Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

n Wanhopige poging om die lelike mooi te maak?

Onderhoud en foto's: Deborah Steinmair

Flarde: 'n Novelle
Skrywer: Marlize Hobbs
Uitgewer:
Genugtig
ISBN:
0958460442
Publikasiedatum:
2005/3
Prys:
R99.00
Klik hier of op die voorblad om jou eksemplaar te koop by kalahari.net

Marlize Hobbs se debuutroman, Flarde, is onlangs met die Eugne Marais-prys sowel as die RAU-prys bekroon. Die eerstepersoon-verteller in die boek is n maatskaplike werker in n stowwerige, afgele gemeenskap. Sy besweer haar eensaamheid deur aan die nimmereindigende gesprek op SNet deel te neem. Marlize is, soos Kleinboer, ook n bekroonde skrywer, self geen vreemdeling op SNet nie.

Wie is Marlize en waar is Vryburg en Ganyesa, waar haar roman afspeel?

Marlize Hobbs Marlize Hobbs
Die boek het my aangegryp. Soos n bedevaarder het ek op n bus geklim om skrywer en landskap van nader te gaan beskou. Die kompas in my kop het gn idee van ware Noord nie. Ek was nie seker in watter provinsie of op watter planeet Vryburg is nie. Ek het vermoed dis in die Noord-Kaap, vaagweg Kalahari-landskap, maar hierdie dinge vloei mos ineen omdat die wreld rond is. Dis in Noordwes-provinsie.

In n rooigrond-parkeerterrein voor Steers in Vryburg klim Marlize Hobbs uit haar donkerblou maatskaplike werker Toyotabakkie en stap die Intercape-bus tegemoet. Sy is in haar vroe dertigs, langerig, slank, met blink donker hare en bruin o agter n raamlose brilletjie. O wat niks mis nie. Sy loop effens krom en dra swart. n Dramatiese swart jas met flappende pante soos Neo in The Matrix.

Op pad hierheen het ek heel voor bo in die dubbeldekker gesit en kyk hoe naamlose dorpies in die nag verbyskuif. AVBOBs, Kentuckies, FNBs. Dofverligte meubelvertoonkamers in hoofstrate (een lang Kerkstraat wat dwarsdeur die land loop) vertoon die soort vertrek wat in suburbs oraloor ingerig word deur hoopvolle mense wat glo dat geluk en stabiliteit n herfskleurige agtstuk-sitkamerstel op huurkoop is om n droom na te boots. Hierdie onmoontlike droom word dan gereproduseer in vertoonkamers n nabootsing van n nabootsing, teen 60 watt in die nag in die verbygaan.

Op n stowwerige oggend tussen niks en nrens, in die mik van n T-aansluiting. staan n geroeste karavaan met die legende SOOIBRAND BANGLES, ARTHRITIS BANGLES, teen die wande geverf. Plekname soos Grootdrink skuif verby. Daar is bordjies soos GASTEHUIS / GEBRUIKTE MOTORS.

Vryburg het bre strate, baie stof, ruim tuine met min groen. Selfs die gholfbaan is vaal.

Marlize in haar Matrix-jas en met haar empatiese woorde is n aangrypende, romantiese figuur. Sy lyk visionr, intens en gedoem. Sy laat n mens dink aan die prentjies in jou kop van Rimbaud, Verlaine, Percy B Shelley, Emily Dickinson, Sylvia Plath. Sy is heavy, slim en moerig en maak aanspraak op n reaksie. Sy is tegelyk verlore en gewortel. Sy erken dat as niekerkgaande Christen sy elke dag bid dat sy nie sal vergeet wat sy nou weet nie. En dat sy lost is en skryf omdat sy gefok is. Ja, sy is besig met haar tweede roman.

Sy erken dat sy haar hart in hospitaalhuis nommer 6 op Ganyesa agtergelaat het. Hier het sy vir vier jaar gewoon.

Ons is in haar bakkie op pad Ganyesa toe, ongeveer 80 km van Vryburg af met n reguit pad. Die donkerblou bakkie se kap is n donkerder skakering blou nadat haar broer n bok raakgery het. Terwyl hy uitgeklim het om ondersoek in te stel na die skade aan die bakwerk, het Marlize haar gehaas om te sien of die bok oorleef het. Die agterste buffer is op drie plekke ingeduik deur haar junior by die werk.

