So, winter wear table, often will choose some replica watches sale slim a little table, so thin is slim? We don't need to pursue the thinnest. The thickness of the fake rolex uk wrist watch can only be as long as no more than 10 millimeters. Maybe someone will say 7 millimeters. But the rolex uk thickness of the watch is less than 7 mm, the price is not so well accepted, and it is often not very practical, except for replica watches uk quartz watches.
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Een virrie pad

Fanie Viljoen

Kom, lig nou jou glas, laat ons drink op die aand.
Met vriende soos dié kan jy ver kom vanaand.

Gys is die een met money to spend,
kies moet jy kies, tussen drankgeld of rent
Johnny se vrou’t hom vandag toe gelos,
vir ’n man met ’n job en ’n kombuiskas vol kos.

Maar blink geskink is die lewe oukei.
Die lewe’s ’n lied, maar die lied gaan verby.

Een virrie pad, my maat,
virrie lang dag wat voorlę.
Virrie pad, my maat, vir die dae verby.
Virrie ’lleengeit en die saamgeit,
virrie huilgeit en die blygeit,
my maat, nog een virrie pad.

Jakes sweer die duiwel’t hom in die toilet gecorner
om sy vrou by die huis met die kaal vuis te donner.
Vonk Botha sluk pille vir die highste high,
trip sagkens op e en stop duskant fyndraai.

En blink geskink is die lewe oukei.
Die lewe’s ’n lied, maar die lied gaan verby.

Een virrie pad, my maat,
virrie lang dag wat voorlę.
Virrie pad, my maat, vir die dae verby.
Virrie ’lleengeit en die saamgeit,
virrie huilgeit en die blygeit,
my maat, nog een virrie pad.

Martin’s die ou wat nie kan verstaan
waarom Essie, die lessie, nie wil val vir sy charm.
Vat haar vas, sę die manne, sodat sy kan weet
hoe dit voel om tussen die bene van ’n boerseun te sweet.

En blink geskink is die lewe oukei.
Die lewe’s ’n lied, maar die lied gaan verby.

Een virrie pad, my maat,
virrie lang dag wat voorlę.
Virrie pad, my maat, vir die dae verby.
Virrie ’lleengeit en die saamgeit,
virrie huilgeit en die blygeit,
my maat, nog een virrie pad.

Digters, dromers en drenkelinge weet seker
dat die nektar wat lę in Bacchus se beker,
nie die pyn in jou lyf sal wegvat nie.
Nie die leegheid in jou hart sal voltap nie.
Nooit kan keer teen die lewe se seer,
of die stukkende plekke sal reglap nie.

Maar steeds lig ons die glas en ons drink op die aand,
want met vriende soos dié kan jy ver kom vanaand.

Een virrie pad, my maat,
virrie lang dag wat voorlę.
Virrie pad, my maat, vir die dae verby.
Virrie ’lleengeit en die saamgeit,
virrie drome en die dronkgeit,
my maat, nog een virrie pad.



LitNet: 1 April 2004

boontoe / to the top
terug na indeks / back to index


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.