Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kirby van der Merwe,
vonkelwyn in my glas

Marguerite Black

Klapperhaar slaap nie stil nie
Koop nou!
Ter voorbereiding van LitNet se groot Afrikaanse skrywersberaad het Marguerite Black met Kirby van der Merwe gaan gesels. Vanuit die staanspoor maak Kirby van der Merwe dit duidelik dat die “mikro-apartheid” wat hom tans in Afrikaans voordoen — die meningsverskille oor identiteit en kultuur — handel oor klas en stand, en nie oor ras nie.

Kirby is ’n Jack of all Trades met talente wat strek van beeldhouwerk met hout tot pottebakkery. So verskans hy homself teen die harde werklikheid. Kirby is allermins op die mond geval. Hy het sterk opinies en is nie skaam om dit te lug nie. Miskien diť dat hy hom soms in netelige situasies bevind.

Kirby is hoogs ontstoke oor ’n voorval wat pas gebeur het: iemand in sy buurt het hom daarvan beskuldig dat hy ’n sell-out is en, in die man se eie woorde, die “Kleurling”-nasie so te sÍ uitverkoop. Dis nou na aanleiding van sy artikel in Die Burger van Mei 20 waarin hy beweer dat daar nie aan die gevolge van die geskiedenis ontkom kan word nie. Kirby is duidelik nog besig om asem te skep en sy brein in die regte rat te kry; die koppie capuccino kom hom goed te staan. Die punt wat hy in die artikel wou maak, is dat sekere middelklasmense hul agtergrond probeer verdoesel deur Engels te praat sodat hulle kan grÍnd lyk.

“Maar iewers het ek seker ’n rou senuwee raakgeboor ... Dit is ’n mite dat my oeuvre net gaan oor die politieke struggle van gister. Glad nie. Dit is liewer ’n refleksie van die werklikheid. Maar tydens my kinderjare in die sestigs en sewentigs, was die struggle onmiskenbaar deel van my jeug en sal dit noodwendig op ’n manier neerslag vind in my werk.”

In Kirby se debuutroman, Klapperhaar slaap nie stil nie, is die hoofkarakter van Kinta ’n figuur wat haar probeer losmaak van haar wortels en verlede, haar identiteit as’t ware probeer herskep. Wanneer ek vir Kirby vra of hy homself vereenselwig met haar en of sy gevoelens deur haar gereflekteer word, sÍ hy dat Kinta liewer ’n deursnit-karakter van ’n bepaalde tipe bruin persoon is. “Sy verteenwoordig die goed gekwalifiseerde bruin mense wat ’n tersiÍre agtergrond het en die gepaardgaande lewenstyl, maar op wie nog steeds neergekyk word deur hul eie mense en wat beoordeel word volgens hoe hulle lyk en hoe hulle praat.” Kirby hou self nie daarvan om gekategoriseer te word en in “boksies geplaas te word nie” en ontwyk telkens die vraag wanneer ek hom uitvra na sy eie identiteit. Hy verkies om ’n swerfswael sonder heenkome te wees: “ongebonde, vonkelwyn in my glas”, fluister die woorde van Amanda Strydom se een liedjie iewers in my agterkop.

Die man wat hom kort tevore gekonfronteer het, het die term “bruin” gebruik, wat vir Kirby pla. Baie mense sukkel nog met terminologieŽ soos “Kleurling”, “bruin” en selfs die belaglike apartheidswoord, “nie-blanke”, wat eintlik ’n belediging is vir ons vordering sover as Afrikaanses. “Kyk, diť man het so grootgeword dat hy homself heeltemal vereenselwig met die apartheidsetiket wat om sy nek gehang is. Miskien het dit met ouderdom te doen. Diť man is al oor die sewentig.”

“Die identiteitskrisis moet opgeklaar word. Die grootste Afrikaanssprekende groep is juis die bruinmense. Die kwessies wat ons huidiglik raak, moet aangepak word en ’n ope debat moet daarvan gemaak word. Dit lyk asof die pers nou al weer daarvan ’n elitistiese debat maak en hul liefling-seuns onder mekaar laat stoei. Die ironie is dat hierdie mense nog besig is om hul eie identiteit uit te klaar. Soos die wa nou voorttrek, word die ‘voorheen Kleurling geklassifiseerdes’ se kwessie van identiteit nie werklik aangespreek nie.”

Kirby sÍ dat ons nie moet vergeet dat dit nie net apartheid was wat die ontheemding van die “voorheen Kleurling geklassifiseerdes” veroorsaak het nie, maar dat ’n mens ook die rol wat die destydse slawerny gespeel het, in ag moet neem. “Daar is spore van Mosambiek, Wes-Afrika en die Ooste wat deur baie mense ontken of misken word. Daar is ’n ernstige soeke terug na MaleisiŽ en Bali deur die Oosterse komponent van die bruin groep. Maar die Indiese, Mosambiekse en Angolese komponent word heeltemal verswyg in die groep omdat mense se breine ook gekoloniseer word en hulle weier om dit te aanvaar.”

Is kultuur in Afrikaans rasgebonde?

“Ek is in die gelukkige posisie dat ek tussen kulture kan beweeg. Ek kan nie sien watter verskil daar is tussen rasse, nie sover as wat dit kultuur aangaan nie, want in Suid-Afrika is dit bier- en-braai-kultuur regdeur die board en brandewyn- en dopkultuur regdeur. Almal koop ook by dieselfde winkels. Maar klas is ’n ander storie: daar is mense wat net kan wyn drink en na klassieke musiek luister terwyl SAfm die enigste beskaafde radiostasie is. As hulle geassosieer word met Patricia Lewis, Vetkoekpaleis of Maak ’n Las, wil hulle ’n oorval kry.”

