Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Op soek na Jackie Nagtegaal se rubbish

Toast Coetzer

Daar’s vis in die punchDie plan was aanvanklik om haar vir ’n week lank af te loer. Te kyk waar sy hoesmedisyne koop, wie sy score, watse koeldrank sy koop, dalk hondekos of iets, miskien snuif sy ’n sherbet/rattex mixture en vat Vim binne-aars. Dit sou so hele Hollywood exposé gewees het. Amper soos om vir Amore en Joost te bust terwyl hulle kattemaai op die maat van Steve se “Blou Bulle”-tune. Die jackpot, eerste prys.

Ongelukkig laat LitNet se budget nie toe vir extravagant stake-outs, petrolgeld of koffie en doughnuts nie. Boonop is my verkyker by die huis, waar ek dink my pa besig is om sy birdwatching te oefen. En my kar is nie van die geruislose stealth-tipe wat moeiteloos inblend met die background nie. Dis vol roes en dit grom om die draaie.

Toe submit ek maar tot die normaliteit. Die trip begin hiperkak Donderdagmiddag voor my spot in Duiwelspiek toe ek my kop stukkendstamp teen die kardeur. Bloed orals. Morsig. Afgepis — dis ook al reeds amper rush hour, so ek wil aan die gang kom — start ek die kar en kap ’n u-turn uit my parking spot uit. Toe besluit die hoeter-deel van my Beetle se stuurwiel om af te val en verstrik te raak in die stuurwiel, soveel so dat ek nie uit die draai kan kom nie en ’n volle 360 maak in die pad, tot konsternasie van so tannie in ’n Merc, wie ek rakelings mis.

Tien minute se Swiss Army knife behendigheid later vat ek die N1 Stellenbosch toe.

Maar natuurlik is dit toe al reeds rush hour, so ek sit maar en Radio 2000 luister. Ek kom eers ’n uur later in Stellenbosch aan, deels danksy die feit dat ek die eerste S’bosch-afdraai mis omdat ek te besig is om my Cheetos te verslind, toe vat ek maar die Klapsmuts-pad. Scenic so teen sonsondergang. Die Naaimasjiene se “Jong Dames Dinamiek” speel terwyl ek die dorp in cruise. Dis deesdae meer Jong Diesel Dinamiek hier rond, maar dis seker maar dieselfde ding in ’n ander dekade.

Jackie is nog besig met ’n MFM-interview, so ek hang biere saam met ’n long lost vriend in die Terrace, waar hulle ’n klein stukkie vis en chips saam met ’n moerse bowl tartare sauce bedien. Dis ’n klug, maar ek’s honger. My long lost vriend is op die rebound — long-time girlfriend het hom die koue skouer gegooi. Taai. Die biere, egter, is lekker.

Teen nege-uur gaan soek ek vir Jackie en dit vat omtrent ’n halfuur om die spot te kry, want dis donker en die biere skaars onder. Ek herken dit aan die “Alcatraz-heinings” wat blykbaar pas opgerig is. Blykbaar is daar diewe hier rond. Die security guard kom accost my buite die blok flats; daar word vir my gewag. Dis baie ghetto, voel asof ek op die westside is en vir Suge Knight gaan pols oor Tupac se dood.

Jackie se t-shirt lees “Drugs saved my life”. Myne sê “National Robbery — Tata ma’ change”. Haar denims het ’n trendy gat in, myne is seker maar van Markham’s of Mr Price. So tussen die twee lê die waarheid. Jackie se flatmate (ouer broer se ex-girlfriend) en so ander dude wat blykbaar net genooi word om te “deal met die krieke” is daar. (Gepraat van die krieke — hoe belaglik is daai Stellenbosch-kriekplaag? Heavy shit. Asof God so ekstra plaag gespaar het vir ’n random dorp wat te veel sondig. Dit bruis letterlik van die krieke op die dorp se stoepe. Een aand gaan hulle deur die deure knaag en die kinders opvreet. Versigtig, Mevrou.)

Ons sit buite op die stoep; ek’t koffie en sy’t Camel Lights. As dit nou ’n movie was, sou ek graag veraf geweerskote wou gehad het om nou en dan die monotony van die krieke te disturb. Blues-musiek speel van die Playstation af in die sitkamer.

Ek vertel haar van die aanvanklike afloer-mission, en wil weet waar sy die afgelope week was.

