PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



buitestaander

Carel Coetzee

asof ek inkyk in jou lewe
        van buite
het ek na jou gestaar waar jy jou rug gekrom het
gebukkend langs die water
soos deur ’n venster asof jy die lig aangelos het
daar binne
jy’t lank bly sit en teruggestaar
en vir ’n oomblik
net daardie oomblik weer was jy
hier ’n stilte binne my
asof jy nooit weg was
die fondamente onder my hartwande het weer geskud
asof ’n meteoor uit die lug getuimel het
daarop
ek wou weer die hemel agter die aarde voel
        sprei
nie noodwendig deur jou nie
maar dit was weerlig
ons kon dit nie help of keer
elektrisiteit tussen twee mense
soos ’n saad wat iewers in die grond gelê en wag het
vir die regte oomblik
om te verskiet bo die wand
so kom plaasneem het jy weer
in my oë
net om my weer te herinner
wat dit was wat ek in jou gesien het
daardie eerste keer
asof ek inkyk in jou lewe
        van buite
soos deur ’n venster asof jy die lig aangelos het
daar binne
hoe helder is jou vertrekke nie
deur my oë

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.