PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Therese Fensham

Tweede kans

Die klamheid loop oor my
En skeur en trek
En alles begin stuk vir stuk afval
’n safgewasde etiket

hier gaan my hart, my longe
brandende kamers wat uitgeblus is
maar dan sien ek, nee, dit is net
ou velle
een vir elke verdriet
wat weggesteek is onder lae en lae
bravade

diep onder sit ek, ses jaar oud,
en luister hoe ek nooit moes gewees het nie,
hoe my ma nooit by my pa moes gewees het nie,
my koggelgevreet — haar ongeluk

heelbo sit ek met driekwart van my dood gecope
maar nou begin alles vervel
en ek word gebore
’n papnat pienk voëltjie
met oë wat verbaas rondkyk
lieste wat lustig oopvou tot in
’n rooi sappige blom

op agtien moes ek als uitgooi —
die Here en die lot
net om nou weer in die hemel te staan
’n vreemde plek
die ou een was meer soos die hel

maar hier is ek nou
en ek sien wragtag engele
niks cute goedjies met harpe nie
eerder lang gloeiende wesens met
ligte ledemate en hope warmte
daar kan maar dood wees en lewe,
verlore jare en liefdemaak
hulle is altyd daar soos vaak, vae vingers
in slow motion

en daar is sang van so ’n noot dat ek
eintlik amper mooi voel met rooi wange
en my onderlyf en kop ontmoet
en groet mekaar vir die eerste keer
sonder oordeel

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.