Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Begeertes ...

Francois Smith

Eben VenterElkeen van sy sinne moet onafhanklik kan staan. Een vir een lig hy hulle uit hul konteks en weeg hulle. Dt is hoe Eben Venter skryf. En miskien is dit hierdie stilistiese geraffineerdheid wat sy jongste roman, veral aanvanklik, aan Hennie Aucamp laat dink. Maar daar is beslis ander ooreenkomste ook, en dalk is die dekadentistiese aard van sy skryfwerk die heel maklikste vergelyking.

Ons het afgespreek om mekaar in ’n restaurant in Observatory te ontmoet. Ons sal oor Begeerte gesels. Toe ek inkom, staan hy by ’n tafeltjie met twee mense en gesels. Die man, vertel hy later, het hy met die inkomslag herken. Hy is die eienaar van die restaurant en is, soos hy, ook ’n Suid-Afrikaner wat ’n ruk in Australi gewoon het. Die restaurateur het Venter moeilik laat gaan, en ’n ruk lyk dit asof die gesprek ook vir Venter onafgehandel is. Sy amptelike pligte kry egter voorrang, en by ons tafel bestel hy melkkoffie. “Koffie verkeerd,” beduie hy vir die kelnerin, en merk op hoe lekker dit is om in restaurante op Afrikaans bedien te word.

Hy is tuis in die Kaap, en het die vorige aand Almodovar se fliek Talk to her in die Labia gaan kyk. Dt is ons aanknopingspunt, nie soseer om die tematiese verwantskappe met Begeerte nie (die naasmekaarstel van dood en erotiek), maar dit is Almodovar se vertelwyse wat hom geboei het. Sy rigtingveranderings en die pas van sy verhaal.

“Ek het met Begeerte ook ’n vinnige pas probeer volhou,” s hy. “Miskien omdat ek graag boeke lees wat so geskryf is. Karel Schoeman kan ek ook lees, ja, maar ek hou tog van ’n vinniger verloop.”

En as jy hom die kuns van di skryfwyse afvra, kom die verrassing: hy het hom deur een van die bestuurswetenskappe se groot ghoeroes, Edward de Bono, laat lei. Die “wilde spronge” in sy verhaal, die kort hoofstukke, die snelle perspektiefverwisseling, en selfs ’n toneelverwisseling binne ’n paragraaf is onder meer geskoei op De Bono se “laterale denke”. Hy verduidelik die konsep met ’n skets op my skryfpapier, en in kort kom dit daarop neer dat hy die leser voortdurend wil bring by die gewaarwording: Wie sou nou draan gedink het?

Maar die ware vakmanskap l in die voortdurende weeg van elke sin. Hy kan nie verstaan dat jy by groot skrywers sinne tekom “wat lyk asof dit uit ’n st 8-opstel kom” nie.

“Daarom lig ek soms ’n sin uit my werk en kyk of dit op sy eie kan staan. In Atonement van Ian McEwan, waaroor almal so opgewonde was, is daar dele wat s vervelig is. Dit is hoekom ek JM Coetzee so bewonder — hy s alles wat daar te s is in ’n veel dunner boek.

“Die eerste sin is vir my baie belangrik. En die laaste. Die eerste sin is die pasaanger.” Hy verwys na hoe Virginia Woolf se skryf van Mrs Dalloway in die rolprent The hours uitgebeeld is: “Die oomblik toe sy daardie eerste sin gehad het, het sy geweet hoe om in die storie in te gaan. Ek werk ontsettend hard aan my eerste sin — dit s hoe jy jou verhaal binnegaan.”

Hy noem nog ’n skrywer in wie se werk die verspringende verhaal hom bendruk het, ’n skrywer wat hy onlangs ontdek het, naamlik WG Sebald. “Van sy paragrawe strek oor 28 bladsye, en hy dwaal af en weer terug na die verhaal. Hy skryf werklik grensoorskrydend, en as leser voel jy jy is altyd in vertigo. ’n Vriend van my s jy voel duiselig nadat jy Sebald gelees het, en dis presies die effek daarvan.”

Die restauranteienaar staan weer nader, onskynlik oorweldig deur herinneringe aan Doer Onder. “Ek kan nie glo jy wil terugkom nie,” s hy vir Venter, en verduidelik dat omstandighede buite sy beheer hm in Suid-Afrika hou.

“But I like it here,” gooi Venter wal, duidelik nie lus om sy besluit te regverdig nie. Die restauranteienaar vertel egter reeds opgewonde van die wonderlike Australiese “system and environment”, en gaan in dieselfde asem, maar met elegant beheerde weersin, oor na ’n verhaal oor die vergrype in een of ander Suid-Afrikaanse staatsdepartement.

