PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Ou bome

Carel Coetzee

ek’t die vrede van ou bome gesoek
waar alles in groen landskappe gaan slaap
soos ’n geduldige maan in die takke
en dit was in jou oë
soos sagte ritseling van blaartoppe
in die blou
so diepblou soos alleen
maar jy was reeds gevat
jou vrede het behoort
ek moes my eie vrede vind
ek moes my populiere gaan soek
my groot akkerboomtakke soos sambrele
’n skadu oor my blik
die sekerheid dat alles reg is
as ek my hoof neerlê in ’n mik.
ek’t van gesig na gesig gereis
van hart na rede
maar jy’t ’n teenwoordigheid gebly
iewers in my kop
’n veraf vrede
’n ou mopanie
’n duisend jaar kring in jou hart
jy’t die gesig van ’n profeet
die empatie van ’n kind
hoe kan ek jou hart
ook in ’n ander vind
harte is soos bome
bome is uniek
kon ek maar
jou oë soos gedroogte blare versamel
binne die blaaie van my gedagtes plaas
as ek onrustig is jou naslaan
my lyf na die koelte
van jou arms haas;

soos ek vanoggend my outomobiellyf deur die verkeer druk
versnel in nog ’n metropooldag
het die bome tussen sement en staal skielik
die robots en vensters laat wag
ek’t my vrede gevind
vrede is nie ’n bestemming
of mylpaal helaas iewers in ’n eindpunt nie
vrede is ’n reis
en dit groei oral om en in ons
soos ou bome.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.