“Die laaste sewe dae … Gisteraand was ek nie hier nie, gister ook nie. Die drie dae voor dit was ek hier, maar ook nie eintlik nie, so dit sou ook nie gehelp het nie. Waar was ek gister? Gister was ek in die stad. Ge-lunch saam met ordentlike mense, soos die mense van Tafelberg. Ek’t gister ’n fliek gaan kyk wat kak was — I am Sam. Ek’t nie eintlik geweet wat om te expect nie, toe’s dit soos in super-Hallmark, maar soos in erg. En toe probeer die kameraman nog boonop om ’n kunsmovie daaruit te maak.”

Enigiemand wat al Daar’s vis in die punch gelees het, sal verskoon word as hulle reken hulle weet iets van Jackie af, weens die boek se outobiografiese trant. Maar daar’s net soveel van Charlie Koekemoer (die hoofkarakter in die boek) in Jackie Nagtegaal. Buite in die straat staan daar byvoorbeeld nie ’n bottelgroen 1962 Spitfire nie, maar eerder ’n staalblou Corsa. Prakties, dus.

Jackie is wel in ’n privaatskool in Stellenbosch, waar sy een van net nege leerlinge is. Daar’s dus outomaties meer vryheid as in ’n “gewone” skool. Soms gaan sy eers tienuur klas toe. Dis normaal, maar ook nie heetemal nie. Sy vat Afrikaans, Engels, Kuns, Geskiedenis, Bedryfsekonomie en Wiskunde.

“Ek’t einde laasjaar hierdie bevlieging gekry dat ek ’n argitek wil word, toe’t ek wiskunde nodig … maar nou wil ek ook nie eintlik meer argitektuur swot nie. Nou sit ek maar met die wiskunde. Nou dink ek eerder aan so BA Humanities of so iets waarin ek letterkunde en filosofie kan swot.”

Sy bly nou al van die begin van die jaar af op Stellenbosch, maar wil eerder weer skuif aan die einde van die jaar.

“Ek hou van Stellenbosch, maar ’n jaar is genoeg. As ek nou nog ’n verdere drie jaar hier moes bly, dan dink ek sal ek mal word. Dis soos half ’n gegewe. So ek sal seker by UCT gaan swot. Maar dis langtermyn.”

Die flatmate kom in; sy’s op pad uit. Daar word gedeliberate oor wie die sleutels moet vat — die een se selfoon is gesteel en die ander s’n stukkend, dit gooi alles omver. Die sekuriteitswag word by die plan betrek, die alarmkode word gememorise.

“Ons is redelik versukkeld hierdie week,” verduidelik Jackie toe ons weer alleen is. “Ek kan nie langer as ’n paar maande op dieselfde plek bly nie. Ek moet at least een keer elke ses maande trek, dis vir my soos ’n hobby. Voor hier het ek by my ma-hulle gebly op Melkbos. Dit was lekker. Toe was ek ook in ’n ander skool. Mens moet ook so elke twee jaar van skool verander. Jy moet al hierdie goed doen om sekere dinge te prevent. Ek’t nog nooit lank genoeg op een plek gebly om te sien wat prevent moet word nie, maar ek’s bang dis so erg dat ek nie sal herstel nie. Mens stagneer.”

Die krieke skuif een notch op op die volumeknop.

“So,” gooi ek dinge in tweede rat, “Jy’t mos ’n boek geskryf, nie waar nie?”

“Ja,” sê sy en light nog ’n Camel Light.

“Is dit ’n probleem dat mense dink hulle ken jou as hulle die boek gelees het?”

“Dis fiksie, maar obviously skryf jy uit jou eie experience uit, die wêreld wat jy ken — en dan maak jy jou eie storie op. So ek ken die hele wêreld waarin Charlie leef: die privaatskole en al daai jazz, en van kinders soos Charlie, maar ek hou nie rêrig van daai kiddies nie, dus hou ek nie rêrig van Charlie nie.

“Baie mense dink dis autobiografies, hulle vra “waar’s my kar?” ’n Buddy het ook nou die dag vir my die hemp gekoop (“Drugs Saved My Life”), want almal dink ek was in sewentig rehabs en deur die hele drugs-storie en toe dog ek ek gaan hierdie hemp dra na Boekeparadys-parties waar tannies is en dan kan ek hulle net meer motivate dat ek wel Charlie is. Dan’s almal happy. Als wat Charlie doen, ken ek, ek ken die hele scene, maar jy gaan mos nou nie noodwendig jou hele lewe so neerskryf nie. Daar is baie goed wat baie dieselfde is, soos ek’s mal oor klassieke karre, dis hoekom ek haar ’n classic gegee het. En dan ook omdat haar ouers, soos my ouers, lawyers is, sit baie mense op die idee dat dit outobiografies is. Ek hou ook baie van Frida Kahlo. So daar is goed wat dieselfde is.”

