Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Onderhoud met Joan Hambidge oor En skielik is dit aand (Protea Boekhuis)

Louise Viljoen

Louise Viljoen: Ons vier vanaand die bekendstelling van jou agtiende bundel. Dit is 'n formidabele produksie wat verlede jaar gevier is met die versamelbundel Die buigsaamheid van verdriet en nou voortgesit word met En skielik is dit aand, in 'n pragtige uitgawe deur Protea wat - moet ek byvoeg - vir die publikasie van ruim twee derdes van die nuwe bundels in Afrikaans verantwoordelik was die afgelope tyd.

Volgens die motto's het jy die titel van jou bundel gevind by die Italiaanse digter Salvatore Quasimodo soos vertaal deur Wilhelm Knobel Ö

Joan Hambidge: Ja, by Quasimodo via Knobel wat ek probeer terugbring na die Afrikaanse digkuns. Ek is tans besig met 'n projek oor vergete, verlore digters in Afrikaans.

Hoekom het jy die titel gekies? Vertolk dit vir jou iets van die inhoud van die bundel?

My lewe het dramaties verander met die dood van my kollega en vriendin, Lisbť Smuts, aan wie ek oa die bundel opdra. Die gedigte dra iets oor van hierdie psigologiese wending ... en waarskynlik ook iets van die feit dat sy altyd ten nouste by my gedigte se ontstaan gemoeid was. Vele van die verse kry 'n ander betekenis nŠ haar dood.

Waar het jy Knobel se vertaling gevind? Knobel, wat 'n tydgenoot was van Breytenbach en die ander Sestigers, is op vroeŽ leeftyd dood: lees jy sy werk, en hoe vind jy dit?

Ek lees onbekende digters, veral. Ek behandel in my lesings ook die werk van Freda Plekker. Knobel se verse is al vir jare saam met my en ek onthou as jong student aan die US het ek Opperman se poŽsiekursus gevolg en saans vergete, stowwerige bundels gelees, omdat die opdrag was dat ons alles moes ken. Hieroor is ek vandag baie bly - dat ek so wyd en gevaarlik gelees het.

Is die aanhalings wat jy gebruik, ook 'n manier om 'n digter in herinnering te roep en te vereer?

Absoluut! Ek glo soos Neruda en Cussons dat daar geen digters is nie, alleen maar die digkuns.

Daar is sekere standhoudende temas in jou poŽsie wat jy deurlopend bly ontgin: die poŽsie, die liefde, die verhouding tussen die liefde en die poŽsie, die familieromanse, die wÍreldgeskiedenis wat gemerk is deur sekere traumatiese gebeure, die mens as alleenreisiger deur die wÍreld, die kunste en kunstenaars, die dood soos verwoord in jou huldiging van gestorwenes in verskillende lykdigte, en so meer. In hierdie bundel is hulle ingedeel in ses afdelings en lyk dit vir my asof die sterkste preokkupasie is met die familie en met die liefde wat immer in 'n prekÍre verhouding met die poŽsie staan.

Kom ons begin by die eerste afdeling, wat handel oor die familie. Ek het al gehoor dat daar gesÍ word: "When a writer gets born into a family, that is the end of the family", omdat 'n skrywer noodwendig die familie blootstel in sy of haar werk. Dink jy dit is waar?

Nee. Ek dig nooit liefdeloos oor my familie nie. Ek lewer hulle nie uit nie. Inteendeel. Ek draai veral die mes op myself in. Ook in my liefdesverse is dit die geval. Gaan kyk oa na die gedig oor my ouers in Lykdigte.

Daar is bepaalde ambivalensies teenwoordig in hierdie afdeling: aan die een kant is daar sprake van 'n ongelukkige jeug (soos byvoorbeeld "Ons maaltye" en "My jeug"); aan die ander kant van groot deernis vir veral die vader- en moederfigure (soos in "Huisgodsdiens"). Hoe verklaar jy dit? Vergelyk 'n reŽl soos "my pynlike, vernietigende, verdrietige jeug" (p 121).

