PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Afskeid en vertrek

Joan Hambidge

Die geskiedenis van ons verhouding
begin-middel-einde: einde-middel-begin
staan opgeteken in my Outlook Express
met 4 000 boodskappe — dank vader vir Hewlett Packard
se uitsonderlike geheue. Jy daarenteen
wis weer alle boodskappe uit. Die digter as historiograaf,
optekenaar, verslaggewer van die liefde
se verloop. Alles geregistreer in e-posboodskappe
soos “ek verlang na jou”, “waar is jy?”. Jou boodskappe
ook in kleinletters, myne meer formeel gepunktueer.
Foto’s by ’n troue (ons verhouding het begin met vriende
se bruilof en geëindig met ’n ander wat ons te vroeg
verlaat het ...). Juis dalk dit die punt: dat die einde
gekom het voordat ons emosies uitgespeel was?
Dat ek vertrek het voor alles uitgepraat was?
My Compaq Armada — met die Twin Towers as agtergrond —
pak op. Hierom ’n nuwe rekenaar. ’n HP: vinniger en sekuurder.
Die laaste gesprek het inderdaad uitgebly: hoe kom
mens ooit tot helderheid? Veral as die geskiedenis
verskillende blikhoeke behoef. Joune
versus myne, buitestanders se nugterder blik
op ’n toenemend ingewikkelde verbintenis. Afskeid
en vertrek. Vertrek voor afskeid. In vele drome
pak ek klere in. Soos ’n reisiger wat skielik ontdek
in ’n vreemde hotelkamer: die laaste lughawebus het vertrek.
Of ’n vlug verpas. Of impulsief op ’n ander trein klim
om ’n nuwe landskap te ervaar en iewers uit ’n internet-kafee
’n lugboodskap via mweb vir die geliefde aanstuur.
Uit Tokio, Kyoto, Osaka, Hiroshima, Nagasaki
pos ek lugkaarte. Op Singapoer-lughawe versend ek ’n foto
per e-pos na jou. In Kyoto hoor ek jou stem internasionaal dwingend.
Verlange op soveel maniere opgevang, versend in die kuberruim.
Liefde glo eenmaal verklaar, bly bestaan. Nes e-pos eenmaal gestuur.
Poskaarte, briewe het plek gemaak vir die efemere, onmiddellike kuberskrif.
Die epos van ons verhouding? Soos in epiese gang?
Heftig, vinnig, dringend, kortstondig, bloedig. Soos in Hiroshima, mon amour.


terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.