My foon lui op dieselfde tyd as hare. Double-drink dates word gereël. Toe ons terugkom op die stoep, is ons altwee van die punt af. Die krieke is egter nog glad nie van stryk nie. Ek praat een of ander kak oor post-KKNK-blues.

“Ja, ek was ook op hierdie post-KKNK detox Betty Ford mission. Dis nogal goed om nou en dan die suf system te herstel.”

“Ons het ook nogal die laaste tyd besluit om nie meer wyn in die huis te hou nie. Dit werk net nie goed nie,” stem sy saam.

Jackie het ’n ouer broer wat Regte swot. In die boek het Charlie issues met wat haar ouers wil hê sy moet doen en wat sy self met haar lewe wil maak.

“Dis darem die ander ding wat verskil van my en Charlie, want Charlie het nogal issues met die law ding, wat ek darem nie gehad het nie. My ma het nog altyd gesê ek moet ’n joernalis word, byvoorbeeld.”

Ek probeer my voorstel hoe Jackie Nagtegaal ’n siniese joernalis word wat jokes vertel op ’n moordtoneel of iets. Dit kan dalk werk. Mmm.

“Vir wie’s die boek geskryf, in watter rigting is dit gegooi?” vra ek.

“Ek’t nog altyd gedink die ‘jeugroman’ is moer boring, op ’n manier, maar ook nie eintlik nie. Ek’t dit geskryf sodat jong mense en ouers dit kan lees, sodat hulle kan sien wat gaan aan. Ook sodat hulle kan sien daar is bietjie bad, maar nie so baie bad nie, want uiteindelik draai als half oraait uit. Soos Charlie, sy’t ook nice uitgedraai. Sy’s ’n meisie wat empatie het. Ek sou dit gelike het as dit soos moerse erg geëindig het, maar ek check ook baie Hallmark channel op DSTV as ek verveeld is, so dit het my ook ge-influence. Die goeie einde doen tog iets vir mens.”

“Toe ek net die boek ingestuur het, toe sê een van die keurders dat die hele ‘rich kid’ ding te moeilik is om mee te identifiseer, want daar is nie baie mense wat so leef nie. Tog, dis ’n baie sad lewe. As ek na van die kinders kyk saam met wie ek al op skool was, dis worse as om in ’n plakkerskamp te gaan bly. Ernstig. Want dis so incredibly leeg, dis moer sad. En niemand weet eintlik daarvan nie.

“Toe ek nog in Pretoria op skool was (Crawford College), wou mense uit ander skole niks met jou te doen gehad het nie, want dis al die ‘snob kinders’ wat daar skoolgaan. So jy raak baie isolated. Niemand het gekies om daar te wees nie, jy kies nie hoe ryk jou ouers kan wees nie. Neem byvoorbeeld daai artikel in Die Burger, waar kinders van verskillende skole hulle reaksies moes neerskryf nadat hulle Vis In Die Punch gelees het. Dit het als daarop neergekom dat hulle almal dink dis onrealisties, want hoe kan ’n kind so ryk wees, hoe kan sy op sestien kar ry sonder ’n licence, hoe kan sy by ’n klub inkom ensovoorts. Baie mense weet nie dis hoe dit is nie. Dis ’n baie klein groepie, en dis alive and well. En dis ook nie eintlik sad nie.”

“Mmm,” reken ek en trek koffie nader. “Ek dink ook nie dis waar dat mense nie belang gaan stel omdat dit ’n ‘onrealistiese’ storie is nie. Alles op TV is onrealisties. Mense op sepies is te beautiful en te ryk. Mense wil juis daai fantasies hê in boeke en op TV.”

Sy stem saam.

“Een van my pals weier om na flieks te kyk waarin daar armoede is, sy wil net hierdie rich American families sien, verstaan jy? En dan, The Bold And The Beautiful en al daai, dit gaan oor al hierdie eksklusiewe gesinne wat fok weet wat doen hulle in die lewe. En daar kan boeke geskryf word oor straatkinders en hoe hulle kos soek en dis seker meer ‘noble’ om oor so iets te skryf. Almal gaan deur daai soeke vir jouself en al daai jazz. Dit gebeur nou of jy ryk of arm of mooi of lelik is. Dis universeel. Mense gaan ook baie aan oor die drug-issue in die boek; ek dink daar’s so vier bladsye daaroor. Vir my gaan dit grootliks oor Charlie en haar besef dat sy kan besluit wie sy wil wees.”

Vir Jackie was daar self geen moerse Damaskus-oomblik waarin sy besef het wat sy kon doen nie. Haar ouers het haar nog altyd die opsies gegee.

