Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Onderhoud met Vincent Oliphant

Jason Lloyd

“Reeds in sy debuutbundel van 1981, Bloed Vloei in Stilte, het Vincent Oliphant laat blyk dat hy aangetrokke voel tot die delikate mens-tot-mens-gesprek, met al die versperrings wat dit kenmerk en wat dialoŽ van daardie aard kompliseer. Dit kom neer op iets soos ’n sagte membraan tussen mense wat hulle tegelyk verbind en tog ook van mekaar skei.”

Dit is met diť woorde dat die digter, Lucas Malan, Oliphant se tweede digbundel, Die Sagte Vlees (1998), geresenseer het.

Oliphant was reeds in ’n versoenende Madiba-luim toe ek hom by sy huis in die noordelike gebiede van die Baai gaan besoek het. Hy erken sommer prontuit dat die nuwe politieke orde in die land hom weer aangemoedig het om te skryf.

Hierdie vriendelike en nederige digter en wiskunde-kenner se CV lees (of moet dit miskien wees “eet”) soos soetkoek.

Oliphant is in 1954 op Alicedale naby Grahamstad gebore. Hy is later na die Universiteit van Wes-Kaapland, waar hy ’n BSc-graad met Wiskunde en Fisika as hoofvakke, asook ’n SekondÍre Onderwysdiploma voltooi het.

Hy het destyds by die kampusskryfkring onder leiding van Andries Oliphant (nou aan Unisa verbonde en medewerker van LitNet), betrokke geraak. Later het hy sy BEd-graad en MEd-graad in Wiskunde-onderrig aan Rhodes-Universiteit voltooi.

Sy eerste bundel, Bloed Vloei in Stilte (1981), is deur Tafelberg Uitgewers gepubliseer. Na ’n lang stilte het sy tweede bundel, Die Sagte Vlees (1998), ook by Tafelberg verskyn.

In 1995 het hy die tweede prys behaal in ’n poŽsie-kompetisie wat deur die Belgiese kultuurorganisasie Concept aangebied is. Die tema van die kompetisie was “Vrede, Vriendskap en Verdraagsaamheid”.

Hy was adjunkrektor van die destydse Dower Onderwyskollege in die Vriendelike Stad. Pas is hy aangestel as vakadviseur vir Wiskunde in die Westelike Streek van die Oos-Kaapse Onderwysdepartement.

JL: Jy is die afgelope tyd baie stil. Skryf jy nog en wanneer kan ons iets uit jou pen verwag?

VO: Ek skryf nog. Tot nou toe het dit so gegaan dat ek oor ’n lang tydperk skryf. Ek skryf gedigte op die oomblik, maar het ook begin kyk na ander genres, soos kortverhale en novelles.

JL: Jy is tans besig met ’n novelle. Vertel meer.

VO: Die voorlopige naam van die novelle is Tjing. In die spreektaal in ons omgewing beteken dit “geld”. Ek wou die novelle aanvanklik geskryf het as ’n musical. Ek het eers besluit om dit in ’n prosavorm te skryf, net as ’n soort opsomming. Dit het toe sy eie vorm aangeneem. Dit lyk of ek dit nou gaan voltooi as ’n volwaardige novelle.

Die storie gaan oor ’n stryd om oorlewing. Die hoofkarakter verloor sy werk. Daar word gefokus op hoe sy werkloosheid die lewe van hom en sy gesin affekteer. Dit is ’n geval wat dikwels in ons gemeenskap gebeur.

JL: Hoekom het vyftien veelbewoŽ jare verloop voordat jy jou tweede bundel gepubliseer het?

VO: My eerste bundel was geskryf in ’n tydperk waarin ek gekonsentreer het op persoonlike gedigte. So, ek het persoonlik ’n behoefte gehad om die gedigte te skryf.

Met die eerste demokratiese verkiesing in 1994 het dit my in so mate getref, dat ek wakker geskrik het wat my skryfwerk betref. Dit was vir my so ’n geweldige ervaring dat ek gevoel het ek moes iets daaroor skryf.

My eerste gedig wat ek toe geskryf het na so ’n lang tyd, was juis “27 April 1994”, wat gehandel het oor die verkiesing. Die hele proses het toe iets aan die gang gesit. Ek kon meer gedigte skryf wat nie net na binne kyk nie, maar ook na buite. So, in daai sin dek my tweede bundel ’n wye spektrum. Daar is byvoorbeeld liefdesgedigte en introspektiewe gedigte, maar ook gedigte wat kyk na buite. Veral die versoeningsaspek van die verkiesing het meer tot my gespreek. En dit het my weer aan die skryf gesit.

JL: In ’n rubriek in die Taalgenoot (Julie 2000) skryf jy dat jy “innerlik bevry was deur werke van progressiewe Afrikaanse skrywers”. Wie was hierdie skrywers, en wat het hulle vir jou beteken?

VO: Veral Andrť P Brink se werke, wat ek op skool begin lees het, het my beÔnvloed. Dit was anders as die voorgeskrewe konserwatiewe verhale. Omdat ons in ’n apartheidstelsel geleef het, het ons ’n negatiewe beeld van wit mense gehad. In Brink se boeke het jy egter ’n positiewe beeld van wit mense gekry. Dit het my laat besef dat daar tog ook goeie en ordentlike wit mense is. Ek het ook besef dat wit mense geensins anders is as ander groepe nie.