Ek had 'n ongelukkige jeug: ons was dikwels die nuwe mense in die buurt weens my vader se werk, en ek was boonop "displaced" om my aard en belangstellings wat anders was as diť van die kinders om my. Maar ek is nie verbitterd hieroor nie. Inteendeel. Wie het nou weer gesÍ: "It is never to late to have a happy childhood"? Boonop vier ek elke dag van my lewe en ontgin ek die ongelukkige, ambivalente jeug ... Ek is bly dat ek wetenskap-tabelle uit my kop geleer het en biologie bestudeer het. En my verbeelding gerek het met nonletterkundige aktiwiteite.

Daar is nog 'n paradoks in hierdie afdeling: die tweede laaste gedig in die afdeling heet "This funny thing called loneliness", waarin daar baie melankolies geskryf word oor die eensaamheid van die kind wat afgewys en verstoot word; die daaropvolgende en laaste gedig in hierdie afdeling het die titel "A room of one's own" ('n verwysing na Virginia Woolf) wat suggereer dat die digter uiteindelik daardie eensaamheid of alleenheid nodig het om te kan skryf. Dink jy hierdie paradoks is belangrik in jou werk en dat in 'n mate jou poŽsie voed?

Jy kan net dig as jy kan alleen wees. As jy sonder om te skroom jou ellendes diep en vas in die oog kyk.

PoŽsie skryf Lorca

PoŽsie, skryf Lorca
spruit uit bitterheid
van die siel:
daardie dwase opvanggebied
nee, eerder fabriek
se rare vermoŽ
om jare na die tyd
wanneer boontjie reeds 'n loontjie
kry, op te spruit. Of wat skryf ek alles?
In Granada stap ek
twee dekades weg van my ouerhuis.
Steeds hoor ek my vader se aandgebed,
sien my moeder in die kombuis bak
en my susters by die opwasbak lag.
Wou dit anders hÍ, so graag anders:
'n gesin heelhuids soos ertjies
in 'n peul. 'n Rooi, volmaakte granaat.
'n Vrug dragtig op die regte tyd.
Suiwer saad wat oor alles stort;
geen brak- of kleitrapgrond
Nou besig met Lorca
se onsigbare heuningkoek
waaraan 'n hommelby woedend
wroet. Vergifnis, vergeet?
Die siel is 'n paleis vol geheime.

Die tweede afdeling funksioneer amper soos 'n narratief oor 'n verhouding wat skipbreuk ly en die rol wat die skryf van poŽsie daarin speel. Dit is soos 'n verhaal waarin die verskillende momente herhaaldelik vanuit verskillende hoeke bekyk word. Een van die deurlopende temas in hierdie afdeling is die feit dat die digter deur die geliefde verwyt word dat die liefde in gedigte uitgelek word (p 38), dat die privaatheid van die verhouding geskend word (p 54). Wat is jou siening oor die intieme liefdesgedig as skending van die privaatheid van 'n liefdesverhouding?

'n Gedig is nie 'n getuigskrif nie. En 'n gedig handel nie net oor 'n bepaalde verhouding nie; dan was alle mense digters! 'n Gedig ontstaan uit 'n bepaalde insident en kry 'n lewe van haar eie. As mense 'n gedig ervaar as 'n skending van privaatheid, moet hulle wegbly van skrywers of nooit weer praat of lees ůůr die liefde nie. Maar ek wil nie hieroor te lank praat nie, omdat 'n mens altyd klink asof jy op die verdediging is.

Ms Otis regrets

Diegene wat hulself sien
in 'n vers geplaas op die webruimte
moes alreeds deur verskillende soekkamers gaan:
soos 'n liggaam afgemeet vir 'n kis?
So, spieŽltjie, spieŽltjie aan die wand,
wie is die mees (h)erkenbare leser in die land?
Dalk Grietjie wat sonder haar Johansie
die bos bewandel
en al dieper
en dieper
en dieper
die webruimtes invaar?
Of Doringrosie tobbend
oor sy 'herkenbaar' in 'n vers beland?
Almiskie die meisie dansend met die rooi skoentjies
soos Judy Garland in The Wizard of Oz?
Die Slapende Skone wagtend
tevergeefs op hŠŠr minnares se kus?
Haar lang, goue hare hang nie meer by die venster af
nie, haar kamersleutels is teruggestuur
en miskien, miskien
slaap sy nie eens meer op 'n ertjie
nie.