Daar’s vis in die punch lees moerse maklik; dit voel letterlik asof dit in ’n week geskryf is. Dit het haar so maand gevat om die storie uit te figure, dit was in standerd sewe en sy’t die boek in standerd agt klaargemaak — dit was eintlik nie veel meer as drie maande se skryfwerk nie. Die editing was egter nogal taxing, iets wat sy nie regtig verwag het nie, want sy’t gedog die boek is klaar geskryf. Sy’s egter dankbaar vir die proses en het baie geleer via haar editor.

Die Hollywood-exposé kan nou begin. Ons gaan kombuis toe. Die rubbish is leeg. Ek begin kaste oopruk. Dis moerse netjies: nice borde, koppies, Ricoffy, Nescafé Classic, hot chocolate, rooibostee. “Die Pieke Huisdans”-glase. Hier moet iets cools of dodgy wees, dalk iets ouds in die yskas. Appelkooskonfyt, rissies, mostert, nog mostert, suurlemoensap, tamaties, ingelegde beet. Daar word selfs gesond geëet hier. Geen rock&roll-dieet van roomys en bier en Willards Cheese Flings nie.

Nee fok, ek soek opwinding. Dalk in die vrieshokkie. Ek pine vir chopped off limbs, ’n afgesaagde kop in ’n Jiffy bag, dalk ’n stuk roadkill. Ek soek mafia, ghetto, weird, skande, ware Huisgenoot-drama, onthullings, zef. Maar dis net gevriesde pasteie, hamburger patties, vleis en nog mince. ’n Ander kas … rice crispies, maltabella, ’n ou bondel gordyne.

Dalk hou die CD collection die sleutel, daar móét iets damning wees ... Aha! die Soundcheck 3 CD! Maar dis die flatmate s’n ... Komaan, die flatmate besit ook Kenny G en Jon Secada …

Aha, hier’s ’n nice CD, Wingerdrock 1 — die Springbok Nude Girls se enigste Afrikaanse song is hier op — “Pappa ek wil ’n Popster Word” — beste song ooit.

“Ja,” sê Jackie, “Ek’t nou die dag so stack CD’s by Dagga-Dirk gekry, maar nog nie na almal geluister nie.” Selfs die CD collection slaag dus die exposé.

Teen die sitkamermuur is daar ’n foto-collage van vriende en familie en ’n hond wat soos ’n badprop lyk, genaamd Babbelas.

Nou die slaapkamer, weer eens netjies, Frida Kahlo-prente teen die muur, ’n nice boekversameling. Geen bloedspatsels teen die mure of koeëlgate in die kosyne nie.

Sy wil weet of ek regtig passievol voel oor die vullis; sy offer om die vullis te gaan soek waar sy dit weggegooi het. Ek sê nee wat dis OK, kom ons gaan drink ’n bier.

Via ons double-dates kry ons mekaar eers later in die dorp vir ’n drankie of twee. Dis dalk die obvious ding om te state, maar Jackie is die oudste 17-jarige wat ek nog ooit ontmoet het. Op 17 het ek seker gemaak my huiswerk is klaar en dan maar koshuisreëls gehoorsaam en ligte afgesit teen so tienuur, dalk uitgeslip om te gaan video’s kyk êrens en dan weer reëls gevolg by skool die volgende dag. Jackie Nagtegaal is way ahead; sy’s op haar eie mission en vat dinge soos “child prodigy” op ’n by-the-way level. Haar kop is oper as die Cats se defence en haar verbeelding meer vivid as ’n Missy Elliot-video.

Terwyl ek en kameraad Grundling kak praat en Black Label op die tafel mors, sit sy rustig en teug aan ’n Savanna en observe alles. Dis daai tipe observational skills wat haar skryfkuns fuel. En wees maar gerus, sy kan skryf. Dit laat my sommer goed voel.

Die goeie gevoel kom terug die volgende dag op pad terug, toe ek vir Karen Zoid op Radio 2000 hoor. Iemand interview haar oor die jazz CD waarop sy is. Almal weet teen dié tyd dat Zoid reeds ’n legend in the making is. All the signs are in place. So check maar vir Jackie Nagtegaal ook. Wie weet — en die gode bewaar ons — dalk is daar nog ’n hele nuwe ‘scene’ oppad. Dit kan net goed wees. Nuwe dinge. Dit voel sommer soos ’n nuwe jaar.

Op die sitplek agter my skommel die twee groot suitcases rond. Ek kyk oor my skouer en merk so bietjie rooi wat uitlek oor die seat. Verdomp, dink ek by myself, ek sal moet ontslae raak van die evidence voor ek verder as Brackenfell is.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.