Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Clinton V du Plessis: skryf is die groot verset teen vergeet

Onderhoud: Versindaba

Clinton V du Plessis publiseer verskeie dig- en kortverhaalbundels, waaronder geloofsbelydenis van ’n kluisenaar, curriculum vitae, in god’s country: no 2–21, Tussentydse verslag, Kort van draad en Brunch met twee. Van sy werk is ook in ’n hele aantal plaaslike en oorsese bloemlesings opgeneem en hy lees gedigte voor by kunstefeeste, insluitende die Twee tot Twaalf-fees in Nijmegen, Nederland. Nadat hy drie en ’n half jaar as rekenmeester in Johannesburg gewerk het, is hy terug op Cradock, waar hy voltyds skryf en ook optree as rubriekskrywer vir Rapport en LitNet.

Werk jy aan 'n boek op die oomblik?
'n Roman wat maar stadig-stadig vorm aanneem

Jy skryf kortverhale en gedigte. In watter medium voel jy die gemaklikste?
Ek het aanvanklik net gedigte geskryf, maar vind dat kort (en dan veral kort-kortverhale) my meer bevrediging gee.
 
Mis jy nie die gewoel van Johannesburg nie? Of is dit juis die platteland wat jou maak tik?
Ek dink ek het albei nodig gehad om my te stimuleer, maar uiteindelik het die doellose gejaag van die stad net nie meer sin gemaak nie. Ek ly aan geen ontrekkingsimptome nie. Op die platteland woon ek weer in 'n bruin buurt, met mense vol skete en gebreke, met die reuk van dagga wat soms in die strate hang - dit is meer real as die gewaande goeie lewe in Sandton …

Wat inspireer jou om te skryf?

Skryf is die groot verset teen vergeet.
 
Waaroor kan jy glad nie skryf nie?

Oor patriotisme.

Watter tyd van die dag skryf jy die meeste, of is daar nie sulke roetines nie?
Gewoonlik enige tyd, maar vroeg soggens is die beste as ek iets wil afrond, daardie eerste voorlopige drafts wil klaarmaak.

Is jy 'n gedissiplineerde skrywer?
Nee, niks jaag my aan  nie – nie eens die muse nie.

Clinton V du Plessis is te sien op die Versindaba (8 – 9 September) in Stellenbosch. Vir die volledige program, besoek die webwerf www.proteaboekhuis.co.za, skakel 021 8829100, of stuur 'n e-pos na ls.protea@mweb.co.za

 

LitNet: 23 Augustus 2006

Wil jy reageer op hierdie onderhoud? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.