Naskrif:
Hoe jammer 'n vers
word aan die groot klok gehang!
Besoek eerder nie hierdie ruimte
as jy meen jż, geliefde, word aan die kaak gestel.

Die postmodernistiese digter het die neiging om die grense tussen werklikheid en fiksie te laat vervaag. Is dit iets wat jy ook in jou gedigte doen?

Hopelik ja. En boonop: die gedig skryf sigself; die digter is maar alleen die medium vir die vers wat self koers kies.

Dit is interessant dat die gedigte oor die liefde jou in 'n sekere sin ook uitbring by die huishoudelike, by die kombuis, en word daar by geleentheid selfs verwys na die lesbiese girl wat kan lamstjops braai of kerrie en osstert kan gaarmaak. Elisabeth Eybers het indertyd gewonder of die frase huishoudelike poŽsie nie 'n contradictio in terminis was nie; syself en digters soos Krog het gewys dat dit inderdaad gedoen kan word. Voel jy jou enigsins verbonde aan hierdie vrouedigters in Afrikaans?

Natuurlik. Eybers het pragtig hieroor gedig in "Die digteres as huisvrou", en Krog antwoord haar fyn in Otters in bronslaai, my gunsteling Krog-bundel, waar die huishoudelike onverwags beeldend ontgin word. In "En skielik is dit aand", nes in "Ruggespraak", was ek pens en pootjies terug in die gesinsverband. Kosmaak is immers 'n belangrike roetine in 'n gesin ...

Die tweede afdeling bestaan uit 'n enkele reeks gedigte getiteld "Affaire" wat ook soos 'n narratief verloop, terwyl die derde afdeling ook oor die liefde handel, maar ook buite die private kring daarvan beweeg. Dit bevat byvoorbeeld baie mooi gedigte oor ander pare: Leonard en Virginia Woolf, Wallace en Elsie Stevens, Diego Rivera en Frida Kahlo. Wat is dit byvoorbeeld wat jou gefassineer het aan die verhouding tussen Leonard en Virgina Woolf (p 95)?

Dat Leonard altyd ruimte geskep het, onvoorwaardelik, vir sy Virginia. Dat sy kon terugkeer na hom. Hy het haar skryfdemone begryp en hy was nie bedreig deur haar intellektualiteit of grensoorskrydende verhoudings nie.

Wallace Stevens aan Elsie: 'n ongeposte brief

Geliefde Bo-peep,
muse, leser:
vergeef my die versending van my verse.
Ek weet jy voel
dat die verse net aan ons behoort,
dat ek hierdeur,
met die uitstuur van die verse na ander oŽ
die heilige kommunie van ons liefde ůphef.
Hierdie proses - soos 'n poskaart van die vulkaan -
is self-kommunie, self-gesprek, self-verloŽning.
Ek is sakeman ťn digter, kibbelaar ťn knoeier;
tog weet niemand van hierdie bedryf
wanneer eise oor ongelukke en versekering
op my finale oordeel, beslissing wag.
Hoe word die glasstukke van 'n ongeluk
nie in 'n derdeparty-eis weggeskryf? Hoe
breekbaar 'n lewe, hoe grusaam die noodlot?
PoŽsie, 'n gekibbel met die self, kry net lewe
wanneer dit gelees, beoordeel, selfs veroordeel
word deur letterkundige eksekuteurs, weet ek,
'n naweek-digter, 'n wandelaar verby 'n huis
waar iemand toonlere oefen, 'n swart voŽl sing
in die berkebome. Niks wat nie daar is nie,
en wat ook daar is. Die eenvoud van die alledaagse.
Nie eenmaal nie, maar dertien keer sal ek inkyk,
afloer, opteken, skrap in die winterlandskap
wanneer versreŽls soos sneeuvlokkies val,
die ys soos 'n lang baard aan die junipers hang.
Eens het ek daagliks my gedigte na jou gestuur,
net na jou, jou oorgewen, jou deel van my gemaak
in klein linne-kladboeke vol bottende oureole.
Nou wag ons op Harmonium, op beoordeling,
op die uitbetaling van 'n andersoortige polis:
ek plaas my gedig soos 'n fles in Tennessee
op 'n heuwel sonder singende voŽls Ö

