NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Die Nederlandse literêre kanon onder die soeklig

Herman Wasserman

’n Ondersoek is tans aan die gang om uit te vind hoe Nederlandse letterkundiges dink oor die Nederlandse literêre kanon.

’n Vraelys is verlede maand uitgestuur aan die lede van een van die “belangrikste en gesaghebbendste” literêre organisasies in die Nederlandse taalgebied, die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde, om hul opvattinge oor die kanon te toets.

Die vraelys wil onder meer weet hoeveel Nederlandse literêre werke voorgeskryf behoort te word, uit hoeveel werke die Nederlandse kanon bestaan, watter tydperk in die onderrig die meeste aandag behoort te kry, watter tien tekste beslis as “Nederlandse klassieke” beskou moet word en hoe die Nederlandse literatuur bevorder kan word. Respondente word ook gevra wat die belangrikste werk en outeur in die Nederlandse literatuur is.

Die bevindinge word binnekort bekend gemaak op die webtuiste van die Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren, ww.dbnl.org. Op dié webtuiste sal uiteindelik van die belangrikste romans, toneelstukke en gedigte uit die Nederlandse literatuurskat te lees wees, sowel as aanvullende informasie soos biografieë, naslaanwerke, populêre en wetenskaplike artikels, bibliografieë en so meer. Verskeie klassieke tekste is reeds hier te lees, soos Elkerlijc, Karel ende Elegast, Mariken van Nieumeghen en Van den vos Reynaerde.

Volgens ’n brosjure van die DBNL sal “alle uithoeke” van die Nederlandse literatuur aan bod kom, wat insluit spraakkunste, dialekte, debatte oor spelling, verstegnieke, verhale uit die buiteland en kinder- en jeugliteratuur. Daar word ook gewerk aan ’n atlas waarin daar per dorp of stad inligting oor skrywers, organisasies, literêre werke en plaaslike taalvariante gegee word.

Die brosjure beloof ook dat die DBNL aktief sal streef na samewerking met instellings en individuele navorsers in die Neerlandistiek as geheel.

Meer inligting by www.dbnl.org of per e-pos by post@dbnl.org.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.