PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



vertrek

Hanna Bruwer

in die oggendson
draal stofdeeltjies stil
in die gestroopte vertrek
huiwer nog ’n sweempie talk

die bed is vars oorgetrek:
oor die dun matras,
hol van lyf na lyf se lê,
span ’n uitgewaste deken;
oor die loopraam in die hoek,
netjies gevou, vergete,
’n halfklaar lappieskombers

die hangkas se deure gaap
die laaie, die spieëlkas is leeg
haar klere gekoffer, soos sy
in swart sakke by die deur
wag dekades se hougoed
sonder seremonie,
in ’n ommesientjie uitgedop:
snuisterye, kant-, hekellappies,
’n stringetjie krale,
’n skoendoos met foto’s,
’n klompie portrette ...
hoede geboks

die gordyne is weggebind
deur die oop venster snerp ’n koue luggie;
straataf begin ’n kerkklok hortend lui,
’n vloerplank kraak

in die gang skreef deure
skuifel skoene skor,
stemme praat gedemp
simpatiseer gelate

op die hopie by die deur
tel ’n wekker gesmoord sekondes af,
’n tak tik troostend teen die ruit
blare dryf grond toe -
buite is die bome byna kaal

oor die vermolmende blare
tussen beenwitstamme deur
stap die oues geboë
nog ’n buurvrou te gaan groet

op Huis Herfsblaar se stoep
klop die man van tweedehandswinkel
ongeduldig aan dooiemansdeur

teen die muur ’n kennisgewing:
KAMER TE HUUR


LitNet: 17 Maart 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.