NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN)

Wat is die SAVN?

Nadat die voorneme om ’n Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek op die been te bring in 1991 posgevat het, is daar op 5 Augustus 1993 formeel oorgegaan tot die stigting van die SAVN. Die doelstelling van die vereniging is vierledig:

  1. Die bevordering van die studie van die Nederlandse taal en letterkunde, ook in sy verhouding met die Afrikaanse letterkunde;
  2. Die daadwerklike bewerkstelliging van kontak en samewerking met persone by akademiese instellings in Suider-Afrika wat die studie van Nederlands in sy wydste betekenis wil bevorder;
  3. Die bevordering van kontakte en die uitwisseling van dosente en studente met afdelings Nederlands by universiteite in Nederland, Vlaandere, Suriname, die Nederlandse Antille en Indonesië, asook met ander universiteite met afdelings Nederlands wêreldwyd;
  4. Die bevordering van noue kontak met die Nederlandse Taalunie, die Internationale Vereniging voor Neerlandistiek, en verwante instellings.

Wat is die verhouding tussen die SAVN en die NTU?

Die Nederlandse Taalunie (NTU) is die liggaam (gesetel in Den Haag) wat verantwoordelik is vir die formulering en toepassing van die taalbeleid in Nederland en Vlaandere, en vir die bevordering van die Neerlandistiek in sowel Nederland en Vlaandere as in die res van die wêreld. Die NTU staan tans onder voorsitterskap van mnr. Koen Jaspaert, terwyl mnr. Marc Le Clercq spesifiek verantwoordelik is vir skakeling met Suid-Afrika. Die SAVN en NTU werk sedert die totstandkoming van die SAVN ten nouste saam. Die NTU steun die SAVN finansieel en die SAVN doen aan die NTU verslag van sy aktiwiteite ter bevordering van die Neerlandistiek in Suider-Afrika en van sy finansiële besteding (wat onafhanklik geouditeer word).

Wat doen die SAVN?

Die SAVN bevorder die Neerlandistiek in Suider-Afrika op verskillende maniere. Dit sluit in:

  1. Die toeken van beurse aan studente om Nederlands op derdejaars- en nagraadse vlak te bestudeer in Suid-Afrika en in Nederland en/of Vlaandere;
  2. Taalvaardigheidsopleiding, gepaardgaande met kultuurverwerwing, aan Neerlandistiekstudente aan alle Suid-Afrikaanse universiteite deur middel van ’n jaarlikse winter- of lenteskool waarby buitelandse dosente optree en wat om die beurt deur die Universiteit Rhodes en die PU vir CHO aangebied word;
  3. Byskoling van dosente wat Neerlandistiek onderrig deur middel van ’n jaarlikse werkswinkel wat sowel in Stellenbosch as in Potchefstroom aangebied word;
  4. Die bied van finansiële steun vir die onderrig van Neerlandistiek aan Suid-Afrikaanse universiteite landswyd deur middel van die finansiering van gasdosentskappe;
  5. Die organiseer van ’n jaarlikse skrywersreis waarby Nederlandse en Vlaamse skrywers optree;
  6. Die aanbied van ’n driejaarlikse internasionale kongres vir Neerlandistiek. Die 2001-kongres is deur die Universiteit van Pretoria aangebied, en die 2004-kongres sal deur die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys aangebied word;
  7. Samewerking met die Noordelike Kennisnetwerk vir Neerlandistiek en die Kaapse Forum, wat veral gerig is op die bevordering en finansiering van universitêre navorsingsprojekte en buitelandse gasdosentskappe, asook die bied van finansiële steun vir taalvaardigheidsopleiding in Nederlands deur Suid-Afrikaanse Neerlandici.

Wie dien in die bestuur van die SAVN?

Die SAVN-bestuur word driejaarliks by die internasionale Neerlandistiekkongres deur die opbetaalde lede van die SAVN verkies. Die bestuur wat in Julie 2001 verkies is vir die volgende termyn van bestaan uit:

  1. Voorsitter: Prof Jacques van der Elst, PU vir CHO
    E-posadres: intjvde@puknet.puk.ac.za
  2. Ondervoorsitter: Dr Dorothea van Zyl, Universiteit van Stellenbosch
    E-posadres: dpvz@akad.sun.ac.za
  3. Sekretaresse: Mev Renée Marais, Universiteit van Pretoria
    E-posadres: rmarais@postino.up.ac.za
  4. Penningmeester: Mev Heidi de Villiers, Universiteit van Natal (Pietermaritzburg)
    E-posadres: devilliersh@nu.ac.za
  5. Addisionele lid: Dr Heinrich Grebe, Universiteit van Pretoria
    E-posadres: hgrebe@postino.up.ac.za
  6. Ex officio-lid: Dr Siegfried Huigen, Universiteit van Stellenbosch (Redakteur: TN&A)
    E-posadres: sh@akad.sun.ac.za

Wie mag lid word van die SAVN?

Lidmaatskap van die SAVN is oop vir alle belangstellende Neerlandici en Neerlandistiekstudente in die binneland en in die buiteland, asook vir die belangstellende publiek.

Ledegeld word deur die SAVN-bestuur bepaal en bedra tans R75 per jaar vir Suid-Afrikaanse Neerlandici. Bona fide voltydse studente (in Suid-Afrika) se ledegeld bedra R40 per jaar. Buitelandse lede se ledegeld bedra R145 per jaar. Hierdie ledegeld sluit die ontvangs van twee SAVN-nuusbriewe en twee nommers van die Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans (TN&A) per jaar in.

Indien u lid wil word van die SAVN word u vriendelik versoek om die inskrywingsvorm in te vul en saam met ’n tjek vir die korrekte bedrag, uitgemaak aan Die SAVN, aan die penningmeester te pos per adres:
Mev. Heidi de Villiers
Dissipline Afrikaans en Nederlands
“School of Language Culture and Communication”
Universiteit van Natal
Privaatsak X01
Scottsville
3209 Pietermaritzburg


AANSOEK OM LIDMAATSKAP VAN DIE SAVN

Van (Achternaam):
.......................................................

Voorname of voorletters:
.......................................................

Titel:
.......................................................

Geslag: Manlik / Vroulik

Beroep:
.......................................................

Instansie waaraan verbonde:
.......................................................

Posadres:
.......................................................
.......................................................
.......................................................

Telefoonnommer(s):
.......................................................

Faksnommer:
.......................................................

E-posadres:
.......................................................

.... Ek is ’n nuwe lid
.... Ek hernu my lidmaatskap

Ek sluit ’n tjek in ter waarde van:
.... R75 (Suid-Afrikaanse lid)
.... R40 (voltydse Suid-Afrikaanse student: heg registrasiebewys aan)
.... R145 (buitelandse lid)

Pos hierdie inskrywingsvorm en u tjek (uitgemaak aan Die SAVN) asseblief aan die SAVN- penningmeester:
Mev. Heidi de Villiers
Dissipline Afrikaans en Nederlands
“School of Language Culture and Communication”
Universiteit van Natal
Privaatsak X01
Scottsville
3209 Pietermaritzburg

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.