Uit NALN se Sarkofaag - literêre museumstukkeArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die taalstryder se Desk, en die horlosie teen die muur

Sanette Vermeulen

    “En daar hang die klok weer by Die Desk. En ’n mens wonder hoeveel jare hulle nog so saam hulde sal bring aan die nagedagtenis van een van ons volk se verdienstelike seuns, ds. Willem Postma.”

Sů eindig Minnie Postma, skrywer van die Meintjie-romans uit die vroeŽ 1950’s, haar vertelling oor die twee erfstukke. NŠ vele omswerwinge saam met haar en haar gesin, pryk dr. O’Kulis se lessenaar en muurhorlosie nou in die Willem Postma uitstalling in die NALN.

Minnie, ’n nooi Wille, is in 1933 getroud met haar studentevriend Philippus, die vyfde van Willem Postma se tien kinders. Toe die jong paartjie die eerste keer in Bethulie gaan huis opsit, was die lessenaar ’n belangrike item in hul karige meublement — Philippus het dit saam met die muurhorlosie uit sy ouerhuis geŽrf. Sy pa is reeds in 1920 oorlede, maar het aan al sy seuns die liefde vir houtwerk oorgedra, sodat Philippus ook ’n houtwerkonderwyser geword het. Baie jare later het sy leerlinge in die nywerheidskool buite Dewetsdorp die verwaarloosde desk onder hande geneem en opgeknap: die laaie en afskortinkies heelgemaak en die dik lae vernis verwyder.

Maar Philippus is telkens verplaas na ’n volgende skool, en die desk sou nog ’n paar draaie maak voordat dit in Minnie se slaapkamer in haar laaste huisie op Heidelberg tot rus gekom het: Kaap toe, terugverplaas saam met sy baas na Heidelberg, toe met weduwee Minnie na die aftreehuis in Oos-Londen. Dit was die huis by die see, by Rooi Rose lesers bekend as Die Pienk Huis, by dieselfde strand waar sy en haar man jare gelede, in die Depressiejare, hul wittebrood deurgebring het. Philippus Postma het dit gekoop as aftreehuis, maar hy is op 57 oorlede voordat hy dit kon betrek. Minnie moes alleen daar gaan woon nadat sy die laaste van hul ses kinders deur matriek geloods het. Sy was egter steeds broodwinner en sou nog ’n paar jaar lank onderwys gee.

In 1969 tree Minnie eindelik af en verkoop haar droomhuis in Oos-Londen. Sy trek terug Transvaal toe, terug na Heidelberg, want “Al wat oorgebly het was ek en Die Desk”.

Dit was hier waar prof. P.J. Nienaber en dr. Bertus van Rooy Die Desk een mŰre vroeg gaan haal het Bloemfontein toe — aldus Minnie. VroeŽr het sy al haar boeke daarop geskryf, in die later jare net briewe om kontak te hou met haar familie en die buitewÍreld. Hulle het vir haar ’n ander skryftafeltjie in sy plek opgestel. “Maar dit was soos ’n sterfgeval.”

In die baie huise wat Philippus en Minnie Postma se gesin bewoon het, moes die skryftafel wat eens aan dr. O’kulis behoort het, ook ander rolle vertolk, volgens die nood van die oomblik. Soms het dit in die gang gestaan, maar toe die jong gesin tydens die Eerste WÍreldoorlog in ’n piepklein huurhuisie moes woon, is die laaie sommer maklik opmekaar gestapel om ruimte te bespaar, en word die Desk sodoende tegelykertyd spens en eettafel! In ’n ander huis was dit Minnie se naaimasjientafel, of Philippus se werkbank. Geen wonder sy het so swaar daarvan afskeid geneem nie! Hierdie gedagtes gaan vandag deur die museumbesoeker se kop as hy oor die gladde hout van die pragtige klein lessenaar streel ...

    “In elkeen van die meer as 20 huise waarin Die Desk gestaan het, het die ou huisklok teen die slaapkamermuur gehang,” vertel Minnie. “Die eerste meubelstukke wat hul plek in ’n nuwe woonplek moes kry, was die dubbelbed met die stinkhout-bababedjie wat my man ook gemaak het, aan Ma se kant. En daarna die huisklok, op so ’n plek waar die ma maklik op sy wysterplaat met die groot Romynse (sic) syfers kon sien hoe laat is dit as die kleinding sy of haar stemmetjie laat hoor.”

Oor die horlosie skryf Minnie Postma nie veel meer nie. Sy meld verder net, in ’n naskrif tot die breedvoerige storie van Die Desk wat sy op versoek van prof. Nienaber gedokumenteer het, dat hy nooit ’n glas opgehad het nie en ’n skyf was vir vlieŽ, dat hy altyd goed tyd gehou het, maar nooit op slag was nie. “My man het gesÍ hy was nes ’n bekonkelde oumens.” Haar skoonsusters, Sophie en Laurika Postma (lg. was die bekende beeldhoueres) het dit later laat opknap en die glas laat vervang.

Rondom die horlosie hang egter nog ’n ander verhaal, ewe waar en miskien nog meer raar! Daarvoor sal ons lesers moet wag tot ’n volgende keer!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.