Ek bestuur vandag en Marlize praat. Sy ken elke klip langs hierdie reguit pad: Hier het my neef verongeluk. Teen daardie klip daar. Hy het aan die slaap geraak. Ek het nog nooit weer daarna gaan kyk nie.

Hier is n vrou in haar kar vasgekeer deur n veldbrand reg rondom haar. Sy het op n manier haar twee dogtertjies uit die kar gekry en aanges om weg te hardloop. Sy self het doodgebrand. Daardie kinders is sekerlik gefok vir n leeftyd.

Hier woon my tweelingbroer, Benna-boy. Ek is Benna se memory. Van sekere dinge het hy geen herinnering nie.

Ek het Marlize se tweelingbroer by die boekbekendstelling op Vryburg ontmoet. Hulle lyk op mekaar, hoewel Ben heelwat langer is, ligter met wye blou o. Toe Marlize uit haar boek wou voorlees, het haar hande so gebewe dat haar ma die boek afgevat en huilend, maar met groot oortuiging en fyn vertolking, in haar plek voorgelees het: n passasie oor die klein Marlize wat weggeloop het, Benna wat haar wou terug lok huis toe met die woorde: Kom, jy is mos nou klaar gekry. Terwyl hulle ma lees, kyk Marlize en Ben na mekaar met trane wat soos in n spielbeeld oor al twee se wange loop.

Op bl 94 van Flarde staan daar:

Wanneer n mens Ganyesa inry, is daar n geel-en-blou Ellerines-bord wat s: Welcome in Ganyesa. En langs die pad is daar n huis met n tuin waar iemand struike in beelde omskep het. n Regop man met arms uitgestrek soos n Jesus aan die kruis, n sjarmante teepot ... n wanhopige poging om die lelik mooi te maak.
Die Ellerines-bord staan nog, redelik verbleik is die geel en blou nou, en die sjarmante teepot is nou effens toiingrig, maar nog herkenbaar. Die Jesus aan die kruis het toegegroei.

Dit is die eerste keer dat Marlize teruggaan Ganyesa toe vandat sy oorgeplaas is na die maatskaplike kantoor op Vryburg.

Ganyesa is aangrypend lelik soos die sogenaamde Derde Wreld. Ek dink aan Paul Simon se lirieke: Maybe this is the third world, maybe its our first time around. Verflenterde kafees, bokke en kinders. Rooigrond en flardes plastieksak in die bossies. Die son bleik alles wit. Tyd word elasties soos toffie.

Dis n Sondag en alles is toe. Marlize beduie: Hier was my kantoor. Ek gaan lees later weer daaroor op bl 29 van Flarde:

1 Februarie 1999, hier is ek nou: ek loop op en af in die le vertrek. Dit is warm, stowwerig, die lug ruik na roet uit die vure in die village. Die sementvloere is vaal-grys. Die mure is vars gepleister tot by die deur, wat die enigste geverfde deel van die vertrek is: n skreeuende blougroen. Daar is n kraak in die venster. Die venster sonder gordyne waar wie ook al kan inkyk. Die begin van my lewe in Ganyesa: n le kantoor.
Ons staan op haar parkeerplek agter die gebou. Hier het ek die jong man opgelaai wat my langs die pad besteel het.

Ek gaan soek dit ook later op bl 38:

Ons ry. Ons gesels rustig. Dan skielik langs n oop stuk veld vra hy dat ons moet stop ... Toe ek stop, kry ek eers die feeling. Mens kan dit nie beskryf as jy dit nog nie self ervaar het nie. Hy klim uit, maar vat eers my handsak, my beursie, my selfoon en penne wat los rondl in my kar. Druk n geweer teen my kop ... Die arrogansie: You dont need this, Im taking it. En die haat, die verskriklike haat, terwyl ek geskok na hom kyk, verstom. Die jeugdige wat so passievol sy matriek wil voltooi. Ill fuckin kill you!
Later wys sy my ook die oop stuk veld waar die roof afgespeel het. En die kliniek waar sy gewerk het. Hierdie tuin was nie hier nie. Hier was niks. Ek herken dit nie. Hulle het baie geld daarin gesteek. Nee, moenie n foto neem nie, dit het nie so gelyk nie. Langs die kliniek is nou n mobiele FNB opgerig.

