Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Abraham H de Vries en Herman Wasserman in gesprek oor kortverhale, verwondering en skrywerskap



Tot verhaal kom



Aan die ander kant van die stad


Abraham H de Vries

Herman Wasserman
HW: Braam, as jy die tema van jou nuwe bundel kortverhale moes opsom, wat sou jy s?

AHdV: Bedoel jy wat my besig gehou het (soos die eufemisme lui) terwyl ek die verhale geskryf het? Stories het temas, maar ek weet darem nie of ’n bundel ’n tema het of hoef te h nie. Wat my onder andere besig gehou het (veral na die moord op die jong argitek hier vlak by ons huis in Kaapstad en die moorde op twee vriende in Ladismith; ondervinding soek betekenis) is hoe ons “nuwe” land met sy byna perkelose moontlikhede langsaam regeer word deur geweld, deur moord (volgens Die Burger 250 000 moorde die afgelope tien jaar!), kinderverkragtings, kapings, plaasmoorde.

Wat betref die beskerming van onderdane kom die regering sy plig nie na nie, soos ’n onlangse hofsaak ook uitwys.

Wat geweld betref, seker oor ek uit huis uit ’n mens-mens is en dat ek (al van Vliegoog af en self vroer) “man’s inhumanity to man” nie kan miskyk nie. Byges: as ek so standpunt stel, voel ek altyd ek praat letterlik r my verhale heen. Stories is vir my juis mr as idees, meer as standpunte; dis mensliker, normaler en veral omvattender. Dit het al gebeur dat ’n storie soveel van my standpunte oor dieselfde saak bevat dat ek by myself moet s, o, dis hoe die wind waai. Dis hoekom stories sal oorbly as alle wysheid en insigte en redenasies hul gatte gesien het.

Wat ek jou nou wou vra om mee te begin: dis juis al die figure, al die dinge wat gebeur, al die variasies van menswees in jou werk, veral in “Aan die ander kant van die stad”, wat ek so hrlik vind. Wat sit jou aan die skryf? Is daar ’n gemeenskaplike vonk in al die variasie? Wat is daardie “iets” of “ietse” wat vir jou s “Hier’s ’n storie”?

HW: Jy s ’n bundel het nie ’n tema of hoef nie een te h nie, maar dit klink darem of geweld en onmenslikheid/ontmensliking ’n tema is? Maar ek stem saam dat ’n mens nie noodwendig “na ’n tema toe” skryf nie, dat dit in die eerste plek stories is wat gebeur, hoewel ’n mens dalk later gemeenskaplikhede in hulle kan begin herken, patrone. Jou antwoord herinner my aan iets wat, as ek dit reg onthou, ook in Hennie Aucamp se werkboek oor die kortverhaal “Die Blote Storie”, staan: as ’n mens ’n verhaal begin skryf met ’n idee, dan word dit maklik ’n preek of ’n toespraak en nie ’n storie nie.

Maar as jy vra oor die “vonk” in my verhale, is dit soms juis temas wat my interesseer en waaroor ek begin nadink wat my dan help om sekere dinge rondom my laat raaksien, wat my sensitief maak vir sekere soorte stories wat rondom my gebeur. In “Aan die ander kant van die stad” (en in “Verdwaal” tot ’n mate) het ek byvoorbeeld gewonder oor hoe mense benvloed word deur hul omgewing, hoe plek en identiteit met mekaar skakel, of die ou onderskeid tussen plaas en stad nog geldig is. Maar ’n mens moet pasop dat dit nie programmaties word nie, dat ’n storie steeds ’n storie bly en nie ’n verhandeling nie. Hoe ’n storie gebeur? Dit is moeilik om te s. Ek wens ek kon presies weet, dan het ek dit meer dikwels laat gebeur! Natuurlik veronderstel “gebeur” nie ’n outomatiese proses nie - voor ’n verhaal tot stand kan kom, moet jy eers jou agterkant lank genoeg op ’n stoel vasplak. Soms gaan dit wel makliker as ander kere  Die verhaal in hierdie bundel oor die swerwende man wat op die kaai ’n stukkie visvanggoed kom bedel (“As die naweek eers verby is”), het byvoorbeeld baie maklik gebeur - ek moes amper net neerskryf. Van die ander het baie meer sweet gekos.

Dis ook nie dat stories net “daar buite” in die wreld gebeur nie. Soms wel, maar ander stories gebeur net in ’n mens se kop. Daar is wel ’n soort sintuig wat by my wakker word wanneer ek ’n sekere gewaarwording het, hetsy iets wat ek rens raaksien of iets wat in my kop ontwikkel, wat vir my s hokaai, hier is iets. Maar soms is dit ook maar, soos Hennie ook in daardie werkboek van hom dit noem, ’n windeier wat nie verder as ’n idee kom nie.

Oor die “variasie” in my werk? Dalk het dit te make met my belangstelling in mense, in die mens, my verwondering oor ons spesie. Veral die verstotenes onder ons, diegene na wie dit vir ons nie altyd lekker is om te kyk nie, omdat hul swaarkry ons ongemaklik of terneergedruk laat voel. Soms is ’n storie al wat ek het om vir sulke mense te gee. Dit klink dalk vreeslik paternalisties, of na ’n verskoning. Herman de Coninck het ’n pragtige gedig (“Pozie”) geskryf waarin hy s die posie help soos trooswoorde aan ’n siek dogtertjie nie help nie. Iets van daardie paradoks is vir my waar.

Ek wonder oor mense: hoe ons dit kan regkry om die dinge aan mekaar te doen wat ons doen, hoe ons so blind kan liefh n so blind kan haat. Die mens is fassinerend, in al ons onderlinge verskille en ooreenkomste. Die verwondering, dus, dalk, is wat die variasie teweeg bring. Maar dalk ook omdat ek ’n joernalis was, gewoond aan die optekening van waarneming. Hoewel Karel Schoeman mos JM Coetzee se werk “joernalistiek” genoem het, verneem ek, en dit nie ’n kompliment was nie!

