Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

M-Café

Transkripsie van Marita van der Vyver se klets oor Wegkomkans

Marita van der VyverMarita van der Vyver, bekende skrywer van die bekroonde en omstrede roman Griet skryf ’n Sprokie, het kom inloer by die M-Café kletshoekie om vrae te beantwoord oor die jongste vrug uit haar pen, Wegkomkans.

Die boek is vandeesmaand geloods en ’n uittreksel verskyn op Boekenet onder Eerste Hoofstukke. Die lesers wat die klets met Marita misgeloop het kan gerus die transkripsie daarvan hier onder lees.

Elmari Rautenbach, die skrywer van Riemtelegram op LitNet, het die klets afgeskop.

Elmari: Haai almal, Ons chat vanoggend met Marita van der Vyver oor haar nuwe boek Wegkomkans. Almal is welkom om vrae te vra.

Mod: Tell us about your new book — people seem shy ...

Marita: Which people?

Mod: Well, there are a few joining — anyhow, I’m curious.

Marita: It’s a book about friendship — over a long, long time.

Elmari: Marita, toe ek jou laas gesien het, was jy op pad weg, Frankryk toe, om vir ’n hele paar jaar daar te gaan bly. Dis nou eerste besoek plus nog die bekendstelling van die nuwe boek. Hoe voel dit?

Marita: Weird, Elmari.

Elmari: Die nuwe boek gaan oor ’n groep vriende oor ’n tydperk van tien jaar — amper ’n soort Dance to the Music of Time. Vertel meer van hierdie tema.

Marita: Elmari, ek wou wys hoe vriendskap, enige vriendskap, deur die jare verander — verhoudings wat opbreek, mense wat doodgaan ensovoorts. En hoe dit die hele vriendekring beinvloed.

Supergrass: Ten years ... why do we seem to measure off time and interaction into neat compartments of reality? Life surely streams ... very much like the water in a river into the sea  ...

Marita: Supergrass, the book deals with reality, so I wanted a definite time and space.

Supergrass: But why 10 years?

Marita: Well, the period from 1985 — 1995 has been extremely interesting

Elmari: Die tyd in die boek is nogal belangrik: 1985 tot amper nou. Baie het gebeur. Wat het jy gedoen om dit in te kleur — navorsing ensovoorts?

Marita: Elmari, ek het veral ou koerante gelees om weer die “feel” van die tyd te kry. Ek was verstom oor hoe vinnig ons dinge vergeet — wette en goed wat verander het. In 1985 het niemand nog CD-spelers gehad nie! Of die Internet nie.

Supergrass: You are right Marita — definitely ... across the globe

Sterredoedie: Hoe het die tyd wat jy oorsee deurgebring het jou eie vriendskappe beïnvloed?

Marita: Dit het my my eie vriendskappe nog meer laat waardeer.

Elmari: Marita, wat omtrent the Unbearable Whiteness of Being, waaroor De Kat in ’n resensie skryf?

Marita: Ja, daar word baie gewroeg oor hoe dit voel om ’n wit Afrikaan te wees, en die soort verdeeldheid tussen Afrika en Europa wat baie van ons voel.

Supergrass: I’d think 1989 — 1999 would also be a 10 year gap of interest. How the foolishness of the recent past bred the incompetence of the present ...

Marita: Supergrass, yes, but if I had to deal with a time frame up to 1999, the book would only be published in 2003.

Angus: Marita, hoeveel van jou tyd gaan jy in Frankryk deurbring?

Marita: Sou graag 6 maande daar en 6 maande hier wou wees, Angus. Maar dis nie altyd prakties moontlik nie, so nou is dit 10 maande daar en 2 tot 3 maande hier.

Elmari: Marita, het jy ’n storie in jou kop wat in ’n later tyd afspeel van net na die 94-verkiesing?

Marita: Ja, ek wil ’n “millenium” boek skryf, of so iets.

Mod: What was the first thing you wrote and finished and were proud of, Marita? When you were a kid perhaps?

Marita: When I was about 12, I wrote a children’s story which was accepted by the radio programme Siembamba!

Mod: Wow!

Elmari: Vertel ons meer van die temas in jou nuwe boek. Dis nou behalwe vriendskap. Is dit weer seks, soos in Griet ...? Dis seker te verwagte in ’n vriendekring oor tien jaar!

Marita: Elmari ... ja.

Supergrass: How old are you Marita ?

Marita: Old enough not to tell.

Sterredoedie: Wat is die titel van jou nuwe boek?

Marita: Wegkomkans, Sterredoedie. Die Engelse titel gaan Breathing Space wees.

