PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Therese Fensham

het ek geweet ...

vir my neef Jan wat dié jaar in ’n hijacking dood is

witkopkind sit op my skoot
trek my hare, skater en krap in my tas
— irritasie

het ek geweet dat jy sou vries op
ses-en-twintig in ewige jonkheid?
ek het nie gedink nie, ek het nie geweet nie
ek dink nou en ek weet — genadeloos
ek hoop, maar ek word nie wakker nie
en niemand bel en sê dit was ’n fout nie

ons stap langs die meer — ingehaak
verby eende en kaalkopvrugtebome
jou sigaret soos die punt van jou vinger
ons woorde stoom verby mekaar in warm,
idilliese monotone
daar’s net mooi om ons waar die berge blou lê
het ek geweet het ek jou daar gehou
kon jy jou kop neerlê in ’n sagte veld sonder seer

hulle sê jy lyk vreedsaam in jou vreemde wêreld
al moes jy vlug voor gloeiende pyle
wie’t jou kom haal?
jou ma? my pa? ons ouma?
vertel jy die nuus van die aarde?

hier sit ons met die pyn en die tyd wat leer
en jy glim in liedjies en lekker kos
en jy klim in gister se stories en laggende staaltjies
steek ons ’n kers aan en blaas die vlam tot waar dit raak
aan jou nuwe drempel
steek ons ’n kers aan en sien die goudgerf van die lig
— die verbysterende gul lig wat jou ontvang het

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.