NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie REDAKSIONEEL

Liewe Leser,

Welkom by die eerste nommer van NeerlandiNet! In die lig van die huidige en die historiese verhoudinge tussen Suid-Afrika, Nederland en Vlaandere en die taalverwantskap tussen Afrikaans en Nederlands is die aanbou van hierdie kamer aan die LitNet-huis ’n logiese uitbreiding.

Hierdie “tydskrif” wil in die eerste plek ’n mondstuk bied vir die Neerlandistiek en vir Neerlandici, sonder om enigsins reeds bestaande Neerlandistiektydskrifte en -blaaie te probeer vervang. Die Suider-Afrikaanse Neerlandistiek dien weliswaar as uitgangspunt, maar die ideaal is om Neerlandici in sowel die Lae Lande as elders waar die Neerlandistiek beoefen word - en veral dan in lande wat soos Suid-Afrika ’n koloniale verlede met Nederland deel — by NeerlandiNet te betrek. Aktualiteit en internasionalisering dien in hierdie verband as sleutelwoorde. Die rubrieke met nuus oor kongresse en verenigings wil relevante inligting onder Neerlandici en ander belangstellendes se aandag bring. Hierdie webtydskrif wil ook so gou moontlik ’n rubriek instel waarin Neerlandistiek-departemente aan die woord gestel sal word, en ’n rubriek wat ruimte sal bied vir die plaas van akademiese artikels.

Nederland en Vlaandere het nie ’n hoë profiel in die Suid-Afrikaanse pers nie, en (veral) oor die afgelope dekade of twee, drie is die eens prominente kulturele invloed vanuit die Lae Lande toenemend deur die Amerikaanse invloed oorspoel. NeerlandiNet wil gevolglik ook nuus oor en uit die Lae Lande verskaf. Omdat dit natuurlik maar op beperkte skaal kan geskied, word inligting in hierdie nommer verstrek oor adresse van webtuistes waar nuus uit hierdie twee lande die hooffokus is.

Die blad sal ’n sterk kulturele inslag hê en wil graag ruimte bied vir skeppende werk, nuus oor en besprekings van publikasies, rolprente, teater en musiek.

Die sukses van NeerlandiNet hang van u medewerking en ondersteuning af. Maak dit asseblief u tydskrif deur menings en bydraes vir plasing (verkieslik in Afrikaans of Nederlands) aan die redakteur te stuur by een van die volgende adresse: rmarais@postino.up.ac.za of hlomisa@mweb.co.za.

Renée Marais

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.