PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



‘Start spreading the news’

Joan Hambidge

So kom jou oordeelsdag, New York
’n dag waarop jy geweeg en te swaar bevind
is deur jou eie reputasie, jou oopgesteldheid,
jou onopgesmukte groter as lewensgroot daar-wees,
veral jou hubris: New York is die hele wêreld in een dag.

Miskien het jy ’n andersoortige oordeel verwag;
iets soos Petrus by die hemelpoorte
wat sou knik: ’Ja, ja. Jy het nooit jou geheime prys
gegee nie. Jy was ’n hawe vir digters. In jou buik
kon verskoppelinge hul een vind met jou paradoksale aard:
van hoe groter en blinker na buite,
hoe weerloser en sensitiewer na binne.
Alles was hier moontlik. En almal welkom.’

Maar dit was ’n andersoortige Armageddon.
Bykans iets soos ’n kind se playstation
waar dood net ’n oorwinning beteken. Nog ’n bonus.
     Nog ’n punt.
Oorlog ’n blote spel. Uitwissing op ’n komputerskerm
     ’n heerlike ’high’.

Hulle tref jou hart. Nie een maal nie,
maar twee keer. ’n Blootgestelde sakeman
op pad na Wall Street, in sy hart met ’n mes gesteek.
Helaas te laat vir ’n bloedoortapping, sterf hy slordig
soos ’n stink hawelose wat in sy eie uitskeiding verstik ...

En nou?
Is daar lewe na hierdie mediadood?
Is dit waar dat ’n stad soos ’n mens sy oordeel bewerk- stellig?

Dat nuus bestaan is onnodig nou.
Van heinde en verre kom die priemende blik van kamera
op kamera om elke krinkel en draai en emosie van hierdie pynlike oordeel
vas te vang, te stol, te verewig ...

’n Toevallige wandelaar sien die sakeman strui-
kel, gryp na sy hart, skakel 911. ’n Sekonde te laat.

Miskien sou jy die meeste wens
dat jy hulle wat in jou hart was, kon beskerm
teen die vlammehel, die toorn van so ’n dag.
Kon jy hul angs registreer? Daardie paartjie wat hand aan hand
uitspring? Hul cul de sac voel: tussen vuur en vuur?

Tot in ewigheid sal ons onthou.
Tot in lengte van dae:
Jy sal weer opstaan uit jou puin.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.