Mod: Who will be translating Wegkomkans?

Marita: The translator lives in Britain. I’ve been working closely with her.

Pieta: Voel jy nie half gelabel na die groot ophef oor Griet nie?

Marita: Nee wat Pieta, die label pla my nou nie meer so erg nie. Dis darem al 7 jaar later.

Angus: Maar was dit ’n ongemaklike label?

Marita: In die begin baie ongemaklik Angus. Ek het gevoel ek sal vir die res van my lewe, maak nie saak wat ek verder skryf nie, bekend staan as Griet se skrywer. Nou het ek vrede gemaak daarmee.

Leser: Marita, is daar ’n plan vir ’n volgende boek?

Marita: Ja beslis, Leser. Ek het klaar een begin. Dalk “Griet kom weer”, maar meer wil ek nie sê nie.

Sterredoedie: Wat doen jy deesdae op ’n af dag — steek jou kop in ’n mikrogolf?

Marita: Sterre, ek het nie meer ’n mikrogolf in my huis nie. Liewers bang Jan as dooie Jan!

Mod: Are there plans to translate Wegkomkans into languages other than English?

Marita: Yes, a Dutch translation would probably follow quite soon because it is done directly from Afrikaans. All the other languages are translated from English, so we have to wait for the English translation.

Angus: Wanneer jy in die land is, bring jy jou mooi Fransman saam?

Marita: Angus, nee hy bly daar.

Sterredoedie: Hoe mooi is jou Fransman nou eintlik?

Marita: Wie het gesê hy is mooi, Sterre?

Sterredoedie: Die foto in De Kat.

Marita: Dit was ’n foto van my seun, Sterre!!

Elmari: Marita, as mens kyk na verhoudings, hoe jy dit beskryf in Griet skryf ’n Sprokie, hoe bring jy jou eie insigte sewe jaar later terug in jou nuwe boek?

Marita: Elmari, ek het miskien nog meer sinies oor verhoudings geword, maar miskien tog ook meer hoopvol. Soms kan dit tog werk. Maar net soms.

Leser: Hoe voel jy oor die “nuwe toeganklikheid” van ons letterkunde? Hoe sien jy jou rol daarin?

Marita: Ek dink dis baie belangrik dat die letterkunde gelees word eerder as om net op boekrakke te staan, Leser. So toeganklikheid is great.

Leser: Dis jou sterk punt — ook in Nederland word romans al lekkerder om te lees. Doe so voort: Wat van “Griet kom Terug” as jou volgende boek? Ek dink jy het single-handedly rillings in die lyf van die Afrikaanse literatuur gebring!

Marita: Dankie Leser. Dis nou 10 jaar na die tydperk waarin Griet afspeel. Einde 1989, begin 1990, so dit kan interessant wees (om Griet terug te bring). En ek is nou ver genoeg weg van die boek om dit dalk weer te doen.

Elmari: Jy sê darem in die boek Veertig is geen Vloekwoord dat jy op veertig geleer het dat die lewe jou steeds kan verras!

Marita: Elmari, gee jy nou my ouderdom weg?!

Sterredoedie: Viva die ouer vrou!

Elmari: Om terug te kom na die onderwerp wat jou eerste in die kollig geplaas het, wat het jy geleer omtrent Afrikaners se hantering van onderwerpe soos seks (soos die geval met Griet)?

Marita: Elmari, rillings en trillings en skokgolwe seker. Maar Afrikaners het baie groter geword in die afgelope 7 jaar.

Elmari: Jy’t tog gesê dit was ongelooflik hoeveel haatbriewe met Bybelversies jy gekry het, maar ook ou tannies wat jou sou bedank of vroue wat intense bedankingsbriewe sou skryf.

Marita: Ja, Elmari, die reaksies was altyd intens, positief of negatief, nooit juis louwarm nie.

Leser: Marita, gaan jou blik op SA verander noudat jy in exile is? Of kyk jy reeds anders?

Marita: Leser, ek sien myself beslis nie as ’n exile nie!

Elmari: En nou, in hierdie boek ... jy skryf ook oor mans. Was dit moeilik om in ’n man se kop te klim by wyse van spreke?

Marita: Aanvanklik baie moeilik, maar later het hulle (die mans) net karakters geword. Ek was nie meer verskrik oor die feit dat hulle MANS is nie.

Leser: Hoe vaar jou boeke in die VSA en Engeland? Praat jy al vlot Frans ... of is dit Franikaans?

Marita: So-so, niks om rasend opgewonde oor te word nie — dit geld die boekverkope in Amerika en die vordering van my Frans.