Wil jy my nie vertel hoe die proses by jou werk nie? Jou stories is so oortuigend. Veral jou Klein Karoo-stories klink asof hulle gepluk is uit die mond van een van jou karakters. Hoe kry jy dit reg? Jy is ’n veteraanskrywer - sukkel jy ook soms om die dinge op papier te laat gebeur?

AHdV: Oor tema dan en proses, en belangrike dinge tussenin. Oor eersgenoemde stem ons met Hennie saam - ek was net versigtig omdat my peutery destyds met “eenheidsbundels” ongeldige verwagtings skep (ek het dit gebruik in ’n argument dat skrywers hul s moes behou in bloemlesing-kopiereg). Maar ek wil vir skrywers die moontlikheid oophou dat ’n bundel juis verskillende temas mag h en nie ’n eenheid hoef te vorm nie. Skrywers moet kan verras.

Jy raak in jou antwoord sulke belangrike sake aan. ’n Opmerking oor verwondering. Dt l vir my baie na aan die wortel van “talent”.

By my is daar ’n telkens terugkerende, baie basiese “wakende droom”: vroegoggend in die Klein Karoo, selfs hier in die stad, betrap ek myself keer op keer daarop dat ek soos ’n idioot na die berge, die lug, die pad, na huise en motors en plante, na alles om my kyk - veral as ek los is van die gewone roetines se besigwees - en dat ek wonder: waar kom hierdie goed alles vandaan? Wat om godesnaam maak ons hier? Ek dink dis die besef dat die gewoonste dinge, n ons, een groot misterie is, droomstof, en skrikwekkend breekbaar, wat die bron is van my verhale. Weet jy wat hier aangaan? Wie’t di teks, di storie geskryf vir ons soms komiese, soms tragiese rondvallery? Hoekom lyk selfs die toeval so in detail beplan? In “Nag van die clown” vra die clown ook so iets. ’n Variasie daarop staan in die Kersverhaal in die nuwe bundel.

Vir my is ’n verhaal pas goed as ek met die vertel daarvan deur alle realistiese of sosiale lae kan dring en iets oopgeskryf kry van hierdie misterie. Dit luk net soms, maar ek is verwen, want in my heel eerste twee verhale, “Spioene” en “Bert die Jagter” (albei by nlese tematies oor kinders se konfrontasie met die dood) ht ek dit reggekry en ek het nooit weer daarna ontslae geraak van die soeke na woorde wat die sluier bietjie wegtrek van oor ons “menslike toestand” nie.

Dis waaroor dit vir my ook in die Klein Karoo-verhale gaan. Wium van Zyl van UWK is die eerste wat dit raakgesien het. Rooikoos Willemse, byvoorbeeld, wat homself kwytraak (is daar erger stroping moontlik!); die skoenmaker, Vel Binneman, wat op die water kon loop met skoene wat hy “gedink” het (“Skoenemaker, diepe water”); die padlopers in “Skaduwees tussen skaduwees” wat vir my nie net iets s oor hul kom en gaan nie, maar ook oor ons menslike toestand van hier aankom en hiervandaan weer verdwyn. In die nuwe bundel, die twee seuntjies se samesyn op daardie wye, donkerende werf in “Dawid”; die soeke na elke droom van geborgenheid (droom beteken ook illusie) n die plaasmoord (“Bouvalle”); die “spore” van vernietiging en verval (veral die moord op die sangeres) in “Donker spore”; die tekens van die redelose, byna metafisiese dreiging in juis die alledaagse tot by die bestn-gil (soos van iemand wat niks anders meer het as die gil nie) in “Dagboek van ’n afloop”.

Laasgenoemde twee verhale het my die meeste van almal gery tot hulle klaar was. Want hoe dit ook mag lyk, vlotheid, moeiteloosheid, ongedwongenheid kom in ’n verhaal nie vanself nie, dit kom van oorskryf. (Dit verklaar ook - vir m altans - toe ek bostaande oorlees, hoekom ek gestotter het op “tema”. Geweld, onmenslikheid en ontmensliking is in Tot verhaal kom ’n tema, maar net tot voor die gil-toneel van die laaste verhaal. Daardie gil is vir my verwant aan nie net Munch se bekende gelyknamige tekening nie, maar eietyds ook aan die televisiebeeld van daardie rou, allesdeurdringende snikke van die Irakse seuntjie wie se arms en bene deur die Amerikaners afgeskiet is. Daardie “oerkreet van alle dinge” is die heel laaste opstand tn geweld, dis die lste bevestiging van mens wees, van ek bestn, van die vermensliking van die hel wat die Bushe en die Husseins van hierdie wreld, met hulle kamma-godsdienstige gebrabbel en al, skep. Asof di hel hul waansinnige onderskeid tussen teikens en ongevalle eerbiedig. (My oordele, en veral vooroordele, s natuurlik niks oor die gehalte van ’n verhaal nie, Herman, di oordeel laat ek aan ander oor.)

Maar voor ons by die skryfproses kom, hoekom krtverhale, Herman? Hoekom nie romans nie? Kortverhale vra van die leser interpreteerwerk, selfs fantasie. Daar’s nie baie mense wat di avontuur aandurf nie. Dis dus nie ’n genre wat in oplaes van tienduisende verkoop nie; trouens iemand het eendag vir my ges as ek wil geld maak uit skryfwerk, moet ek soos Andr P Brink romans skryf! Hoekom skryf j kortverhale?

Ek vind dit pikant dat die Nobelpryskomitee toe die waarde van John se “joernalistiek” bekragtig het. Ek lees net gisteraand Gabriel Mrquez s in ’n onderhoud met Peter Stone (in Writers at work) die roman kan niks doen wat joernalistiek nie ook kan doen nie. “The sources are the same, the material is the same, the resources and the language are the same. The Journal of the Plague Year by Daniel Defoe is a great novel and Hiroshima (van John Hersey -AHdV) is a great work of journalism.”

