PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Chris Basson

Pasiënt


Die verf is af op die katelstyl
en steek deur die wit soos vuil
koors hang soos ’n nat gordyn
oor die pyn
sy vel is deurskynend en koud
en sy oë lê moeg in die bleek en die kwyn
van sy kragte se laaste teug
gryp die blouaar hande die witter lakenrante vas
en die pols verdwyn

Die wit van die kamer is dood
bottels medisyne staan soos monumente
van glas van sy uur van nood
in hierdie bed in die ring deur die bedgordyn
van die wêreld daarbuite afgekring
’n stilwind ruk die vensterraam
soos ’n skoot in die stilte
en ek wonder of dit ’n glimlag is
wat vorm om die hoeke van sy mond

Rustig en stil is die blink van die vloer
om die bedkas se hoek waar ek sit
sien ek die sterk man wat was uit die weerkaatsing
van die ruit en staar na die vraag in die vlekvrye staal
waar is hy nou heen wat maak hy nou
hang sy gees hier by my in die saal

Die stil gelaat sê niks en ons groet
solank die nietige vlees die bekende vertoon
is hy hier wonder ek met ’n traan
soos my oog gaan rus teen die wit plafon
waar is die heerlike lag en die sprankeloog wat was
leef ’n mens hierna net in die oog van ’n ander

In die stadsgeraas daarbuite klop die lewe voort
huil ’n sirene as ek uitstap op die stoep
die suster het sy oë toegemaak en hy lê stil
onder die wit laken en nou groet ek die helder son
die dreunende stad en die woel van die lewe
vir oulaas vir hom

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.