PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Amandels

Carel Coetzee

Waaraan dink die swart skoolskoene
van die oë van die kind
as hulle hul pad tussen riet en Soweto huis toe vind,
altyd droom, altyd hoop,
die kind wat verkrag is?
Deur die wind geroer aan die onskuldigheid,
deurmekaar gesny en ontbloot, as
die middag gil soos die hadidas
se falliese snawels tussen riet en geweld?
Oë wat rondgedraf het soos ’n brak
op soek na ’n brood by die kafee vir ’n Sondag
(toe alles stil was),
oë wat droom van groot Duitse motors en klein silwer munte
(wat jou neem waar alles groot is),
oë wat verlang na sagte beddens en deure hard,
oë wat skryf op papier met regte penne en woorde,
oë wat bot
in alles wat eenvoudig en mooi is:
soos die amandelboom
oor die dak van die kind se kaia
wat sy “huis” noem?
Waaraan dink die kind wat allenig loop
met die riete in haar hare en die duiwel in haar buik,
soos ’n bliksemstraal die lewe verlig
in die bloeisel van haar kyk?
Afrikakinders ken soveel meer aanrakings
as die wit bloeisels
van amandels.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.