HW: Jy praat mooi oor jou verwondering - vir my is dit juis wat jy so uitstekend regkry in jou kortverhale, om die metafisiese raak te sien in die gewone.

Jy vra oor hoekom ek kortverhale skryf: dalk skryf ek so graag kortverhale omdat ek so graag kortverhale lees (dit klink nou amper soos daardie hoenderadvertensie destyds: hulle smaak so lekker want hulle eet so lekker). Ek hou van die oopheid daarvan, die suggestie, die oomblik wat vasgevang word, die misterie wat oorbly as jy ’n goeie verhaal klaar gelees het, sodat jy weer en weer kan/moet/wil teruggaan en weer gaan lees, uitpluis, herkou. Dit sluit aan by die verwondering waaroor ons gepraat het - ’n goeie kortverhaal laat jou wonder oor iets en hou jou aan die wonder; dit laat ’n lig skyn (Gordimer het mos ges “Short story writers see by the light of a flash”) oor dinge wat jy gedog het jy ken. Ek dink dis ook hoekom kortverhaalskrywers kleiner gehore het, omdat kortverhale van lesers vra om meer by te dra, om meer gapings in te vul. In daardie sin is dit meer soos posie. Ek veralgemeen natuurlik nou vreeslik - romans vra dit ook, maar ek dink tog mens sien dit duideliker by kortverhale. Tog is dit vir my vreemd dat kortverhale in ons postmoderne tyd van voorlopigheid, gefragmenteerdheid, en in ons blitsbestaan van muisklikke en soundbytes, nie gewilder is nie. Dalk is dit juis ’n teken van die bedrieglikheid van die kortverhaalvorm - dat ’n korter verhaal jou dalk baie langer besig hou as ’n lang een.

Daar is natuurlik dalk meer mundane redes ook hoekom ek kortverhale skryf, soos dat die dissipline van kortverhaalskryf is nie ver verwyderd van die dissipline van joernalistiek skryf nie (ek hoor jou oor daardie “joernalistiek” van JM Coetzee - sal darem nie omgee as ek sulke joernalistiek kon skryf nie) en ek dus gewoond is aan daardie tipe bondigheid. Wat natuurlik nie beteken dat ’n mens vinnig aan iets bondigs skryf nie. Ek is seker ek het al meer gesukkel om een verhaal reg te skaaf as wat sommige romanskrywers geneem het om ’n hele boek klaar te maak. ’n Opvatting wat ek wel graag die nek sou wou inslaan, is dat kortverhale vingeroefeninge is vir romans, of dat ’n mens daarnatoe moet “gradueer”. Seker waar wat kommersile sukses betref, maar dit bly maar my lieflingsgenre met sy eie eise, uitdagings en belonings.

Kan ek vir jou dieselfde vraag vra? Hoekom skryf jy nie daardie romans “soos Andr P Brink” nie?

AHdV: Dan sal daar in die hiernamaals ook uitgewers moet wees, want dit neem my net so lank om een kortverhaal te skryf as wat dit Andr neem om twee romans en twee vertalings klaar te maak; as ek romans (meervoud!) moet skryf, sal ek dus voorsiening moet maak vir iets wat my onwaarskynlik n onwenslik lyk!

Ek grap sommer, die antwoord is omdat dit nie my geaardheid is nie. Ek is dit eens met jou oor die kortverhaal, behalwe dat ek g’n niks daarvan h nie, dit sit aan my vas soos noodlot. Daar mt makliker goed wees om te skryf, ek het dit net nog nie ontdek nie! My “aangetrokkenheid” daartoe het egter alles te doen met hoe my brein werk. Ek kom uit so ’n streek en uit so ’n familie. My eerste belewing van verhale - en my sterkste invloede - kom nie uit boeke nie; ek het verhale geken voor ek kon lees. Miskien beantwoord dit jou vraag oor hoekom die verhale so “oortuigend” klink, so asof dit uit die mond van een van die karakters kom. Dit s waar dit vandaan kom! As ek wie ook al van die vertellers van my jeug in gedagte hou terwyl ek ’n verhaal skryf, dan raak dit onwillekeurig die verhaal soos hy/sy dit sou vertel het. Die Klein Karoo het baie stemme. Vir di verhale (hetsy verwerkings of eie maaksels na aanleiding soms van ’n sin of ’n sug wat ek raak hoor) het ek vertellers in my geheue: my pa, Izak Bruwer, Paai, Dawid, onderwysers, dominees, prokureurs, padlopers.

Maar die hele ding verloop anders as wat ek dit nou laat klink, want die illusie moet behoue bly van hul spontane vertelwyse, en die ironie is natuurlik dat nie een van hulle presies s vertel soos die woorde op papier voorgee nie. Om hul stemme te “gebruik” moet iets wees soos om die tekstuur van ’n mat se skering en inslag in gedagte te hou by die weef van die patrone. Ek het groot respek vir romanskrywers, maar hoe hou hulle die boog so lank so gespanne? As uitgewers liries raak oor di of daardie roman (altyd romans, want hulle verkoop beter) moet ek altyd tg dink aan oorlede Dirk Kamfer se sding oor lywige boeke: “Dit noem ek nie skryf nie, dit noem ek tik!”

Die vertelproses in die ander soort verhale is eintlik maar dieselfde: ek soek na hoe di of daardie dit of dat sou vertel. Wat soms moeilik is, want onder invloed van wat Vaslav Havel genoem het “verdommingsentra” (radio en tv!) praat ons almal maar ’n soort plastiektaal, eenders en kleurloos. Die Klein Karoo-verhale is meestal “eenstemmig”; in die ander kan ’n mens natuurlik met meerstemmigheid in meer as een karakter se leefwreld inklim, ook in hul drome en nagmerries - soos byvoorbeeld in die opera-toneel wat die joernalis droom in “Donker spore”. Dronkes, malles, grapmakers, kinders, dromers, idiote - die randfiguur-bevolking van die kortverhaal, soos soos Hennie al uitgewys het - kom gewoonlik die maklikste onder die gewone gang van die storie in.

