Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

G’n Boetman di

Vergeet van geloof, hoop en liefde. Vir die jong Afrikaanse geslag bly identiteit, skuld en ballingskap onverganklik. En hiervan is skuld die grootste. In Manie de Waal se trips sien ons hoe geloof, hoop en liefde uit skuldbelydenis groei. Hierdie aangrypende roman word ’n spiel waarin jong Afrikaanssprekendes die raaisel van die skuld en versoening van die hede en verlede kan sien. Maar wie, vra Almari Wessels, is die man wat so ’n gat in die Afrikaanse letterkunde oopgeskryf het?


Manie de WaalManie de Waal is nie die klassieke argetipe van ’n “angry young man”-skrywer nie. Benewens sy skaam erkentenis dat hy as geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer is, het hy nie issues nie. Jy kom dit agter wanneer hy, sonder dat jy hom onnodig moet pols, oor homself, sy werk — en veral surf — begin gesels. Hm kan jy nie op die glimlaglose omslagfoto van trips takseer nie. Die man agter die “nuwe stem in die Afrikaanse letterkunde” is glad nie so bedonnerd soos hy lyk nie. Inteendeel.

Jy verwag dat Chris Retief, die hoofkarakter in trips, die Newscafe in Groenpunt gaan binnestap. Die uitbeelding van die lewe van ’n groep jongmense in Londen is net t realisties en t eg om ni ’n biografiese optekening te wees nie. Vanaf trips se eerste bladsy, waar die see-anemone aan die Weskus as “‘seepoese’, volgens Mossie, ‘druk net jou middelvinger in een’” beskryf word, tot en met Chris se slotsin, “I’ll be there, no worries. Along for the ride”, word die leser intiem deel van die binnekring van die jong generasie Afrikaanssprekendes. En die rit — met genoeg afdraaipaaie na seks, drank en dwelms — verloop nie altyd so glad soos die ouer generasie sou hoop nie.

“Jy kan my met enige karakter in trips verwar, solank dit net nie Chris is nie,” s die man met die oranje top en innemende uitdrukking wat uiteindelik die deur binnekom. “As mense trips as realisties beskou, is dit omdat ek in my kop letterlik saam met daardie mense gelewe het,” herhaal Manie meer as een of twee keer. Jy glo hom.

“Ek het net vier maande in Londen gebly voor ek na Zrich in Switserland toe is. Londen was te veel vir my na ’n jaar wat ek net gesurf het. Ek sal dit so stel: alles wat gebeur in trips kan ek met absolute vertroue oor skryf; tot ’n mindere maar meestal meerdere mate het ek dit self ervaar. Chris Retief se karakter, gedrag en persoonlikheid is egter omtrent die teenoorgestelde van myself. Iets tussen Charlie, Tommo en Johno is eerder waar ek l.”

Dit is ’n intense, dog maklike, mens di. Hy praat oor die vervreemding van wit jong Suid-Afrikaners — veral Afrikaanssprekendes (“Japies”, soos hulle in trips genoem word) — van woede, skuld, vergifnis en vuil wasgoed. ’n Nuwe Boetman? Sal ons hom Boetiekind doop? Bre maar die doopformulier, di Japie praat ook van groei, hoop en versoening. En — met apologie aan Susan Samuel, redakteur van Beeld se jeugbylae JIP — dis hoog tyd.

Manie is dertig jaar gelede in Pretoria gebore, maar het in Bellville grootgeword en skoolgegaan. Hy studeer BRek aan die Universiteit van Stellenbosch en voltooi daarna sy honneurs in BCompt deur Unisa. Na hy sy drie jaar klerkskap vir registrasie as geoktrooieerde rekenmeester uitgedien het, surf hy vir ’n jaar “op en af langs ons Suid-Afrikaanse kuslyn”.

Sedert Februarie vanjaar vestig hy hom in Kaapstad, waar hy by ’n maatskappy, Xplane, as visuele joernalis werk. Hier is dit sy taak om komplekse probleme — wat meestal besigheids-, tegnologiese of gesondheidskonsepte insluit — grafies aan sy klinte te verduidelik: “In my werk s ek vir mense, ‘vergeet van woorde, let’s visualise it’, terwyl ek juis die teenoorgestelde doen as ek skryf.”

Waar en wanneer het die idee om ’n boek te skryf egter di geoktrooieerde rekenmeester beetgepak? Dit het tog seker nie as ’n Londense openbaring vanaf die Big Ben neergedaal nie?

“Ek kan eerlik s trips het homself (of haarself?) by my kom aanmeld as ’n gegewe. Ek het nie ’n literre agtergrond nie,” verduidelik Manie en vertel hoe trips gebore is toe hy n “’n jaar van surf” — net voor die grys, harde Engelse winter — in Londen aangekom het. Reeds in Suid-Afrika, n hy “sewe jaar lank in denial was, omdat [hy] nie kon aanvaar dat [hy] BRek swot nie”, het hy dit oorweeg om ’n boek oor ’n Bolandse wynplaas te skryf.

