Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Petra MŁller

Nanette van Rooyen


Sy verkies om te gesels in Kirstenbosch se tuin, sommer so loop-loop sÍ sy. Sodat sy vir my kan gaan wys waar die drie-vriende-boom is, en ons in die kurkeiklaning kan afloop. Dis een van die laatwintersdae. Die bos is nat. Dit maak die groen donkergroen, die lig silwer. Die koue slaan binne toe, en kleim dit wat intiem is, onbeskaamd.


In die Afrikaanse literÍre kring staan Petra MŁller soos ’n skutsengel met haar hande oor beginskrywers, maar helaas, na jare se stuur en ondersteun is sy steeds entoesiasties oor die spesie.

“Beginskrywers wys vir jou die onsiende. Hulle kan mos anderkant die bult kyk. Daar is ’n profetiese aspek aan veral die beginskrywer. Dis ’n heel organiese gedoente! Beginskrywers reageer op ’n sublimale vlak; hulle kry aanmanings van dit wat kom.

“Toe ek by Tafelberg Uitgewers was, het ’n hele vloedgolf gekom van verhale oor die oorlog in Angola. Dit was ’n absolute manifestasie! Op die ou end was dit waar ons inligting oor die oorlog gekry het, want dit was mos die oorlog van stilte gewees. Maar skrywers het daardie stilte gebreek, en dit was mans. Nou eers beleef ons die vroue se vertellinge. Dit laat my altyd wonder hoekom almal so vra vir die “nuwe stemme”. Hier is dit dan vir die eerste keer vroue wat skryf oor die fisieke geweld wat swart vroue aangedoen is. Wit Afrikaanse vroue, soos Dine van Zyl met Slagoffers, so ook Maretha Maartens en daardie ongelooflike Shadowbird van Willemien le Roux. Hier gaan dit nou oor liggaamlike geweld, die letterlike aantasting van die lyf, nie soos in Poppie Nongena waar dit oor psigiese geweld gegaan het nie. Dit is ’n nuwe ding!”

VRAAG: Is dit ’n antwoord op mans se siening van oorlogsgeweld?

“Nee-nee, hierdie goed is nooit antwoorde nie. Dit kom met die tye. Daardie golf van manskrywers het nie so lank aangehou nie, maar in die tyd wat dit gebeur het, het hulle dinge reggekry wat niemand anders kon nie. Hulle het die mag van die patriargie gebreek; dit op militÍre vlak ondermyn deur daaroor te skryf. Alexander Strachen, Etienne van Heerden, en na my mening ’n topskrywer, Gawie Kellerman. Hy het verhale geskryf wat jou bloed laat stol het: Wie de hel het jou vertel? Het jy dit gelees? Lees! Kort grepe wat elkeen ’n stuk hel bevat. En daardie hel het die vroumense nou opgetel. Ek sÍ nie hulle het dit by Kellerman opgetel nie, maar Dine van Zyl se Slagoffers is byvoorbeeld ’n heel spesifieke intensiteit van pyn. Net so Maartens se Hier kom ’n Afrikaner. Dis soos tonele uit Dante se werk. Dis die uiteindelike skrik, wat gewoonlik in die woord oorloop.”

VRAAG: Wat is jou mening omtrent die tendens van “embracing the female voice”? Ook dat mans nie oor sekere aspekte van vrouwees kan skryf nie.

“Nee-nee, waar gaan jy dan eindig? Weer by ’n vorm van apartheid? Tolstoi het dan Anna Karenina geskryf, Flaubert, Madame Bovary. (Sy lag die gedagte uit.)

“Daar is altyd eers ’n ietsie van die ekstremiteit, ’n bekendmaking, dan moet daar nou ’n spesifieke geluid wees en dis in hierdie tyd wat daar sulke dinge gesÍ word van mag en nie mag nie. Ag, nee wat!

“Daar was toendertyd in die teater ook so ’n ding; wit mag nie swart speel nie, en andersom. Dit hou eenvoudig net nie!”

VRAAG: Daar is by tye ’n omgekraptheid by Afrikaanse skrywers te bespeur. Is hulle klagtes geregverdig na jou mening?

“Ek weet van geen skrywersgemeenskap wat so grootgemaak en versorg is soos die Afrikaanse skrywer nie. As jy net ’n halwe stukkie digtalent het, word jy blinkgelek. Probeer jy maar ’n boek in Engels in Suid-Afrika uitgee, dan kyk jy wat gebeur. Die Kaap is bekend daarvoor - die gemoan van skrywers.

“Skrywers is soos grysbokkies: hulle moet alleen loop en hulle moet hulle kuttels op ’n plek los wat die natuur vir hulle sÍ om dit te doen. En hulle moet dit elke dag doen.

“Nee wat, as ’n spul skrywers bymekaarkom, weet ek nie so mooi nie. Dan maak hulle tropgeluide. Dit word ’n hele geblÍr.”

VRAAG: Hoe voel jy oor die die digkuns wat nou musiek geword het. Breyten se Mondmusiek, byvoorbeeld?

“My jinne man, dit moes lankal gekom het. Kyk, poŽsie se huis is musiek, maar ons het daarvan afgedwaal. Dit is die oudste ding. PoŽsie het uit musiek ontstaan en nie andersom nie. Dit het te doen met die ritmes van jou liggaam. Dis dans en dis musiek en dis wat dit is. So, dit gaan maar net terug vanwaar dit gekom het.

“’n Mens sien dit ook in die Engelse poŽsie. Daardie mense het met die beeld gespook, maar die poŽsie het verintellektualiseerd geraak en toe het daar ’n kentering gekom. Ons poŽsie het ook so ’n bietjie verstandelik geraak - so agt of tien jaar gelede.