En wat van die bendekultuur in die bruin groep waarvan jy ook melding maak in jou roman?

“Kyk, dis meer ’n sosio-ekonomiese verskynsel. In Amerika, in die jare veertig, het jy verskriklike bendes gekry. Dan is daar die Italiaanse Harlembendes, Poolse bendes, Russiese bendes wat tans in Amerika is, en moenie vergeet van die Joodse skarminkels nie.

“Die owerhede wat destyds politieke mag gehad het, het hul mag misbruik deurdat hulle juis nie die polisie na bende-areas gestuur het nie en nie behoorlike infrastruktuur daargestel het nie, sodat hulle die mense verarm kon hou en die bendekultuur sodoende aangehelp het.” Kirby boots ’n patroniserende stemtoon na: “Want dis mos so oulik: Distrik Ses, die ‘Seven Steps’ bende, die ‘Glow’ bende. Moet dit tog net nie versteur nie. Nes ’n mens nie die Boesmans gaan versteur deur van hul velletjies ontslae te raak nie, net so moet ons hul kultuur net so behou, hulle getatoeŽer hou. Want dis dan so oulik. So ’n romantiese idee. Selfs nou sal daar nie iets aan die geweld gedoen word nie omdat die owerhede nie ’n einde aan die geweld wil maak nie. Relatief tot die hele Suid-Afrikaanse konteks, praat ons hier van ’n kleinerige area wat maklik reggemaak kan word as hulle regtig wou.”

’n Gedeelte van Kirby se roman, Klapperhaar slaap nie stil nie, lui as volg:

    “Wat van die Kaapse kultuur? Snoekmootjies, rooti-en-kerrie, samoesas, daltjies, as jy nou begin met ons goed en julle goed, dan trap jy op dun ys.Ek weet van die Kaapse Klopse net so min soos jy. ’n Verleentheid: Hotnot maak nog ’n groter fool van homself. Dan moet ek nog betaal ook om dit te aanskou? Dis iets vir julle vaalpense of uitlanders. Dan gaan hulle weg en eendag leer hulle hul nageslag die bruinvelle in die Kaap is almal ’n klomp uitspattige hansworse.”

Kirby voel dat stereotipering die bruin groep groot skade aandoen en hulle weer wil brandmerk met die konsep van ’n bepaalde kultuur. “Daar is ’n deel van die gemeenskap in die Bo-Kaap wat hewig kapsie maak teen die Klopse en dat die Klopse met hulle vereenselwig word. Hulle wil terugkeer na hul Maleisiese wortels, nie opgehou word met diť hansworsagtige gedoe nie. Om die boek te skryf, het ek vir die eerste keer vandat ek ’n kind is, na die Klopse gaan kyk. Ek kon dadelik die politieke konnotasie en stereotipering verbonde aan die ding insien.” Vra ek of die verwerping daarvan nie moontlik ’n verarming van ’n kultuur beteken nie, sÍ Kirby weer verontwaardig: “Maar daar is nie ’n bruin kultuur nie. Die fokus val gewoonlik op die Klopse en die Manenbergse tipes, maar daar is mense wat Westers-geŲrienteerd is en doodnormaal voortgaan.”

Kirby sÍ die bruin groep is heeltemal besig om te verengels. “Die rede hiervoor is nie soseer apartheid en sy bagasie nie, maar weer eens gaan dit eerder oor klas en status.” Kirby voel ook dat, bo en behalwe die feit dat Engels die lingua franca van die wÍreld is, nog ’n rede hiervoor, die onnatuurlike manier is waarop “Standaardafrikaans” en sy variante gehanteer word. “Die ironie is, dat skrywers wat nou regtig kan gammatjie-taal praat, in Standaardafrikaans skryf terwyl die mense wat in daai variante skryf, mense is wat tersiÍre opleiding het. Ek is nie so clued-up oor wat Kaaps presies is nie.” Dit lyk asof die kunsmatige situasie wat hier beskryf word, kan wys na die onnatuurlikheid van die hantering van Afrikaans in die makrokosmos. “Die toekoms van Afrikaans in bruin gemeenskappe lyk duister en as iets drasties nie gedoen word om dit meer populÍr te maak of dit te bemark as ’n ‘in’-ding of statussimbool nie, is hy verlore. In die sewentigs het jy een kind op die platteland gehad wat Engels praat, in die tagtigs was daar een Engelse klas. Nou is dit andersom: net een Afrikaanse klas — en binnekort net een verwese Afrikaanse kind.”

Oor politieke korrektheid sÍ Kirby net die volgende: “In my volgende roman gaan ek so polities inkorrek wees soos kan kom. So, fasten your seatbelts.” En dan sÍ hy tong- in-die-kies: “Omdat ek nou van die groep is, kan ek myself die vryheid gun of veroorloof om na myself te verwys as hotnot of wat ook al en daaroor te lag. Maar laat iemand anders waag om dit te sÍ!”

Hy verskoon homself en loop na buite soos ’n vry siel wat ’n nomadiese bestaan voer deur te koes vir al die pogings wat aangewend word om hom vas te pen — weg is hy, iewers tussen hierdie wÍreld en ’n ander.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.