OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Planne vir ’n Laevlakdag — Krimpverse

Som ’n voorgeskrewe boek op — in rymvorm!

Wanneer ’n klas klaar is met ’n voorgeskrewe werk, kan hulle uitgedaag word om die verhaal op te som in rymvorm. Dit kan ’n groepwerkaktiwiteit wees, of kreatiewe individue kan dit aanpak. Die eindresultaat hoef ook nie ernstig te wees of respek teenoor werk of skrywer te betoon nie!

Die idee kom van ’n boekie deur Maurice Sagoff, Shrinklits. Hierin maak hy sulke opsommings van hoogaangeskrewe werke uit die wêreldletterkunde, vanaf Alice in Wonderland tot by King Lear, met Dante se Inferno, Jane Eyre, Moby Dick, Shakespeare se 150 sonnette en Misdaad en straf van Dostojefski tussen-in. Altesaam 70 “vet boeke” loop deur, en word afgeskaal tot die “dun boekie” daarbinne wat graag wil uitkom. Groot pret: indien die skoolbiblioteek dit nie het nie, probeer dit in die hande kry. Dit behoort by onderwysers net so gewild te wees as onder ywerige leerder-lesers!

Hoewel ek nou nie van Sagoff se rympies mag publiseer nie, het ek al self ’n paar sulke “krimpversies” in Afrikaans gemaak wat ek as voorbeelde kan insluit.

Karel Schoeman se (een) Hertzog-pryswenner, ’n Ander land, beslaan ongeveer 300 bladsye van die pragtigste prosa. Maar as ’n mens nie tyd het daarvoor nie, is vier reëls seker vinnig genoeg:

    Die heer Versluis uit Nederland
    Se tering pla hom kwaai.
    In Bloemfontein genees hy nie.
    Wie sou dit kon raai?

Eugène Marais se beroemde gedig “Mabalel” (weggelaat uit die jongste Groot Verseboek 2000 van André P Brink) kan ook in vier reëls vasgevang word — baie makliker om te onthou:

    Met klingels gaan sy water haal
    Daar onder by die dam.
    ’n Krok het haar goed beetgekry.
    Toe raak sy … aangeklam.

Nog ’n Herzog-pryswenner, Komas uit ’n bamboesstok van DJ Opperman, kan ook superkort word:

    In Natal het
    Hy groot geword,
    Van seks geleer,
    Ineengestort

    Weens drank en dinge
    Wat hom kwel
    (vir hom’s die see
    ’n diepe hel).

    Maar hy het wéér
    Daar uitgeklim,
    Wéér als geleer,
    Toe’s hy wéér
    slim.

    En vir dit als
    Vier pryse gewen!
    “Deo gratias.
    Amen. Amen.”

Stuur gerus oulike krimpversies vir die leerders se woelwerf op OnderwysNet aan coenraadwalters@hotmail.com.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.