PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



This funny thing called loneliness

Joan Hambidge

Eensaamheid
soos onsekerheid
het ’n reuk. Die reuk
van skooltoilette,
sweet in ’n L.O.-klas
of waterstofsulfied
in die wetenskapklas.

Onsekerheid
soos eensaamheid
skei iets af. Die uitnodiging
na ’n skoolparty
of versoek “Sal jy met my kys?”
aan almal behalwe die gebreklike,
die gay-kind of predikantsdogter gerig.

Ook diegene wat onder die spoor
leer van geregsbodes, brandewyn-en-coke,
naai en poes en skunnighede,
’n pa se vatterige hand
reeds vroeg onder die knie het,
beland op die uitskotlys
soos daardie reuk in die skooltoilet,
skerp sweet in die L.O.-klas
of ’n gebreekte fles in die wetenskapklas.

So what the hell!
Ons was almal daar:
Die ontvangers van onsekerheid
of die hartelose afwysbodes.
Ons onthou dit soos gister.
Hoe ’n kind uitgestoot
word uit die kring van selfversekering,
van sukses en gewildheid.

Hoe verskoppelinge pouses
in biblioteke hul verskans
of agter die toiletmuur skuilhou.

Miskien, miskien is die gewildes
nog meer onseker vandag. Dalk
waarom hulle selfs in hul middeljare
na goedkeuring of erkenning soek?
Nooit geleer om eensaamheid
of onsekerheid hul eiegoed te maak.

Eensaamheid voed later weerbaarheid.
Die een is die ander;
amper nes vinkel en koljander.


terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.