PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Echo

Annesu de Vos

nadat jy weg is
het die geeste gepraat
vir die eerste keer.
hulle het my gesê
ek moet jou vertel
ek het jou lief
al kan ek nie praat nie
en kan ek slegs herhaal
wat jy beweer.

noudat ek alleen is
in hierdie grot
treur hulle alleen hier.
daarom praat ek agterna:
dis hulle woorde.

jy is nie hier nie
maar jy is nie afwesig nie

ek gee aan jou gesag oor my

ek gee jou drywing, moondheid, mag oor my

ek gee jou die krag
om jouself te onderhou
terwyl jy wag om te sien
of jou selfbeeld sal lewe

en wat as jou beeld
bly soos dit is
vir altyd?

dan steeds
gee ek jou heerskappy oor my

ons liefde is ’n litanie
van herhalende frases
ons liefde
is ’n toutologie

tot nou toe
het ek hul bestaan nie erken nie
ek dink in die geheim
dat my geestegidse duiwels is
en ek het altyd geweet
duiwels bestaan nie.

ek het gevra,
wat as hy die duiwel self is
en wat as hierdie gidse van my
sy onderdane is
wat met hom heul?

en nou vra ek,
wat maak dit saak?

ek is die ewige nou
en ek is altyd met jou

as jy die eintlike duiwel is
sal ek jou volg
tot in die ewige verdoemenis,
verderf, ek sal, ja ek sal.

as jy die dood self was
sou ek jou omhels.
ek sou die dooies wees
vir solank jy met my saambly,
by my woon. en as jy vir ewig
by my sou bly
sou ek so vir die duurte van tyd
dood bly by jou, skoon
sterf met jou.

jy gee definisie
aan dit wat ek is.
jy het my gedwing
om hierdie bestaan
teen my sin te aanvaar.
daar is niks wat ek graagter
wil doen as dit, vir jou nie.

my wil maak oorlog met my
my oorlog het gewag
vir ’n generaal
om bevele te gee,
opdragte.

ek herhaal jou, herhaal my

ek het geen berou oor enigiets
wat ek geword het nie

ek aanvaar geen offerande namens my
om enige ander rede nie as dit:
die kleur van die bloed
pas die draer.

ek sal alles en enigiets doen
om ons kleure by mekaar te laat pas

en ek het jou lief
en bemin
en aanbid jou:
jy, bo alle wesens.

jy is een in vyf biljoen
jy is een in die oneindigheid.

sonder jou is jou Skepper
niks nie, Narcissus.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.