Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Marius Crous: ’n preokkupasie met die liggaam

Onderhoud: Versindaba

Marius Crous is op 9 Junie 1965 in Villiersdorp gebore. Hy debuteer met die digbundel Brief uit die kolonies (2003), waarvoor hy met die RAU-prys vir debuutwerk bekroon word. Sy tweede digbundel heet Aan ín beentjie sit en kluif (2006). Hy behaal in 2002 ín doktorsgraad in Afrikaans en Nederlands en in 2005 behaal hy ín MA in Engels aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy skryf ook gereeld resensies. Tans is hy ín student in Marlene van Niekerk se Kreatiewe Afrikaanse Skryfkundeklas aan die Universiteit van Stellenbosch.

1. Waaroor handel Aan 'n beentjie sit en kluif?

Soos die titel aandui, handel dit oor beendere en gebeentes, maar daar is ’n algehele preokkupasie met die liggaam (oor kos, oor eet, lewe en dood). Daar is ook ’n paar gedigte oor bekende kosmakers soos Nigella en Jamie. Na dese lyk die gedigte ook vir my besonder gestroop, amper soos afgeknaagde bene. Die titel skakel ook met die Engelse to pick a bone, maar ek dink nie ek doen dit soseer nie. Daar is lewe buite die Afrikaanse literêre dampkring.

2. Wat inspireer jou om te dig?
Gedeelde belangstelling met my partner wat graag sketse gemaak het van bene en beendere. Terloops, een van sy vroeëre sketse is op die buiteblad en dit eer sy nagedagtenis (hy is einde Oktober 2005 in ’n fratsongeluk dood). Musiek en die ellende om my. Ek kan my nooit so ver kry om oor mooi natuurtoneeltjies liries te raak en daaroor te skryf nie. Ek hou van die hardcore stuff.

3. Wat lees jy op die oomblik?
John Stammers, Szymborska, Enzensberger, Achterberg. Ek is tans ingeskryf by prof Marlene van Niekerk vir ’n MA in Kreatiewe Skryfkunde en ek word noodwendig gedwing om baie poësie te lees. Verder lees ek die romans van Iris Murdoch en die outobiografie van Marcel Reich-Ranicki, die Pools-Duitse skerpbekkritikus. Einste hy wat opgemerk het: Hoekom moet ek gaaf wees met ander, want niemand is gaaf teenoor my nie? En as ek my ontoereikendheid as skrywende subjek masochisties wil troetel, sal ek Agaat herlees.

4. Waaroor kan jy glad nie skryf nie?
Soetighede soos die natuur, die blommetjies wat oopmondjie die song hulle laat tongn***, God en sy gebod. Ek voel soos Foucault wat sy rug op die sonsondergang gedraai het en aanhoudend geprewel het: Ek sien nie die son nie. Ek sien nie die son nie.

5. Watter digter se werk inspireer jou?
Ek het nou die dag weer Margaret Atwood se gedigte herlees en toe tot die slotsom gekom dat die anti-Krog-histerie oor my eerste bundel eintlik belaglik was, want veral Atwood se Moodie-siklus het ’n baie groter rol gespeel by my eerste gedigte as Lady Anne. Beteken dit ons kritici ken nie Atwood se gedigte nie? (Lees Kannemeyer trouens ooit skrywers buite die Afrikaans-Nederlandse sfeer?) Ag maar nou ja, mens vat die kritiek van wie dit af kom. Breyten Breytenbach se beeldryke verse; Lucas Malan se vormbeheer; Henning Pieterse; Krog natuurlik; Johann de Lange se onverskrokke verkenning en beskrywing van die erotiek. En ek het Eybers en Stockenström hierdie jaar herontdek.

6. Hoe kom die gedig na jou toe? Werk jy om 'n konsep, of meld 'n reël hom aan?
Reëls kom soms by mens op. Of jy dink aan ’n konsep; veral na die lees van Szymborska se meer filosofiese gedigte, voel ek soms geroepe om oor abstrakte konsepte te dig. Of ’n respons op die een of ander idee.

7. Die mooiste woord in Afrikaans?
Wel, een van die snaaksste woorde is seker poespas. Maar die mooiste woord in Afrikaans? Nee ek weet nie. Dalk hoopvol.

 

Marius Crous is te sien op die Versindaba (8 – 9 September) in Stellenbosch. Vir die volledige program, besoek die webwerf www.proteaboekhuis.co.za, skakel 021 8829100, of stuur 'n e-pos na ls.protea@mweb.co.za

 

LitNet: 23 Augustus 2006

Wil jy reageer op hierdie onderhoud? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.