NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Nuus uit die Nederlande

Herman Wasserman

  • Die Nederlandse skrywer, skilder en sanger Herman Brood (54) is op 16 Junie veras nadat hy selfmoord gepleeg het deur van die dak van die Hilton-hotel in Amsterdam af te spring. Volgens berigte het hy sy lewe beëindig omdat sy liggaam kapot was weens sy jarelange dwelmgebruik en hy heelwat pyn gehad het. Sy selfmoordnota het gelui hy het “moeg geraak vir dit alles” en het sy aanhangers aangemoedig om partytjie te gaan hou. “Miskien sien ek julle weer,” het Brood gegroet. Die popsanger Bono het onlangs by ’n U2-konsert in Keulen hulde gebring aan Brood, berig die NRC Handelsblad.

  • Die Vrije Universiteit in Amsterdam het aan Maarten Doorman die besondere leerstoel in literêre kritiek aangebied, berig die webwerf Schrijversnet. Doorman, wat opleiding in filosofie ontvang het, het as resensent gewerk by die tydskrif Vrij Nederland en die dagblaaie De Volkskrant en NRC Handelsblad. Hy is ook bekend as digter. Sy inleidingstoespraak, “De vrede graast zonder genade”, is deur die Arbeiderspers gepubliseer.

  • Die digter Gerard Reve is aangewys as wenner van die prestigeryke Prijs der Nederlandse letteren. Die webtuiste Schrijversnet berig dat dié Nederlands-Vlaamse prys ’n bedrag van 35 000 gulden (sowat R105 000) bedra. Reve word vanjaar 78 jaar oud.

  • En steeds by literêre pryse: die Antilliaanse skrywer Frank Martinus Arion het die Cola Debrot-prys gewen vir sy roman De laatste vrijheid wat by De Bezige Bij verskyn het, aldus die webblad Boekboek.nl. Die Cola Debrot-prys word al om die ses jaar uitgereik deur die owerheid van Curaçao.

  • Ester Jansma het die Hugues C Pernath-prys gewen met haar digbundel Dakruiters. Dié Belgiese prys word toegeken aan digters jonger as 43 jaar.

  • Het Amsterdams Fonds voor de Kunsten het die literêre werk van Cyrille Offermans , Rob Schouten en Jeroen Brouwers bekroon, berig Boekboek.nl verder. Offermans kry die Busken Huetprijs vir sy essaybundel De ontdekking van de wereld. Rob Schouten kry die Herman Gorterprijs vir sy digbundel Infauste dienstprognose en Jeroen Brouwers die Multatuliprijs vir sy roman Geheime kamers.

  • Die Libris Literatuurprijs , met die groot prysgeld van 100 000 gulden (sowat R300 000), is gewen deur Tomas Lieske vir sy roman Franklin.

  • En ’n nuwe literêre prys is uitgeloof deur die Louis Paul Boon Genootschap: De Isengrimus. Dié tweejaarlikse prys word toegeken aan iemand wat die skrywer en kunstenaar Louis Paul Boon se nagedagtenis lewend hou.

  • Die gemiddelde Nederlandse skrywer is ’n man van 49 jaar oud. Hy debuteer kort na sy 32ste lewensjaar en verdien jaarliks ongeveer 30 000 gulden (sowat R90 000) met sy skryfwerk. Die totale inkomste van die Nederlandse skrywer is gemiddeld 75 000 gulden per jaar. Twintig persent van skrywers verdien meer as 100 000 gulden per jaar. So berig die NRC Handelsblad na aanleiding van ’n vraelys wat deur die weekblad Vrij Nederland aan skrywers gestuur is. Nege en negentig skrywers het gereageer op die 65 vrae wat aan hulle gestel is.

    terug    /     boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.