PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Vierde naweek sonder haar

Joan Hambidge

’n Derde weg in herstel (glo 100 dae
om weer ekwilibrium te vind), hou ek boek:

ek was my klere in ’n outomatiese Bosch Maxx
ek drink Entre Nous-rooiwyn
ek pak my kombuis reg
ek orden my studeerkamer en gooi drie sakke
vol ou papiere en dokumente weg
ek gaan alleen uit en bestel ’n gunstelinggereg
ek drink whisky-on-the-rocks
ek bel my vriende
ek sms vir Johann de Lange
ek skryf aan my roman Kladboek
ek lees Lacan oor die knope in die psige
ek sien die Osho Zen tarot vertel jy is aan die herstel
ek droom ek ry na jou huis, maar word met klippe bestook
ek sien deur die venster hoe dit buite onverwags reën (natuur-in-simpatie)

en jy?
jy bel nie meer nie
jy stuur nie meer e-pos nie
jy dink waarskynlik ek verf die dorp rooi
jy glo dat die een wat vertrek dit maklik het
jy dink vermoedelik nie eens meer aan my nie

jy weet nie eens dat ek letterlik en figuurlik bloei nie

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.