PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Vanoggend toe ek die blindings lig

Joan Hambidge

laai jy jou kind af. Soos ’n voyeur kyk
ek toe. Die kind haal sy tas uit. Jy groet hom.
Jy kyk nie op soos oudergewoonte
om te sien of my venster oop
is nie. ’n Teken indertyd van ’n SOS:
oggendkoffie, gesels, koestering voor die dag begin.
Nou kyk ek na jou. Soos ’n karakter in Robbe-Grillet
se La Jalousie. Deur die blindings. Vér van jou.
Ver van jou goed, na aan jou skade. Die duur wynkruik
— ingesmokkel uit ’n verre land — het ’n kraak in. ’n Fotoboek
wys smeersels. En jou swart leerskoene (waarmee jy oor my stap)
staan ongevraag in my studeerkamer waar Freud en Lacan toekyk:
op ons verhouding verpak in ’n kartonboks
vol geskenke, onthousels, foto’s, struwelinge,
die “family romance”, jy & ek.
Onverwags afgesmyt op ’n Blou Maandag.
Return to sender. Afgehandel. Uitgegooi.
Soos ’n orgaan wat verwerp word. ’n Opvoering wat gekanselleer word.
Om die blindings te lig. Om die bordjies te verhang, sou ek sê.
Hoe lank duur dit voordat ons ophou kyk en wonder en tob?
Of bly die kraak in die wynkruik vir altyd daar? Of breek dit vanself?
En nou gaan ek ophou tob en dink en wroeg.
Waarskynlik self die wynkruik breek,
my hoof vetsmeer met olie, my klere skeur,
vir veertig dae en nagte ronddwaal in die woestyn
en veral, veral my totaal, finaal, volledig oorgee aan
die enigste, blywendste, durendste verhouding: die poësie ...

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.