Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dalene Matthee: Soos ’n warrelwind trek sy oor jou

Gerda Coetzee

’n Laatmiddag-telefoongesprek verloop totaal sonder frille - vir Dalene druk jy nie in ’n blik met allerhande vragies nie. Die gesprek verloop min of meer so …

Dalene Matthee“Hallo Dalene, dis Gerda Coetzee.”

“Ja, ek het jou een keer in Port Elizabeth ontmoet!”

Vir my voel dit na ’n ewigheid gelede en is verbaas dat sy my onthou.

“Ons het intussen al twee getrek,” sê ek.

“Ja man, en ek het só móói getrek.* Die hottentotin in my kom al sterker na vore. Om my is berge, maar dis die son wat ek elke oggend na kyk met opkoms. Ek verstaan nou hoekom die aardmanne die son geëer het. Ons ag mos nie die son nie …”

“Dis byna 20 jaar sedert Kringe in ’n Bos verskyn het …”

“Is dit? Ek weet nie en wil ook nie weet nie. Man, die werk in die bos het my weer baie dinge geleer. Partymaal voel ek ek het nie sag genoeg gewerk met die mense nie. Ek het so ’n respek vir hulle. Vir Boermense kan mens net respek hê. Jy moet die foto’s sien wat in die huisies staan. Hulle kinders het ver en hoog geloop. Die foto’s staan almal op Tempest-radio’tjies. Respek is wat jy kan hê vir hulle swaarkry en trots op wat hulle kón.

Toorbos“Karolina Kapp se storie moes ek vertel, hy het gewag om vertel te word. Die manier waarop ek haar storie vertel het, is die enigste manier waarop ek dit kon vertel. Volgens ’n baie bepaalde psigologiese patroon. Ek is tevrede daarmee; daar is nie ’n ander manier nie. Ek moes haar storie skryf, want ek was bang iemand anders doen dit en doen dit nie met respek nie.

“’n Mens moet sag trap as jy in die bos werk. As jy versigtig opgelet het, loop jy daar weg met respek.”

Ek vertel haar dat ek eindelose plesier gehad het by die lees van Toorbos en dat dit vir my voel asof sy ’n volle sirkel geloop het tot by Kringe in ’n Bos. Haar stem lig en sy is opreg verras en bly oor die opmerking.

* Dalene Matthee woon deesdae op Mosselbaai.


Lees ook die resensie van Toorbos

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.