PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Chris Basson

Gaan voort


my seun is dood sê sy en klank die plat woord uitgeskeur
te aanvaar wat werklik is dis swaar roep haar stilte
tot jou oor die koperdraad
die graf word opgemaak asof ’n troos iets om te doen
die kind uit haar holtes weggegryp en wie se skuld is dit

vir wat dra ons swart want hy leef het iemand gesê
sing by die graf en kyk hoe sy huil en fluisterstem
arme vrou en drink tee by kerksaalkoek
gaan sy alleen na sy kamer en pak sy goed weg
sit op sy bed en roep help my Here my kind

knipsels koerantpapier met doodsberigte vul die plek
wat leeg is want sy naam is daar gedruk en ’n grafsteen
onder die oosvrystaatson staan windverlate
laaste monument dat hy hier was vorm foto’s teen die muur
plooie om haar mond en grysheid teen haar slape

bel weer na ’n maand en vra hoe dit gaan
stem steeds skor en moeg getreur gedaan
bly asemhaal sit blomme op die graf dit gaan goed
en swaar en soek berusting in die rose voor die stoep
wat blom ongeag gaan die lewensritmes voort

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.