met die self, kry net lewe
wanneer dit gelees, beoordeel, selfs veroordeel
word deur letterkundige eksekuteurs, weet ek,
’n naweek-digter, ’n wandelaar verby ’n huis
waar iemand toonlere oefen, ’n swart voël sing
in die berkebome. Niks wat nie daar is nie,
en wat ook daar is. Die eenvoud van die alledaagse.
Nie eenmaal nie, maar dertien keer sal ek inkyk,
afloer, opteken, skrap in die winterlandskap
wanneer versreëls soos sneeuvlokkies val,
die ys soos ’n lang baard aan die junipers hang.
Eens het ek daagliks met gedigte na jou gestuur,
net na jou, jou oorgewen, jou deel van my gemaak
in klein linne-kladboeke vol bottende oureole.
Nou wag ons op Harmonium, op beoordeling,
op die uitbetaling van ’n andersoortige polis:
ek plaas my gedig soos ’n fles in Tennessee
op ’n heuwel sonder singende voëls ...

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.