In Londen was dit sy “intense verlange na Suid-Afrika” wat hom die eerste woorde laat kraam het, waarna die proses hoofsaaklik in Switserland (waar hy darem kon snowboard) voltooi is: “Ek het so verlang, ek kon net sit en skryf.”

In Zrich het Manie hom aan die skryfproses oorgegee om tye van “akute depressie” te oorkom.

“Weet jy hoe klein was die woonstel waarin ek gebly het?” vra hy en beduie vanaf die restaurant se yskas tot iewers naby die toonbank. Dit is bitterklein. “Dit was net ek, die kamer en ’n laptop.”

En nou ’n boek wat deur Susan Samuel beskryf word as een wat ’n “stem aan ’n hele generasie Afrikaanse jong mense” gee.

“Ek hoop dit doen,” s Manie. “Ek dink die nodige elemente is almal daar wat so ’n opmerking kan regverdig. Die soeke na identiteit, ballingskap, skuld en vergifnis.”

Hy glo die tema van trips is relevant tot “ons almal”, omdat “alle wit Suid-Afrikaners in ’n mate vervreemd voel. Dit gee ’n stem aan die woede van die jong generasie oor ’n klomp dinge.”

Die uitdaging van trips het vir Manie daarin gel om ’n realistiese (“gritty”) stem vir di generasie te kry. “Ek het trips letterlik dertig keer oorgeskryf,” beduie hy en vertel hoe die dialoog van die oorspronklike weergawe in fonetiese skrif (“Jy weet mos hoe Kapenaars praat”) geskryf was. Hierdie dialoog het 60 000 van die totale 75 000 woorde van trips — wat in boekvorm 35 000 woorde sterk is — beslaan. Daarbenewens kon die aanvanklike gedigte tussen aaneengeskrewe teks en omtrent vyf tonele nie die valbyl van die uitgewers vryspring nie.

Di dat die uiteindelike weergawe so maklik lees. “Ek dink dit is my gebrek aan skryftalent wat dit so gestroop laat voorkom,” spot hy. Niemand glo so iets as jy trips klaar gelees het nie.

“Ek moes die teks absoluut distilleer en sny tot op die been. In my kop bevat die boek trips min baggage, altans bagasie. En bagasie is presies wat ek, en ek glo baie mense om my, heel moeg is van,” vervat hy meer ernstig.

Manie is voortdurend op soek na die Afrikaanse eweknie van Engelse uitdrukkings. Hierdie neiging het ook in trips neerslag gevind en die boek is nie soos Jackie Nagtegaal se daar’s vis innie punch deurtrek met Engelse frases en leenwoorde nie. Dt is iets waarop Manie baie trots is. “Het jy agtergekom, ek het nie een keer die woord “cool” in trips gebruik nie? Ek het regtig probeer om dit Afrikaans te hou, maar daar is nie een Suid-Afrikaanse surfer wat praat van branderplankry nie.” Tog “reserve” hy sy opinie oor die “hele taaldebat”.

Manie “reserve” ook sy reaksie wanneer die onvermydelike vraag oor feit en verdigsel aan die beurt kom. Die ondervraer word ewe skielik die ondervraagde: “Dink jy ek het regtig in Cornwall gesurf? Dink jy ek was ’n kroegman? Dink jy ek het ’n Markus geken wie se ma dood is?” Manie neem weer die rol van ondervraagde aan. “As skrywer hou ek my afstand. Die leser hoef nie te weet of dit regtig gebeur het of nie.”

Het sy ma, die persoon wat die boek aan die vryskutredakteur Suzette Kotze gegee het, dit self gelees? Dit is sy beurt om te lag. ’n Mens kan sien hy wil nie daaroor uitbrei nie. Hettie Scholtz, boekeredakteur, het di boek juis beskryf as een “waaruit die ouer geslag kan leer. Al is dit net om te km aan die hare op hulle tande oor hulle kinders in die vreemde.”

“Ja,” antwoord hy. “Sy het dit gelees.” Hy bly stil. “Sy lees dit nou weer en lag baie.”

’n Jonger generasie — wat nie meer in die watte van Calvinisme toegedraai is nie — sal nie sommer die gegewens in die boek skokkend of ontstellend vind nie. Vir hulle word die oop einde ’n spiel waarin hulle hulle eie gevolgtrekkings oor die verlede en hede kan maak.

Tog is di oop einde een waarin ’n definitiewe suggestie van hoop en genesing vir die jeug aanwesig is. “Dit is nou ons tyd,” s Manie. “Ons is lank genoeg as slaansak gebruik. Chris is deur lles in trips en hy is steeds staande. Soos hy aan die Australiese surfer wat kommentaar lewer op Suid-Afrika se apartheidsgeskiedenis s: ‘Eventually the past becomes the past.’”

Manie begin oor sy volgende boek praat. “My vriende s vir my: ‘Remember, you are only as good as your second book.’” Dit klink na ’n uitdaging wat Manie ni laat sal verbygaan nie. Die jong generasie se Boetman is nie die bliksem in nie, hy is net bedrywig.

En dit is nou s tyd.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.