Mod: Were there any hate letters from non-religious readers after Griet ...?

Marita: Mod, a few really crazy types who wrote letters full of swearwords, threatening me with all kinds of terrible deeds.

Elmari: Het jy jou mansvriende erg bestudeer? Hulle mal gemaak?

Marita: Ek hoop ek was subtiel genoeg dat hulle dit nie agtergekom het nie. Maar ek luister graag na mans as hulle nie weet ek luister na hulle nie.

Leser: Die eintlike vraag is: watter man sal selfmoord pleeg deur sy kop in ’n oond te druk? Is dit nie maar tipies vrouedesperaatheid nie? ’n Man sal na ’n geweer gryp ...

Marita: Leser, ja — ek het ’n bietjie gespot met mans se bloedlus as hulle selfmoord pleeg (in Griet).

Elmari: Die ironie van Wegkomkans is dat jy dit eintlik destyds net na Griet begin skryf het. Is ek reg? En toe het jy dit nie klaar gemaak nie.

Marita: Elmari, eintlik al voor Griet, amper 14 jaar gelede al. Maar ek was nog nie ‘ryp’ genoeg nie (as ek nou soos ’n kaas mag klink).

Leser: Watter tyd van die dag skryf jy op jou beste?

Marita: Glad nie in die dag nie, Leser, maar in die nag. Hoewel ek deesdae gedwing word om soort van 9 tot 5 ure te handhaaf, oor my kind en sulke dinge.

Angus: En dae as dit moeilik kom: dwing jy jouself om te skryf?

Marita: Ja, ek gaan sit maar voor die masjien en ek tik/skryf, Angus. Selfs al weet ek dat ek die volgende dag alles sal oordoen.

Elmari: Klink of sprokies hierdie keer totaal die wyk geneem het. Is Wegkomkans net die ene grim werklikheid?

Marita: Elmari, hopelik nie so grim nie. Ek dink daar’s genoeg vrolikheid en hedonisme, dis juis waaroor die titel gaan — ons maniere om te probeer wegkom van die “grim werklikheid”.

Leser: Ek wil steeds weet of jou verblyf in Frankryk jou ’n ander uitkyk sal gee. Gaan dit jou verryk, voel jy? As jy nou jou Wegkomkans bedink?

Marita: Leser, miskien kry mens ’n soort perspektief wat jy nie van naby het nie. Wyehoeklens pleks van zoom-lens, om ’n beeld uit die nuwe boek te gebruik.

Sterredoedie: Is dit moeilik om te besluit ’n boek is nou klaar — om dit te laat gaan?

Marita: ’n Baie gerespekteerde skrywer het op ’n keer vir my gesê “you never finish a book, you have to abandon it”. Dis waar woorde.

Sgt: Is daar enige Suid-Afrikaanse vroulike skrywers met wie jy identifiseer, of wie vir jou as inspirasie dien?

Marita: Sgt, Antjie Krog was my groot heldin toe ek op skool was.

Griet: Met betrekking tot jou bydrae in Veertig is g’n Vloekwoord: brand die vuur nog steeds so warm in jou?

Marita: Selfs warmer Griet!

Griet: Marita , is jy seker dis nie gloede nie!?

Leser: PG het nou in Engels begin skryf. Sal jy ook?

Marita: Leser, nee, ek kan my nie indink nie.

Sterredoedie: Wat is die lekkerste boek wat jy die laaste tyd gelees het?

Marita: AS Byatt se Babel Tower, Sterre.

Mod: Do you ever discuss in detail what you’re writing with friends/lovers?

Marita: No, never in detail just vaguely. Om die water te toets.

Leser: Voel jou lover(s) ooit jy verraai hulle deur oor hulle te skryf?

Marita: Ek het soveel lovers nie, Leser!

Griet: Hoekom nie?

Sterredoedie: Want Marita skryf in die nag ...

Leser: Dis nie wat ek bedoel nie. Ek bedoel: die verhouding tussen werklike ervarings en stories. Voel mense nie jy skryf oor hulle nie?

Marita: Leser, dis ’n ding waaroor elke skrywer altyd wroeg. Skilders skilder modelle, skrywers steel stukkies van “modelle” om ’n prentjie op te maak.

Leser: Dis ’n mooi antwoord

Angus: Wat dink jy van die Internet? Gebruik jy dit graag?

Marita: Angus dis ’n love-hate relationship. As dit werk, is dit wonderlik. Maar ek is dom genoeg dat dit dikwels nie vir my werk nie, en dan haat ek dit.