“Hierdie waarvan jy nou praat, is lote van die luisterlied. En laat ek nou maar vir jou vertel, almal van ons wat dig, wil hÍ dat ons goed gesing moet word. My idee is dat voor jou goed nie getoonset is nie, is jy nie behoorlik digter nie. Dis die oudste manier. ’n Godswonderlike ding wat hier aan die gebeur is.”

VRAAG: Praat oor jou eie musiek?

“Altyd kom die musiek voor my gedig en as dit nie daar is nie, skeur ek dit op. Ek het ’n innerlike ritme en as dit nie in die gedig uitkom nie, dan het die gedig nie gees in hom nie.

“Kyk, jy moet weet, musiek is my basiese hartstog, en my hele idee was om ’n klavierspeler te wees. (Sy slaan haar hande in die lug saam en lag.) Ek het eers op 40 opgehou klavier speel. So, ek is basies ’n mislukte klavierspeler wat digter geword het. (Sy leun vertroulik vorentoe.)

“Koos Human het vlak by my veertigste verjaardag by my ingekom en daar staan die bladmusiek toe oop op my klavier - ’n Beethoven-sonate. En Koos kom staan daar en hys sy lang lyf so in die lug in op en sÍ: 'Wie speel hier die klavier?’ Ek bieg. 'Jaaa,’ sÍ hy, 'ek het ook die klavier gespeel, totdat ek besef het mens moenie entoesiasme met talent verwar nie!’

“Dit was my doodskoot daai! Ek kan die klavier laat sing, maar ek het nie musikale intelligensie nie. Dit het ek toe lankal vermoed. Maar ek luister elke dag van my lewe, byna heeldag, na musiek.

“Klassiek, maar my heel geliefde vorm is sang, en die hoogste vorm van musiek (en dit het Dirkie de Villiers my al jare gelede al gesÍ) is die volksang en verder godsdienstige musiek en chants.”

VRAAG: Mense noem jou ’n seedigter en hier verskyn die lieflik aardse bundel Die aandag van jou oŽ?

“Dit is tog wel so, maar hierdie bundel sluit vir my aan by Liedere van land en see. Dit is as 't ware ’n voortsetting daarvan. Dit is ’n boek oor liefde, nie net gedigte vir ’n geliefde nie.

“Kyk, laat ek nou maar vir jou iets sÍ: in my gedigte is daar niks wat nuut is nie. Nie een enkele ding nie. Dis nie eers oud nie, dis stokoud. Dis die ou ritme, die eenvoudige liriek, en dis wat aan die begin was en, ek glo, wat ook in die end sal wees.

“Ek vind die aandringing op nuwe geluide ’n bietjie vermaaklik. Dit kan jy maar neerskryf. Daar is elke jaar hierdie storie van 'waar’s die nuwe stemme?’. Ek wil hÍ dat daar oor hierdie vroumense wat ek netnou genoem het, die lyfstemme, dat daar gesien word hoe daar nog nie in Afrikaans met hierdie intensiteit oor die lyfpyn geskryf is nie.

“En kyk, jy kan oor al die ander goed lieg, maar daar is twee goed wat die bodem van die aarde onthou. Die een is pyn en die ander is passie. Geen een van hierdie twee is vervalsbaar nie.

“Steeds op 'nuwe stemme’: ons Afrikaners het nog nie eers ’n honderdste van ons verlede verwerk nie, en nou soek ons na nuwe stemme! Hoekom gaan luister hulle nie na die ou geluide nie? Dit wat ons nog steeds nie wil hoor nie - dit is die nuwe geluide.

“Ek dink ons het ’n ongelooflike letterkunde. Kyk na Eilande van Dan Sleigh byvoorbeeld. Hoeveel Afrikaners het al Triomf van Marlene van Niekerk gelees? ’n WÍreldverskuiwende boek.”

VRAAG: Wat is ’n resensent vir jou?

“Ek kan nie namens ander mense praat nie, maar as ek ’n resensie skryf, is dit vir my vanselfsprekend dat ek my verplaas in die sfeer van die boek. Die boek skep sy eie kriteria, sy eie beskrewe wÍreld waarin hy verstaan wil word. En wanneer jy dit so doen, gee dit jou baie plesier, want die resensie word ’n voortsetting van die werk.

“Walter Benjamin het gesÍ: 'Die regte hulde aan die teks is dat jy dieselfde teks met jou hand sal oorskryf.’

“’n Resensie moet ’n gesprek wees. Jy het tog niks by te voege by die teks nie. Dis ’n kwessie van deelname. Jy moet word soos daardie teks. Jy as resensent moet verdwyn. Dis ’n proses van osmose.”

VRAAG: Jy skryf ook Engelse gedigte?

“Ek skryf van my eerste dag af al in Engels ook. Eintlik het ek die poŽsie ontdek deur Engels. Daar het ek die romantiese gedig leer ken en toe later die ouer goed, soos diť van Chaucer.

VRAAG: Gaan jy in Engels publiseer?

“Wel, ek gaan probeer. Ek het baie Engelse gedigte. Jy moet onthou, my kleinkinders is meestal Engels Ö”

VRAAG: Hoe verskil jou Engelse gedigte van die Afrikaanses?

“Nee, diť weet ek nie. Daar sit een of ander spesifieke ritme daarin. Mense sÍ vir my ek moet my gedigte voorlees, want hulle hoor voortdurend my stem daarin.”

Ja, ons ken daardie stem, dink ek op pad terug. Dis die stem van ’n mens wat woorde kan laat sing.

Petra MŁller se bundel Die aandag van jou oŽ is deur Tafelberg Uitgewers uitgegee. Dit kos R79,95.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.