Wat ek hier bo bedoel met “meerstemmigheid” is wat jy ook so uitstekend regkry in “’n Blyplek in die stad” waar jy Hennie se Rust-mijn-ziel-elegie stem gee in die slot.

Iets heeltemal anders oor die skryfproses: soms kry ek ’n uitstekende gegewe, soos die storie van die uur van die idiote in die Klein Karoo, wat Sue van Waart vir my een middag op Oudtshoorn gesit en vertel het. Ek het daardie ondergrondse verdieping van die volstruishuis, waar die idiote en hul oppassers gehou is gedurende die gewone ure van die dag, dadelik herken; dis die naaste wat ek al ’n stuk gewone geskiedenis hoor kom het aan Jung se onderbewuste! Maar wat Sue vir my vertel het, was nie ’n verhaal nie, dit was net ’n stuk Oudtshoornse geskiedenis. Ek kon dit natuurlik opgeteken het soos sy dit vertel het, ja, maar iets het vir my ges agter die implikasies van di stuk geskiedenis sal ’n mens net met ’n verhaal kan inkom. In ’n verhaal sou daardie idiote byvoorbeeld “simbool” kon word (vergeet dadelik die term, onthou net die inhoud) van iets meer, iets meer as nt die voor die hand liggende, uitdinkbare “duistere ondergrond/ keersy/gewete van kapitaal/groot geld/ blink bestaan”.

Maar vir langer as twee jaar kon ek di storie nie skryf nie - hoekom, het ek nie geweet nie. Iets het kortgekom - wt, het ek nie geweet nie. Tot ek op ’n dag iewers gelees of gehoor het van die krel wat vir hom die nagmerrie van ’n drieverdieping Kaaps-Hollandse huis by die see gebou het. Toe het ek eers die “volledige ruimte” vir die storie gehad, en ek het besef my probleem was hoe om die deske jare se volstruisveertyd “eietyds” te maak.

Storiegewys kan ’n mens natuurlik maklik ’n gimnasuim en ’n sauna in die kelder van so ’n Kaaps-Hollandse droomhuis by die see “inbou” - vir ons almal, die moderne idiote. Ek het die beroepe so gekies dat dit ’n soort deursnee is van ons tyd. Die verhaal, waaroor ek my nogal bekommer het, want die gegewe van Sue was net ’n situasie, nie ’n verhaal nie, het die maklikste van alles gekom. Die (vir die storie so belangrike) viskafee met die “metafisiese” (jou woord) klag bokant die toonbank: “Hier bars Hans en Kitty om ’n lewe te maak” het met die skryf reg ingeval - daar was so ’n kafee op Stilbaai met di woorde, uitgebrand op ’n stuk plank, bokant die toonbank, woorde wat toe vir my storie se slot gesorg het.

Nee, ek beplan so ’n verhaal nie vooraf nie, en sekerlik beplan ek nooit enigiets wat die verhaal moet “s” nie; dit mt vir myself ook openbarend wees, dit moet iets s waaraan ek ook nie gedink het nie. Om slf ook “tot verhaal te kom” is eintlik redelik n aan hoekom ek skryf.

Dan volg die herskrywery, die afrond, die meet en pas van woorde om dit wat die verhaal ook vir my ges het, te steun, te versterk.

Wat my betref, is dit eintlik die kern van hoe ek die skryfproses meemaak, Herman. Ek het nie ’n voorkeur vir enkellynige verhale f vir die meer verwikkeldes nie (verhale soos Hennie se “Vaslav in die sneeu” of “Vir vier stemme”, Kerneels se “Mnr X hou braaivleis”, Riana se “Die familiefees” n vergeet nie: ons heel eerste werklik goeie kortverhaal, Pulvermacher se verwikkelde “Gebet van Tities Tokaan”). Enkellynigheid en verwikkeldheid word albei in die verhaal bewerkstellig deur die stof.

Oor die ooreenkomste en die verskille tussen die “amount and diversity of material integrated” in die verwikkelder verhaal, in vergelyking met die in die roman moet nog iets geskryf word. En oor wat dit s vir die kortheid van die kortverhaal. Ek ken kort romans (en selfs nie net kortes nie) waarin minder gevarieerde materiaal verwerk is as in sulke kortverhale.

Maar jy het my nog niks vertel van jou ondervinding met die skrywery nie. En dit wil ek graag hoor. Hoe onverklaarbaarder, hoe beter!

HW: Ek het al voorheen vir mense wat ’n soortgelyke vraag gevra het, ges ek wens ek het geweet hoe presies dit gebeur, dan het ek dit baie meer gereeld laat gebeur! Die eerste faktor sekerlik is om gewoon te gaan sit. Daarmee sukkel ek nogal soms. In Jenny Hobbs se aanhalingboek oor skryf en skrywers is daar die aanhaling van Peter de Vries (seker nie familie nie?): “Ek skryf slegs wanneer ek genspireerd is, en ek sorg dat ek elke oggend om nege-uur genspireerd is!” Nou ja, ek wens ek het daardie dissipline gehad, of dat ek nege-uur in die oggend by my skryfwerk kon begin deurbring.

Dis egter natuurlik maar net een komponent. Dan moet jy darem iets te s ook h. Van daardie “s” kom ek twee aspekte agter: die een soort s is wanneer jy iets beleef, iets sien, iets dink of iets droom wat jy mt uits, wat jy nie kan inhou nie. Sulke verhale was daar al. Dit kom soms maar in horte en stote, en soms is dit wat ek neerskryf, nog ver van ’n verhaal af - nog net ’n idee, ’n paar los woorde, ’n sinsnede op ’n geel notaplakkertjie wat ek op my rekenaar se skerm gaan vasplak, of ’n koerantberig wat ek uitskeur vir later se herdink. Daardie impulsiewe opbruising is lekker, dit maak jou jeuk vir gaan sit en die storie uitpluis (want ek moet eers die storie - of die storie agter of onder of binne-in die storie - gaan uitpluis; ek kry nie dat hele stories op ’n slag na my toe aankom nie). Ander stories kom stadiger, klop net so dofweg aan jou deur, dat jy eers nie mooi seker is of jy gehoor het nie.

