PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Kinderspeletjies

Louis Esterhuizen

Ons speel cowboys & crooks tussen tuine
in agterstrate deur en die Young Americans
en die Bad Boys skiet mekaar sat
in die doodloopstrate van Mitchellsplein

Ons speel aaispaai en skiet klappers
ter viering van daardie vent Guy Fawkes
en karre word opgeblaas in Seepunt
en Wynberg

Ons speel wegkruipertjie in die buurt
en skoolmeisietjies verdwyn uit die parke
om later weer gekry te word: bokkies
langs die Kuilsrivier afgeslag

Ja, ons speel pop en dan kry hulle
die pasgebore baba in ’n kruideniersak
iewers met die stad se rommel
windverwaai

En ons speel van deur tot deur
met halloween-maskers en sakkies
trick or treat en loop weg met radio
en TV en microwave en juwele

En ons speel en speel en woerts-warts
is ons weer in die kot, weer agter tralies -
Sit ons langeraat-in-die-mond en kwyl
Oh, mamy blue vir hardebaard
manne. Tot een van iewers agter ons verskyn
met dié broeklose troos:

I’m your worst nightmare, mutha’ fucker
Your worst fuckin’ nightmare —

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.