Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Popmusiek — oŽnskynlik oor diep dinge, maar in wese flou en geweldig oppervlakkig ...

Willem de Vries

Dit is ’n kenmerk van ’n goeie boek dat jare nadat dit verskyn het, dit steeds saampraat as ’n nuwe kontroverse kop uitsteek. Kort voor Liter A Tor se skrywe in Boekindaba het ek aan die uitgewer Kerneels Breytenbach vrae geŽ-pos oor die invloed van pop(ulÍre) musiek in die Afrikaanse letterkunde, met as voorbeeld sy roman Glimlag (1993, Human & Rousseau). Die gebruik van pop(ulÍre) musiek as deel van die struktuur van ’n roman is in Afrikaans tot nog toe grootliks onverken. Breytenbach se roman Glimlag is ’n belangrike voorbeeld hiervan.

WdV: Glimlag beklee ’n unieke posisie binne die Afrikaanse letterkunde waarin populÍre musiekidees as ’n stilistiese middel gebruik word om die leser te vervreem. Hoekom spesifiek populÍre Afrikaanse musiek?

KB: Dit kom eintlik met ’n draai. Glimlag is struktureel gevorm deur ’n ou speurroman van EC Bentley getiteld Trent’s Last Case, maar sy titel is ’n direkte verwysing na die Beach Boys se Smile, wat nooit uitgereik is nie, maar waarvan ek ’n roofopname het. Baie van die hoofstuk-opskrifte is Smile-liedjies. Smile had ongelukkig minder snitte as wat Glimlag — hoofstukke het, dus het ek by die Beach Boys se voorafgaande LP, Pet Sounds, gaan leen. Met die lirieke het dit effe anders gegaan: ek het enigiets geneem wat daardie sardoniese afstand kon help vestig — banale gedagtes, nooit aangehaal uit werklike Afrikaanse liedjies nie, maar in strekking en sfeer vanuit die Afrikaanse musiek-dampkring. In ’n vroeŽ draft het ek FAK-liedjies gebruik, maar dit was tť styf en formeel. Ek wou iets gehad het wat oŽnskynlik diep dinge sÍ, maar in wese flou en geweldig oppervlakkig is.

WdV: Die hoofkarakter, Trens Phillips, maak die leser tydig en ontydig attent op sy bykanse beheptheid daarmee om mense en situasies tot lirieke kenmerkend van populÍre Afrikaanse musiek te reduseer. Dit vervreem die leser verder van die karakter. Is diť sardoniese draakstekery ’n hoofbestanddeel van Glimlag?

KB: Beslis. Ek wou hÍ die leser moet van Trens en Quarta [die hoofkarakter se groot liefde — WdV] hou, maar wat die res betref, moes hy/sy baie bewus bly van almal se feilbaarheid. By sommige wou ek hÍ dat dit duidelik moet wees dat hulle verteenwoordigend is van tipes Afrikaners: ambisieuse, korrumpeerbare mense.

WdV: Die lirieke is so kenmerkend prosaÔes van vele ligte musiek op Afrikaans. Afrikaanse musikante word hier aan die kaak gestel sonder dat name genoem word. As iemand sou sÍ hier is nou ’n geval van ’n oudmusiekresensent wat die Afrikaanse musiekindustrie die middelvinger wys, maar dit met fiksie verbloem, wat sÍ jy?

KB: Ja. In die eerste draft was daar ’n lang stuk oor Cora Marie, die country-sangeres. Ongelukkig kry sy toe kanker en het die boek se redakteur gevoel dit sou swak smaak wees om die deel in te hou. Maar ek het in daardie stadium baie beslis genoeg gehad van Afrikaanse musiekkunstenaars. Ek was in die tweede laaste jaar van my termyn as Huisgenoot se popresensent, en in daardie stadium het die hele luisterlied-beweging in sy eiewaan versmoor, en was Afrikaanse musiek besig om geweldig onopwindend en selftevrede te word. My liefde vir popmusiek was altyd daarin gesetel dat ek altyd soek na iets nuuts en iets vernuwends. In die vroeŽ negentigs was dit ’n skaars ding in Afrikaanse musiek. Ek het dit ook ’n stap verder gevoer deur baie van die dinge in die roman in verband te bring met werklike Afrikaanse films. Aan die een kant die musiek en hierdie menslike smagting om te sing en te besing, al is dit hoe vrot, en aan die ander, die romanwÍreld wat gelyk gestel word aan aardsetter-flieks en -karakters wat, om die minste te sÍ, wÍreldvreemd is.

WdV: Diť soort kensketsing en vervreemding deur liriek is sentraal tot die humor van die boek. Die glimlag is eerder grimas. Watter ander musiekidees is in die roman bygewerk? Dalk iets van die kabaret Ö?

KB: Daar was in 1990 in die tydskrif Q ’n beskrywing van ’n klankateljee, Karl Wallinger se ateljee. Diť het ek gebruik vir die ateljee in Glimlag. Die dinge wat tůť so wonderlik was, is nou alledaags. Vir die slot het ek aan twee dinge gedink: die middelste deel van die Smile-liedjie “Cool cool water” en Gavin Bryars se komposisie Sinking of the Titanic, waarin hy die skip se orkes laat voortgaan met die speel van “Autumn” onder die water. Mense wat bekend is met die verse van Rilke, sal dwardsdeur die roman verwysings na sy Duino-elegieŽ opmerk.

WdV: Milan Kundera het in ’n onderhoud gesÍ een van sy romans is gegrond op die van ’n simfonie deur Leos Janacek. Is daar enige musikale idees wat jy op diť skaal gebruik het?

KB: Nee.

WdV: Watter ander romansiers of kortverhaalskrywers in Afrikaans werk ook meervlakkig met pop(ulÍre) musiek?

KB: Die werk wat dadelik in die gedagtes opkom, is Etienne Leroux se Sewe Dae by die Silbersteins.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.