Dit is 'n vers wat die klagte van die private versus die openbare ondersoek. Opperman het Stevens aan my voorgestel en hy loop reg deur my oeuvre. Ek het dan ook my eerste bundel, Hartskrif, geskryf in New Haven toe ek navorsing daar gedoen het. Stevens se "An Ordinary Evening in New Haven" het my ook gelei na Harold Bloom, my ghoeroe, wat besonder insigryk skryf oor digterlike gesprekke, misreading en Freud. Ek het verlede jaar 'n kursus aangebied oor Stevens en sy Kuba-obsessie en natuurlik na Kuba gereis! Ook my Dickinson-reeks, 'n ander obsessie, word met Stevens-motto's begelei.

Jy eindig die vierde afdeling in die bundel met die reŽl: "Dis beslis die laaste reŽl oor my geliefdes." Is dit waar?

Natuurlik. Vir die oomblik.

Die vyfde afdeling bevat 'n gedig "My reistasse"; jy skryf ook 'n reisrubriek in Die Burger. Hoe belangrik is reis in die letterlike sin van die woord in jou lewe en hoe belangrik is dit as tema in jou werk? Wat beteken dit alles vir jou?

My werk ontstaan dikwels in die buiteland. Dis asof ek 'n beter perspektief kry op Afrikaans en vanuit 'n nostalgiese ervaring dig.

Met watter bekende reisigers uit die wÍreldletterkunde identifiseer jy jouself?

Odusseus.

VanweŽ jou passie vir die poŽsie en jou nering as akademikus is jy besonder lief om ander digters aan te haal in motto's en in die verse, en ook om in gesprek te tree met hulle. Watter digters het jou geÔnspireer met die skryf van hierdie bundel? Is daar sommige digters aan wie jy ewig verknog sal bly en ander wat jy by wyse van spreke ontgroei het?

'n Mens is soms verlief op sekere digters ... Inderdaad ontgroei jy ook sekeres. Maar ou liefde roes nooit. My liefde vir Plath, Louw, Cussons ... te veel om op te noem Ö sal altyd duur.

Waar lÍ die lyn tussen eie kreatiwiteit en napraat in die geval van aanhaling? Wat doen jy as digter om ander digters se werk sinvol en kreatief by jou eie werk te integreer? Hoe werk die proses van omgaan met jou mededigters se werk? 'n Mens neem oor as dit allemansgoed is; anders moet jy kreatief verwerk en timmer aan die oorspronklike gedig.

Maar wat is werklik oorspronklik? Tristia is oa herskrywings van klassieke tekste; die grote Opperman herdig aan ou tekste ...

Dink jy jou poŽsie het oor die jare verander? Dat En skielik is dit aand anders is as jou eerste bundel Hartskrif?

Dit moet jy as literator vir my vertel. Maar ek dink ek sal waag ... Ek dink my eerste verse was uit die hart. Toe het ek in die middelperiode speelse parodieŽ geskryf, en nou's ek weer terug by die hart. By dit wat werklik saak maak.

Jy begin die bundel met 'n gedig wat verwys na die presiese punt waar jou poŽsie begin het en eindig dit met 'n gedig waarin jy bely dat die poŽsie jou enigste en eintlike huis is. Jy eindig die bundel met woorde wat herinner aan Achterberg: "Met hierdie vers/ verval alle vorige verse." Wat beteken dit?

Die eerste en laaste verse sluit om die ander gedigte: hoe ek begin skryf het en hoe ek alles weer ontken, herskryf, weggooi - met ander woorde, die leser waarsku dat ek dalk weer 'n ander bundel mag publiseer!

LitNet: 02 Augustus 2005

Wil jy reageer op hierdie onderhoud? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.