As die storie eers by jou binnegeval het, of as jy hom/haar oorreed het om in te kom, dan kom die stilsit. Dan moet jy agterkom wat hierdie storie nou eintlik te s het, en hoe jy daarna moet luister, en hoe jy dit op papier moet kry. Dit is die moeilike deel. Maar soms is daar dan ’n ander ding wat ook gebeur - so in die skryf van ’n verhaal word hy of sy iets anders as wat jy gedog het hulle is. Dis asof die skrefie van die storie wat jy agter die sluier gesien het, eintlik heeltemal anders lyk as die windsels eers stukkie vir stukkie begin afkom. Dan kom jy skielik agter: my magtig, hier gaan mos iets heel anders aan as wat ek eers gedog het. Daardie verrassing is vir my die naaste dat skryf aan ’n mistieke proses kom. Die res daarvan is dikwels meer van ’n ambag.

Ek wil graag terugkom na jou opmerkings aan die begin van ons gesprek rondom tema en dies meer, en vir jou vra oor die skrywer se rol in Suid-Afrika vandag. Daar was in die verlede die debatte oor of betrokkenheid of estetiek die belangrikste maatstaf by die skryf of lees van fiksie in ons land moes wees (ek stel dit nou kru), en dan het daar ook al stemme opgeklink wat s dat na 1994 daar ’n soort windstilte ontstaan het met skrywers wat na apartheid nie meer weet waaroor om te skryf nie, terwyl sommiges s hulle is juis nou bevry om oor enigiets te skryf. Dink jy dit is ’n besluit wat ’n skrywer kan of moet neem, om sosiale kommentaar te lewer? Of dalk selfs: kan ’n skrywer anders as om betrokke te skryf?

AHdV: Skrywery is ’n eensamige soort besigheid, vandaar miskien ons almal se nuuskierigheid oor hoe dit by die ander verloop. Peter (nee, nie familie nie; Izak is wel) is seker die enigste geroetineerde De Vries! Ek verneuk miskien myself, maar die raaksien van storie-moontlikhede, die “impulsiewe opbruising” waarvan jy praat, dis vir my ontdekkings wat ook die alledaagse betekenis gee. Daarsonder bly alle afsprake met die muse net Dirk Opperman se Kalihari’s wit papier. (Stephen le Roux had altyd ’n potlood en ’n piepklein boekie in ’n sakkie aan sy lyfband om sulke invalle in op te teken.)

’n Voorbeeld van iets wat so ’n opbruising veroorsaak: Izak Bruwer se sding een aand nadat hy lank oor die onderdeur van my buitekamer op Winkelplaas gestaan en kyk het hoe ek by die Millerlamp se lig sit en tik en mompel en tik (ek het hom nie gesien nie) het my ook bygebly tot in die slot van “Uur van die Idiote”. Izak het onbewus van wat hy s, laat hoor: “Ja, jong, dis darem ook ’n manier om ’n lewe te maak!” En terwyl hy die onderdeur oopstoot, toegevoeg: “Maar jy sal ook seker maar eendag moet gaan werk!” Skryf is inderdaad nie “werk” nie, dis ’n lewe maak, letterlik. (Byna soos Willem de Mrode se giftige vis: “Ik ving de visch, de visch ving mij.”)

Wat die debatte betref oor betrokkenheid, oor die rol van die skrywer n ‘94, oor literre strominge, postmodernisme, magiese realisme, etc, dit is uiteraard deel te wees van die lewensbloed van ’n literre en kultuurlewe. Ek het uit Etienne van Heerden se studie meer van my eie werk leer begryp as wat ek geweet het. Nou en dan gooi ek self ’n stuiwer (meer ni!) in die kollektebord. Maar ek moet bely, Herman, ek skeep deelname daaraan doelbewus af. Eerstens omdat ek altyd meer genteresseerd is in die “hele storie”, die menswreld, die vollediger beeld waarin ook standpunte pas. Tweedens (“‘tweedens,’ sit hy en tik, want hy het al lank geleer hoe om sy eie dofheid weg te steek agter syfers” - my volgende verhaal!): standpunte behoort tog k speelgoed te kan wees, mense behoort met maskers te kan redeneer, standpunte verdedig wat nie jou eie is nie. Maar ons maak ammelie daarvan die “agtergrond” of die “lewenshouding” of die “geloof” waarmee verhale en gedigte van die standpuntsteller geklassifiseer word, selfs “verklaar” word. Hennie Aucamp is nie net ’n fyn en beskaafde esteet wat die “private ache” kon verdedig teenoor die oproep tot betrokkenheid nie; in sy kabarettekste en sy dagboekinskrywings, ook in kortverhale, is ’n diep betrokke verdediger aan die woord van die verdedigbare menslike waardes in die spesifiek Afrikaanse boerewreld van sy herkoms, vorming en hede. Ons weet nou mos ook al: wat in die een tydvak “betrokkenheid” heet, word in ’n ander tydvak maklik “te groot politieke korrektheid”, of soos Breyten sou s, werfbobbejaanstreke. En as die maklike “tags” dan misluk, is daar skrik alom. John Coetzee se werk het nie inherent verander nie, die politiek het verander, ds wat die ouens so groot laat skrik het dat hulle in die vroulike hooffiguur in Disgrace nie meer die hooffiguur in Age of Iron herken het nie.