Griet: Wie is ou bekendes in Wegkomkans?

Marita: Die einste Griet het weer opgeduik (ongenooi). Ook Jans uit die vorige boek en Mart en Tomas uit Die dinge van ’n Kind. Dit het my net weer gewys jy’s nie klaar met jou karakters as jy dink jy’s klaar met hulle nie.

Elmari: Was daar ’n oomblik dat jy geweet het jy wil skryf of het dit toevallig gebeur?

Marita: Elmari, ek het altyd geweet ek wil skryf, so dit was nooit nodig om te wonder wat ek wil doen as ek eendag “groot” is nie.

Elmari: Het jy soms gevoel jy MOET ’n storie skryf?

Marita: Ja, dis ’n geval van ’n storie wat moet uit ... dis ’n idee in jou kop. Met ander woorde, ek kies nie regtig die storie nie, die storie wil net NOU geskryf word. Of so iets.

Griet: Wel, dis sekerlik jou vriende ook?

Marita: Griet, ja die karakters word soms meer real as jy werklike vriende het omdat jy so dag en nag met hulle “karakters” te doen kry.

Elmari: Eerder op gevoelens gegrond die stories van jou, of is politiek soms ’n onderliggende agenda?

Marita: Elmarie ek het nog nooit-ooit gevoel ek moet ’n storie om politieke redes skryf nie. Sal hopelik ook nooit so voel nie.

Elmari: Maar politiek is baie beslis deel van die werklikheid van jou stories, soos in Dinge van ’n Kind. Dit kan tog nie anders nie, of hoe?

Marita: Nee, dit kan nie anders nie. Ek probeer dit altyd op die agtergrond hou, maar dis ’n baie belangrike deel van die agtergrond.

Sterredoedie: Kry jy eers die titel en dan die storie of is dit andersom?

Marita: Met Wegkomkans was die titel van die begin af daar. Met Dinge van ’n Kind het dit eers so in die helfte van die boek gekom.

Leser: Dink jy een van jou boeke sal ’n TV reeks kan word?

Griet: ’n Soapie selfs?

Sterredoedie: En wie gaan Griet speel?

Marita: Ja, die opsie vir Griet is lankal verkoop, maar dis ’n gesukkel met geld. En daar is sprake van Dinge van ’n Kind as TV-reeks.

Leser: Ons hou duim vas, Marita

Angus: Lekker!

Leser: Kry jy darem kans om te rus ook in die dae hier?

Marita: Leser, NEE!!!

Elmari: Het jy miskien al enige kritiek uit nydige oorde gekry oor jou besluit om land uit te gaan?

Leser: Ai, die geliefde land ...

Marita: Nee nog nie, Elmari. Ek maak dit duidelik dat dit nie emigreer is nie, maar na De Kat se voorbladprikkel in Januarie, het ek nogal die ergste verwag.

Leser: Jy bly darem nog op ons boekrakke!

Elmari: Dink jy nie dis trouens goed vir ’n skrywer om nie te lank te sit en te broei op dieselfde plek nie, om bietjie weg te kom en perspektief te kry?

Marita: James Joyce het gese “a writer needs three things: cunning, silence and exile”. Die cunning en die silence kan ek hier ook vir myself skep, maar die geestelike “exile” is makliker in Frankryk

Angus: Is jy lief vir fliek? Indien wel, van watter soort fliekmaker hou jy?

Marita: Ek is gek oor sulke stadige Europese flieks waarin niks gebeur nie. Dis vreeslik mooi om so na die niks te kyk.

Sterredoedie: Chat skrywers met mekaar  ... ruil julle notes uit?

Marita: Sterre, ek het ’n paar vriende wat ook skryf en daardie kontak is vir my baie belangrik. Maar ek probeer skrywers as ’n groep vermy.

Elmari: Marita, enige planne vir die bekendstelling van die Engelse Wegkomkans waarvan jy al weet? Gaan jy by ’n interessante internasionale skrywersding praat of so-iets?

Marita: Dit sal vroeg volgende jaar in Londen wees, Elmari, en daar is deesdae so ongelooflik baie Suid-Afrikaners in Londen, dat jy amper ’n captive audience het, so ons dink daaraan om iets saam met die Hoë Kommisaris (ambassade) te doen.

Leser: Dankie vir die chat. Hoop jou boek word mooi ontvang.

Sterredoedie: Dankie Marita, ek gaan beslis Wegkomkans aanskaf!

Angus: Tot siens Marita en beste wense!

Marita: Ek moet nou groet, dankie vir die belangstelling.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.