PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Joan Hambidge

Wonderverhale i-vi uit Vuurwiel

Wonderverhale

I

i

na Robert Pinsky

Die kind Jesus kon glo van kleins af toor
en ontsien selfs nie die Heilige Rusdag hiervoor.

Iemand loop klik by die rabbi oor die wonderkind
glo twaalf duiwe uit klei lewend kon beklink.

’n Nydige buurseun breek selfs die duiwe se waterplek
en klein Jesus vervloek hom: “ Mag jy verdor, jou gek!”

Subiet verander die kind in ’n dorre boom ...
En ’n toornige Jesus profeteer: “ Voor God se troon

staan soos ’n juweel uitgekerf, my heilige naam.”
Die rabbi en ander heiliges kan dit egter nie beaam.

Die mense luister, maar begryp niks van sy klag.
Wat weet ’n kind tog van sonde?, word daar gelag.

Daardie nag toe klein Jesus homself aan die slaap snik,
vlieg die duiwe hemelwaarts — sonder sy wete — vir ewig so beskik.

ii

Op ’n Sondagoggend knie sy sagmoedige moeder deeg.
Sy stuur haar seun om water te skep uit ’n put.

Haar duurste melkkruik word aan hom toevertrou, leeg.
Die kruik kraak toe die kind struikel oor ’n klip.

Hy skep die water — onverspild — in sy jurk op en stap
singend huis toe om vir haar van die wonderwater uit te tap.

iii

“ Jou kind is nie van hierdie aarde nie,” sê Zaccheus.
“ Hy kan vuur stilmaak en oor hom hang ’n wondergees.”

Dieselfde dag staan Zeno se ouers voor Josef se deur:
“ Jou kind het ons kind by ’n venster uitgestamp, alweer.”

Die vader treur oor sy dooie kind en Jesus verontreg
maak vir Zeno lewend met ’n diepe asemteug  ...

Lewend getuig Zeno: “ Dit was nie Jesus! My voet het gegly.”
Niemand durf iets sê toe Zeno sy wonderkrag bely.

iv

Op ’n ander dag speel hy met die buurkinders in die tuin.
“ Maak ’n voëltjie lewend; wys ons hoe jy vuur kan tem!”

Hy vryf oor die maanhare van sy mak troeteldier
toe daar vuur onverwags in halwe sirkels gier.

’n Blinde bedelaar laat hy verby die oneindige sien;
’n houtkapper met ’n oopgekloofte voet genees hy meteen.

v

Ook wanneer hy die verskille tussen Alpha en Omega vertel,
weet sy leermeester, Zaccheus, die kind is die leermeester,

hý die leerling. Die dansende letters van Alpha bemeester
hy soos lyne wat kruis. Waarskynlik wetend van die latere hel.

Hierdie kind kan blindes laat sien; die wat sien, verblind;
jare later sou hy aan ’n houtkruis die Alpha en Omega verbind.

vi

Vir soveel eeue is dié verhale verban; tot apokrief verklaar.
En die digter? Sy speur sy lewe na: elke legende, vals of waar.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.