Maar om jou vraag te beantwoord. Nee, Herman, ek dink inderdaad ni “sosiale kommentaar” of “betrokkenheid” is iets waaroor ’n skrywer kn besluit nie. Jou vraag was goed gestel. Dit kom uit jou menslikheid, jou medemenslikheid; niks is so maklik uitkenbaar as outentieke betrokkenheid en vals meegevoel nie.

Sartre, by wie die aandrang op “gengageerde literatuur” begin het, had, as ek goed onthou, egter ’n stewiger slag om die arm daarmee: hy het spesifiek gepraat van literatuur wat ten doel het om ’n situasie te verander, skrywers wat taal nie net gebruik nie maar verbruik (dus selfs nie digters nie), en dis natuurlik weer iets ander as die oopskryf van ’n situasie, die belydenis vanuit ’n oortuiging of kommentaar op sosiale onreg. Dit veronderstel selfs ’n “sendingywer”, ’n bewustheid van presies waarnatoe, wat ideolo en priesters en politici gewoonlik in sterker mate besit as skrywers, en waarvoor die kortverhaal uitermate sleg geskik is, veral die sg “nuwe kortverhaal”. Jy ken seker Richard Kostelanetz se uitspraak: “The recent shift in the structure of the modern short story pulls the genre further away from its roots in narrative (which in our time, is more successfully appropriated by history and reportage) and pushes it closer to the the nonlinear spatial forms of modern poetry.”

Maar nou iets heeltemal anders, iets vreemds wat ek die afgelope tyd ondervind het. Weet jy, ek het nie raad geweet met die donker ondergangsverhale in Om tot verhaal te kom nie. “Bouvalle” handel tog nie net oor ou geboue en plaasmoorde nie, maar oor die mens se behoefte aan geborgenheid; “Dawid” vertel nie net van ’n vriend se begrafnis nie, maar juis van die geborgenheid wat ’n bruin en ’n wit seuntjie op ’n wye, groot werfwreld by mekaar vind; “Dagboek van ’n afloop” tel in Europa die Donker Spore op van vernietiging en verval waaroor die voorafgaande verhaal handel, en eindig met juis die lewensbevestigende gil waarvan ek al geskryf het. Waar kom my ongemak met my eie “donker visie” (soos Kerneels dit genoem het) vandaan? Roep die een gesig van ons land (s maar di van doodslag, van die verval van sisteme, van ondergang in ’n verswelgende geweldsamelewing) ook die ander op (di van vooruitgang, van hoop, van moontlikhede, van ’n veel groter vryheid)? Onthou jy hoe ek Jakes Gerwel aangepak het oor hy van ’n roman verwag het om ’n vollediger/gevarieerder beeld van ons land en samelewing te gee as wat John Coetzee se Disgrace kon doen? Gee my ongemak Jakes nou gelyk? Ek weet dit nie. Al waarvan ek seker is, is dat ek hulle nie anders kon geskryf het nie. Dis genoeg.

Die beste bewys in die Afrikaanse kortverhaal dat daar n 1994 ni ’n windstilte ontstaan het nie - inteendeel, dat politieke krampe en gewetenswroeging uitgestryk geraak en ’n lappieskombers van ’n Suid-Afrikaanse wreld oopgeval het - is die werk van iemand wat jy goed behoort te ken - hy skryf onder die naam Herman Wasserman. Ek bedoel dit.

Ten slotte (want ek het ’n digitale kamera gekoop en hoe om die ding te gebruik weet ek nie; ek het die aanwysingsboekie begin lees en dis onheilig ingewikkeld), ten slotte dus, twee sake: wie nie weet jy het ’n doktorsgraad oor ’n aspek van die kortverhaal nie, behoort uit verhale soos jou “Warm soos die hel” (oor geweld) en “’n Blyplek in die stad” (oor emigrasie en bl) ten minste te vermoed dat jy die kortverhaal goed ken. Vraag: Hoe benvloed dit jou as skrywer? Wil jy met verhale soos di wat ek genoem het, ’n gesprek aanknoop met voorgangers, byvoorbeeld oor geweld met Elsa Joubert of Rachelle Greeff? Of met Hennie Aucamp oor die verhouding stad/land en ook die stad as “blyplek van die hart”? Ek bedoel ’n gesprek met hul verhale natuurlik. En tweedens (“vir die twde maal daardie oggend tik hy ‘tweedens’”), ek gebruik in verhale dikwels werklike mense se name n my eie n my familie s’n, gemeng met fiktiewes; dit gee die verhaal die soort werklikheid van ’n “outobiografie” (wat dit nie is nie). Wie het jy in gedagte as jy ’n storie skryf? Ek bedoel daarmee: het jy spesifieke mense in gedagte op wie jy die karakters skoei, en vir wie vertel jy die verhale? Wie is die leser(s) in jou kop?

(As ek maar iets geweet het van lig en afstand en hoeke en lense en al die normale instellings aan ’n gewone kamera sou dit ook al gehelp het! Maar ek voel dit aan my jis, Afrika se tweede Malick Sidibe het vir hom gister eerder ’n kopseer as ’n kamera gekoop! S ingewikkeld kan gewone, eerlike realisme tog nie wees nie, of hoe?)

HW: Jy vra twee vrae, oor of ek ’n gesprek met ander verhale wil aanknoop en oor wie en vir wie ek skryf. Laat ek eers praat oor die ander verhale: Ja, ek is bewus van die tradisie waarin ek skryf. Dis in sekere opsigte ’n ondersteuning, maar dit kan ook ’n gevaar wees. ’n Ondersteuning in die sin dat ’n mens deur sekere implikasies, suggesties, klein plukkies, as ‘t ware, ’n groter web kan laat roer. (Die muis wat op die olifant se rug sit, s mos: “Kyk hoe lekker skud ons nou die brug!”) Soms, soos in my verhaal ‘‘’n Blyplek in die stad”, knoop ek doelbewus ’n gesprek aan, in daardie geval met Etienne van Heerden se verhaal “Gemeenplase”, waarin hy natuurlik weer ’n hele gesprek aangeknoop het met ander skrywers. Hoe geslaagd of konsekwent daardie gesprek is, kan natuurlik ’n punt van kritiek wees. Ek het wel ’n akademiese belangstelling in die Afrikaanse kortverhaaltradisie, en die gesprek daarmee is dus vir my ’n interessante spel.