Ook die progressiewe werke van Etienne Leroux het my baie beÔndruk.

JL: En die werke van bruin Afrikaanse skrywers — of swart Afrikaanse skrywers, soos Hein Willemse sou sÍ?

VO: Die prominentste persoon was natuurlik Adam Small. Sy werke was vir my en baie ander, toe ons nog op universiteit was, ’n groot inspirasie. Hy was ’n rolmodel en het ons laat besef wat moontlik is. Omdat sy werke baie oorspronklik was, het dit ons laat besef daar is meer aan Afrikaans as net die standaard. Dit was vir my ’n soort bevryding.

JL: In 1996 het jy aan die Poetry International-fees in Rotterdam deelgeneem. Wat het jy daar geleer?

VO: Die tien dae wat ek daar deurgebring het, was vir my oorweldigend. ’n Paar van die gedigte wat in Die Sagte Vlees opgeneem is, het hulle ontstaan aan Rotterdam te danke. Die feit dat digters van regoor die wÍreld die geleentheid gegun was om in hul eie taal voor te lees, was vir my ’n hoogtepunt. Dit was ook dan vir my baie bevrydend gewees.

JL: Jou gedigte is meer persoonlik van aard, en skram weg van die politiek. Hoekom?

VO: Dit is nie ’n keuse wat ek gemaak het nie. Ek het destyds ook politieke gedigte geskryf, maar ek dink ’n mens se temperament as persoon bepaal in ’n mate wŠt jy skryf en hůť jy daaroor skryf. Protes as sodanig is miskien nie heeltemaal deel van my temperament as persoon nie. Dis seker waarom ek eers later oor sosiaal-politieke kwessies begin skryf het, omdat die nuwe politieke verwikkelinge my meer pas. Ek geniet dit meer om oor versoening te skryf as oor politieke kwessies. Ek het baie respek vir mense wat protes-poŽsie baie goed kon skryf. Mense soos wyle Patrick Petersen het dit byvoorbeeld baie goed gedoen. Miskien kon ek nie protes-poŽsie so goed skryf nie, daarom het ek op persoonlike gedigte gekonsentreer.

JL: Die titel van jou eerste bundel, Bloed Vloei in Stilte — staan dit nie in kontras met die inhoud van die gedigte nie?

VO: Ja, as ’n mens kyk na die frase “bloed vloei”, dan roep dit geweld en protes op, maar die sleutel lÍ in “stilte”. Wanneer jy die gedig “In Stilte” lees, dan verstaan jy wat dit eintlik beteken. Ek stem saam: gegewe die era waarin dit verskyn het, sou dit die verwagtinge van ’n oproep tot geweld geskep het, maar dit is nie wat dit is nie. Die bundel gaan oor die broosheid van mens wees.

JL: Is jy geÔnteresseerd in die gesprek in en om Afrikaans?

VO: Ja, siende as ’n persoon wat Afrikaans is en in Afrikaans skryf, stel ek belang. Ek dink ’n mens moet aanvaar die posisie van Afrikaans kon nie dieselfde gebly het nie. ’n Mens moet dit verstaan. Die kunsmatige bevoorregting is nou weggeneem; nou moet die taal op sy eie voete staan en dan sy plek vir homself vind. Regtig, ek is nie bekommerd oor die toekoms van Afrikaans nie, want dit lyk vir my die taal doen redelik goed.

JL: Hoe sien jy die rol van bruin mense in die hele gesprek in en om Afrikaans?

VO: Ek dink bruin mense moet ’n rol speel, maar die rol moet van so ’n aard wees dat dit identifiseer met die feit dat ons nou in ’n demokratiese bestel is. En dat ’n mens nie jou taal moet bevoordeel ten koste van ander tale nie.

Ek dink nie ons moet terugstaan en in ’n hoekie gaan sit nie. As ons dit doen, dan skakel ons onsself uit die proses. Deur dťťl te word van die proses kan ons ook die proses beÔnvloed.

JL: Hoe sou jy jouself beskryf? ’n Afrikaner of ’n Afrikaanssprekende?

VO: Ek is ’n Afrikaanssprekende. Ek dink die term “Afrikaner” het ’n sekere historiese politieke betekenis. Dit is nie so maklik om ’n woord se betekenis te verander nie. Wit mense wat Afrikaans praat, was al die jare Afrikaners. Nee, ek is nie gemaklik met die term “Afrikaner” nie.

JL: So, wat wil Vincent Oliphant nog deur sy skryfwerk bereik?

VO: Een van my gedigte, “Die selfdeverhaal”, lees soos volg: “In elke land; en in elke taal; leef ons oor en oor dieselfde verhaal.” En dit is vir my waaroor dit gaan. Vir my is mense basies dieselfde. Mense is meer dieselfde as wat hulle verskil. In die eerste plek is ons mťnse voordat ons bruin, swart of wit is. Dit is reeds dit wat ek met my skryfwerk wil bereik. En dit is waarom versoening ook vir my belangrik is.


Jason Lloyd is ’n vryskutjoernalis en studeer joernalistiek aan die Port Elizabethse Technikon en Afrikaans aan Unisa.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.