PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Die verhouding as vers en vers as verhouding

Joan Hambidge

Het al vergeet hoe dit is om jou te verloor
in ’n ander. Dit begin by die lyf
wat jy verlę in ’n vreemde dubbelbed
met lakens wat na jou begin ruik.
’n Sokkie onder daardie nuwe bed
maak moles met ’n agtergeblewe skoen
en jou uitgerekte trui hang in die getuiebank
van ’n liefdeskas: jy is skielik ’n “en”,
’n egpaar in liefde en beloftes verlore.

Het al vergeet hoe dit is om jou volledig
te verloor in die liefde. Die skifsels
van jou self wys op. Jou geliefde sien
mettertyd hoe sleg jy aanmekaar gehekel
is. Patrone val sleg op die oog. Gate
in die psige skif deur. Jy sukkel om jou ek
weer saamgeflans te kry. Die verlore skoen
bly soek onder die trouswerende dubbelbed.
Alles word dubbel: ek plus ek; jy plus jy.

Ook die gedig word ’n double speak.
Wat bedoel ek? Wat verstaan jy?
Het al vergeet hoe dit is om jou volledig
te verloor in ’n vers sonder om die geliefde
se gevoelens oor ons dubbelbed te eer!

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.