Maar ek hoop dat dit nie by ’n spel bly nie, hopelik veral nie ’n speletjie nie. Ek probeer die verwysings in diens van die verhaal stel - ek wou in daardie verhaal ook iets bydra tot ’n veel ouer gesprek in ons letterkunde oor ruimte, oor die plaas, oor tekste-as-ruimtes, en dies meer. Die gevaar daarvan is natuurlik dat ’n mens vreeslik pretensieus kan klink, of jou verhale so verliteratuurd maak dat dit ’n soort literre selfbevrediging word en jy in die proses jou leser heeltemal kan verloor. Ek probeer dus om verhale soos bogenoemde, met hul ooglopende selfrefleksiwiteit, te beperk. Dit bly vir my belangrik dat ’n kortverhaal ook ’n storie het om te vertel, en dat literre “tekstuur” en die narratief in balans bly. Daarmee saam glo ek ook tog dat veral nuweling-skrywers soos ek bewus moet wees van die tradisie waarin hulle werk - as jy nie weet wat voor jou gebeur het nie, is dit moeilik om iets nuuts by te dra. (Selfs as jy bewus is van die tradisie, is dit moeilik genoeg om iets nuuts by te dra. Weer eens moet die leser maar oordeel).

Dis egter nie net ander verhale wat hulself aanmeld (en ek bedoel met hierdie woord dat ek nie altyd doelbewus intertekste kis nie - soms word ek ook eers later bewus van sulke eggo’s, of dalk eerder kringfluit, in my verhale) wanneer ek skryf nie. Films en musiek draai ook in my kop rond as ek skryf, en ek kan nie al daardie tekste net ignoreer en s “Stil julle, ek praat nou!” nie. Dalk is ek in daardie opsig ’n postmodernis, hoewel dt weer ’n gesprek op sy eie is.

Jy vra vr wie en r wie ek skryf. Die “oor wie” is beslis nie “regte mense” in die sin dat hulle van vlees en bloed is nie, en dis sekerlik nie outobiografies nie. (Bly maar altyd vir my interessant hoe dit baie lesers se eerste belangstelling is - “Gaan dit oor jouself?” of “Het dit werklik gebeur?” Ons is almal maar seker op ’n manier voyeurs). Maar die karakters is “regte mense” in die sin dat hulle in my kop bestaan, en hulle is soms saamgelap uit eienskappe van mense wat ek wel tekom, of hulle is verlangs familie van mense wat werklik bestaan. Maar dis nie asof ek oor “werklike” mense sit en rapporteer nie. Selfs al het van die verhale hul oorsprong in my ervaring, word daardie ervaring tog gefiksionaliseer die oomblik dat jy jou hand daaraan sit. Die eerste verhaal in my nuwe bundel, oor die Kongolese vlugteling, is ’n goeie voorbeeld. Ek ken wel Kongolese vlugtelinge - een het ek vlugtig ontmoet, met ’n ander een en sy gesin is ons goed bevriend. Ek het gegewens uit hul verhale geleen, bymekaargevoeg, bygelieg, uitgelaat. As jy wil, kan jy s dat ek in ’n verhaal bylieg totdat ek dink die verhaal praat nou genoeg van die waarheid. Daar ontstaan wel etiese vrae wanneer ’n mens jou hand aan ander mense se verhale slaan, en ek dink ’n skrywer behoort erns te maak met daardie vrae. Maar dis nooit so eenvoudig as ’n eenvoudige teenoormekaarstelling van “waarheid” en “fiksie” nie. Sommige karakters het weer heeltemal in my kop ontstaan. Maar dit maak hulle nie minder “waar” nie.

Jy vra ook vr wie ek skryf. Wel, soos ons al opgemerk het rondom boekverkope, skryf ek kennelik nie vir skares van derduisende nie. Dit pla my ook nie. Ek het nie ’n spesifieke “tipe” leser in gedagte nie - solank dit wat ek skryf by iemand ’n snaar kan aanroer, hulle dalk ’n oomblik kan laat wonder oor iets. Dit klink dalk didakties - dis nie asof ek iets het om vir iemand te leer nie, dis eerder dat ek vir mense ook iets wil wys wat ek vir die eerste keer raakgesien het. Ek het bo my lessenaar by die huis ’n geraamde gedig van Remco Campert, getiteld “Verzet”. Die laaste rels lui soos volg: “Jezelf een vraag stellen/ daarmee begint verzet// En dan die vraag aan iemand anders stellen.” As die literatuur ’n vorm van verset is teen die voorspelbare, teen die afstomping, teen enkelduidigheid, teen vanselfsprekendheid, wil ek graag versetsliteratuur skryf. Ek het nie illusies oor wat ek kan vermag nie - dis heel beskeie: gewoon om eers aan myself ’n vraag te stel en dit dan aan iemand anders te stel. Wat nie impliseer dat ek enige antwoorde het nie.

Ek het ’n laaste vraag vir jou: In al meer resensies van jou werk hoor ’n mens deesdae die refrein van “miskendheid”. Andr Brink het in sy Van Wyk Louw-lesing na jou verwys as “uitmuntend, in kortverhaal op kortverhaal, die skandelik miskende Abraham de Vries”; Piet du Toit het ’n lesing voor ’n ANV-kongres gelewer oor “Die ongeprysde De Vries”; en in haar resensie oor die laaste bundel praat Gretel Wybenga ook daarvan dat dit “onbegryplik” is dat De Vries nog nooit bekroon is vir die kortverhale nie. Wat is jou reaksie daarop?

