PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



’n Vers is die heuning van die muses


Joan Hambidge

Onthou jy
hoe ons een aand my ‘screen saver’
verander het na: “’n Vers is die heuning
van die muses”?

As ek verkeerd onthou,
help my gerus reg.
Maar dit was jy wat my ‘screen saver’
verander het. Later het jy my begin verwyt:
Waarom mag jy my wagwoord, maar ek nie
joune ken nie? Waarom neem jy altyd jou laptop
saam? Waarom moet jy ook oor naweke jou e-pos lees?
Is daar iemand anders?

Daar is nie iemand nie. Daar is iets. ’n Proses.
Dit bepaal jou lot. Dit tas jou oordeel aan.
Dit bekruip soos ’n migraine. Dit boots
die werkinge van die lyf na. Dis nes menses,
met ’n afgemete, soms driftige siklus. Dit betrap
jou. Dit transformeer. Inderdaad heuning uit die driehoeksel.
Dit skep uit die gevormde poësie weer ’n gedig. Dit eggo
Eybers se stelling: gaan weg sodat ek oor jou kan skryf.
Dit lê soos ’n tikkende tydbom tussen ons ...

Met jou is dit anders. Jy aanskou die proses onwetend.
My ongedurigheid, my behoefte aan stilte, aan orde.
Snags slapeloos langs mekaar. ’n Smeulende sigaret langs
die bed. Totdat ek opstaan teen drie voormiddag
jou kombuis betree, filterkoffie maak. Die kombuis orden,
die oorvol vullisblik uitgooi, gevriesde melk uithaal.

“’n Vers is die heuning van die muses” rol oor die skerm.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.