Marlize Hobbs Marlize Hobbs
Ons draai links na haar broer se winkel, Mawethu Butchery & General Dealer. Ons klim oor die hek en verras n wit bok teen die muur. Dis hier waar Mama Minoto elke dag die hoenderpote kom koop het wat sy langs die pad in chicken spices gebraai en verkoop het. Ja, Mama Minoto bestaan regtig en hang volgens Marlize se ma nog daar rond. Sy is nie heeltemal so vet soos in die boek nie en die storie met die pleegkind is uitgedink.

Ons ry die hospitaalgronde binne. Dis die bes toegeruste hospitaal in die provinsie. Hierdie gras was ook nie hier nie. Hier is die kindersaal.

Agter die hospitaal staan die handjievol netjiese huisies. Marlize se o word donker. Hier was my huis. Daardie een daar was Ivan sn. Sy deur het altyd oopgestaan en Spaanse musiek het uit sy huis gekom. Ek het elke aand daar gaan bad.

Ons vra vir die vrou wat die deur oopmaak of ons maar binne mag kyk. Ek gaan lees later weer daaroor op bl 29:

Huis no. 6, een van tien huise wat presies dieselfde lyk. Daar is twee slaapkamers, n kombuis, n badkamer, n groot eetkamer en woonvertrek.
Alles is nog dieselfde, hoewel dit nou vol Furn City-meubels is, anders as die dubbelbedmatras, CD-speler, rekenaar, kitaar, spul boeke en twee stoele waarmee Marlize dit gevul het. In die tweede slaapkamer is nog die prentjies wat een van die Kubaanse dokters se kinders opgeplak het. Ja, s die vrou wat op die rusbank sit, die hoofslaapkamer se mure is nog pers soos Marlize dit geverf het, maar ons kan nie gaan kyk nie, daars mense daarin.

Ek neem n foto van Marlize in die pad tussen haar en Ivan se huise. Sy staan met haar hande in haar sakke, gebo aan herinnerings, die veld agter haar verlate. n Rooi liggie flits op die digitale kamera: battery low. Dit skakel af en verseg om weer aangeskakel te word. So is herinnerings eenmaal: flikkerend, onvoorspelbaar, wispelturig, verraderlik, finaal ontoereikend.

Ons ry met die smal paadjie om die hospitaal, die paadjie wat Marlize snags oor en oor bewandel het. Ons ry teen die eenrigting. Hoe gepas, laat val sy.

Voor die hospitaal beduie sy: Hier het ek die aand uit die kar geval toe ek gefit het. Nadat die jongman haar langs die pad beroof het, het sy in blinde woede n epileptiese aanval gekry en op n manier haar kar tot by die hospitaal bestuur. Ek gaan lees weer:

Ek jaag my kar fucked-up die veld in. Diefokweet ek gaan hom doodry. En vir geen oomblik sal ek skuldig voel nie. Maar dan begin my vel doodgaan, my tong prikkel, ek ruik gebraaide uie en skielik weet ek: my bliksemse brein gaan my weer in die steek laat. En ek onthou: ek moenie, mag nie, kwaad word nie.

Hoe ek by die hospitaal uitkom, weet ek nie. Voor die ongevalle-ingang val ek uit die kar. Hospitaalpersoneel in wit storm nader.

Op pad terug is ons al twee stiller, weerloos teen die aanslag van die landskap en herinnerings.

By die ingang van Ganyesa ry ons weer verby die bord wat s: Drive slowly, our children are precious to us. Ek dink aan die kinders in Flarde: di wat bedags aan n tou vasgemaak is omdat hulle ma n rondloper is en hul pa soos n jakkals in n gat in die grond woon; Kabelo, die weggeekind wat gedurig onder die sweep van die ou man moes deurloop ...

Is dit wat Marlize hier kom soek het, wonder ek. Was dit, soos met die eienaar van die huis met die beeldhoustruike, n wanhopige poging om die lelike mooi te maak?


LitNet: 12 April 2006

Wil jy reageer op hierdie onderhoud? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.