AHdV: Jy’t (nes die digitale kamera!) my die afgelope ruk gedwing om weer na “gewone goed” te kyk: hoek, lig en donker, tot kleur! Daarvoor s ek dankie, man. En ek het weer na Etienne se “Gemeenplase” gaan kyk - gie verhaal wat ek tot nou toe misgekyk het omdat “Die biskop en die bul”en “Dol hond” so uitstaande is. Waar kan mr sulke gesprekke plaasvind wat ’n mens nuuskierig maak na verhale wat die ander noem?

Jou vraag oor die “miskenning”: Iewers is daar iets skeef aan di redenasie. Ek het nog nooit vir erkenning geskryf nie; dit moet, wat my betref, iets wees soos om ’n wilde, steeks, beneukte perd te probeer tem (want dis wat ’n kortverhaal is) en dan te droom van die July wen. Maar boonop, miskenning deur wie? Andr bedoel waarskynlik die Akademie. Ja, maar wat van Adam Small? Kanna is oor die hoof gesien toe PG die Hertzogprys gekry het (kom ons neem aan die twee dramas is in werklikheid ewe beprysenswaardig), maar daarna is die prys vir drama ’n jaar glad nie toegeken nie, en drna het Chris dit gekry vir ’n (radio?-) drama wat langer as vier jaar vantevore gepubliseer is. Elke keer is Adam oor die hoof gesien. Kanna is een van die belangrikste dramas van Sestig, die herout van die Kaapse Vlakte-toneel; Adam se posie in Kaaps is vanuit die geledere van die agtergesteldes die voorloper van die werk van ’n hele geslag digters (Patrick se Prog-groep). Dit is Adam Small se werk wat op skandalige wyse deur die Akademie misken word. As die rede nie polities is nie, wat is dit dan? ’n Gebrek aan literre insig?

Herman, ek kyk op ’n totaal ander manier na di dinge. Kom ek vertel jou wat wel met my gebeur het. My tuisdorp, Ladismith in die Klein Karoo, het my hul eerste ereburger gemaak nadat die dorpsraad al deur almal verkies was. Die stadsaal was splinternuut geverf vir die okkasie, buite het werkers met netjiese uniforms aan die aand geprotesteer oor hlle nie uitgenooi was na die dinee toe nie en hulle is toe net daar genooi en toegelaat. Anton van Vijfeiken uit Nederland, wat Stephen se Sewe dae seker kort tevore gelees het, het gedog dis my plaas se werkers! Wie kon hulle kwalik neem? As die Ladismithse vrouens kook en bak, dan kreun die tafels, en die geure en smake van skaapboud tot soetpatats tot slaphakskeentjies tot malvapoeding laat daal oor jou ’n salige, ou-ou soetheid sonder einde. Die burgemeester het my baadjie se lapel aan my baadjie vasgesteek met die ereknopie, die goueletter-oorkonde het vir ’n oomblik in die stinkhoutkissie vasgesit voor hy dit versigtig uitgekry en voorgelees het. In my keel was ’n groot skilpad toe ek wou dankie s. Met die opkyk was my sig net nog helder genoeg om te sien hoe - by een van die versierde tafeltjies - Flora, die vrou wat by ons werk vir haar Mannetjies wat op die paaie werk n vir prof Kay de Villiers wat by die Universiteit werk en vir sy vrou, Jeanne wat by die Rooikruis Kinderhospitaal werk, en vir almal aan die tafel, wys hulle moet stilbly, asseblief, daar stn hy - dis nou ek - al met sy pampiere agter die “preekstoel”!

Ek het van die verhoog af oor almal gekyk en in my verbeelding het die mure van die stadsaal weggeval. Dit was asof hulle wat doer ver op Winkelplaas al lank toe was onder die donker aarde, kom luister het, en asof die Karoohuise met die drie gewelgate en die volstruishuise met die broekieskant en die plaashuise met die houtluike en die bome langs die strate en geboue en die Karookoppies en die groot swart berg op die noordelike horison almal om ons saamtrek en stil sit en glimlag. Ek het beleef wat ek later in ’n Kersverhaal gebruik het. Asof van ver iewers in die wye ruimte het ek ons daar sien sit, en ons was min, ons was maar ’n klein groepie mense eensaam onder die helder somersterre, want ook die dag se stof het gedaal. Vir een kosbare aand was ons weer daar saam. Hoekom? Omdat ek op papier doen wat vele op my dorp met vertel veel beter doen. Omdat ek stories skryf.

Voor die dinee al het almal in die biblioteek iets gaan skryf in ’n groot boek wat my toe aangebied is as laaste geskenk van di aand, saam met die pen wat soms met groot letters en hier en daar met bewerige skrif die boodskappe opgeteken het.

Di boodskappe het ek almal. Begryp jy nou hoekom daar van miskenning nie sprake is nie? Wat kan enige Akademie of pryskomitee eintlik mr doen as wat Ladismith, en dan boonop nog Andr en Hennie en Piet en Elfra en Gretel al gedoen het? Dis teenoor Adam wat die Akademie se erkenning ’n daad van eenvoudige regverdigheid sal wees.

Ek sluit af op ligter noot, oor die digitale kamera alweer. Gister vra ek vir ’n vriend van my hoe de Dinges werk die ding? En ek kl, ek s ek moes my kop breek oor al die vrae, en nou sit ek nog met ’n kamera ook wat ek nie verstaan nie.

Toe vra hy, is daar ’n los blaai agter in my handleiding? Ek s, nee, wat moet daarop staan? Hy s, daarop moet staan ek moet alles uit my kop uit ken en oefen om elke knoppie en sluiter reg te gebruik as ek nou nog nie agtergekom het die kamera is eintlik outomaties nie! Seker maar seker nes stories skryf, s hy toe.


Indien LitNet-lesers die gesprek wil voortsit, kan hulle vrae of opmerkings aan Braam of Herman stuur by Erns Grundling.

24 November 2003

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.