Venter probeer die gesprek in ’n ander rigting stuur en vra waarom die restaurant nie ’n espresso-masjien het nie.

“Ag you know,” s die man, net ’n oomblik verle, “people here don’t expect anything better. They’re satisfied.” Hy haal sy skouers op, en steeds verseker van die gemeensaamheid van die gesprek, pleit hy by Venter om sy besluit om terug te keer te heroorweeg. “Don’t close the door,” s hy voordat hy terugkeer na sy tafeltjie waar ’n vrou haar donker hare oor ’n Sondagkoerant laat val.

Daar is ’n rukkie stilte na di interlude. Venter sug en gee dan toe dat hy die Australiese “stelsel” gaan mis. Maar dan keer hy spesifiek terug na die mense, die landskap en die vloeibaarheid wat hy hier aantref.

Maar wat dan van die buiteperspektief waarop soveel kunstenaars gesteld is? Gee hy dit maklik prys?

“Op ’n manier sal Suid-Afrika altyd vir my ’n vreemde bekende plek bly,” s hy. “Ek het te lank nie hier gewoon nie, en alles het radikaal verander. Dt moet ’n mens van die ANC s: hy het alles verander.

“En die korrupsie,” antwoord hy op die restaurateur se verdoemings, “was vroer ook daar, net in ’n ander gedaante.”

Hy wil juis die gewraakte “bevoordeling van ’n swart elite” gebruik om op Prins Albert, waar hy hom nou gaan vestig, ’n klomp jong mense in staat te stel om ’n restaurant vir die toerismemark op die been te bring. Dit blyk egter dat hy na jare in sy Australiese restaurant, The Long Table, genoeg gehad het van die kosbedryf en min illusies het oor die kreatiwiteit daarvan. “Daar is miskien iets skeppends daaraan, maar dit gaan so gou verby,” s hy. “Dit is eintlik grotendeels ’n herhaling, ’n verveling. Miskien kry jy met die bereiding kans om stories te bedink, en veral as die restaurant baie vol is, kan die kombuiswerk ’n vorm van meditasie word. Dan word dit ’n reiniging waarin jy gesuiwer word van alles — later dink jy aan niks nie.”

Uit die staanspoor val dit ’n mens in Begeerte op dat die erotiek veral vir die protagonis, Bill Scheiffer, deel is van ’n soort doodsverlange: in ’n Egiptiese bordeel s Bill in ’n ekstatiese beswyming aan die vrou wat hom die genot verskaf, dat hy nou maar kan doodgaan. En as hy net daarna in ’n vegvliegtuig laag oor die see vlieg, kry hy die begeerte om deur die see verswelg te word.

Dit is nie so bedink nie, s Venter, maar vind die waarneming interessant. Hy wou ’n roman skryf “oor die erotiese tussen mense en hoe dit ontwikkel en vervorm”.

Die opmerking oor die naasmekaarstelling van erotiek en selfvernietiging laat hom egter dink aan die biografie van die Franse filosoof Michel Foucault. “H wou altyd die grense van die sensuele ervaring toets. Dit is hoekom hy in die woestyn met LSD geksperimenteer het, want hy wou kyk hoe ver dit hom op seksuele vlak vat. Dit is ook hoekom hy so gereeld al die badhuise besoek het — hy wou altyd verder en verder.”

Venter verwys dan na ’n toneel in Begeerte waar Bill deur vyf jong mans aangerand word en hy ook byna in ekstase besef hy word deur die dood in die gesig gestaar. “Bill het besef hy is op ’n grens,” s Venter, en jy veronderstel dit is dieselfde grens wat in die algemeen deur die erotiek uitgedaag word.

“Petra Mller het gedink Bill word nie voldoende as tragiese held uitgebeeld nie,” s Venter, “maar ek het nie saamgestem nie. Hy is nie vir my tragies nie. Sy dood was in sy lewensplan ingegraveer. Dit kon nie anders nie. Dit is net soos met lady Diana — jy kan jou nie voorstel dat sy normaal sou moes voortleef en 85 moes word nie. Dit pas net nie in die verhaal nie.”

Maar ja, dit is by uitstek ’n boek oor manlike seksualiteit, gee hy toe. By een van sy openbare optredes het ’n vrou vertel dat sy na die lees van die boek die optrede van haar gewese man kon verstaan, iets wat voorheen vir haar onbegryplik was. Hy hou van hierdie soort persoonlike reaksies op sy werk, en vind ook die tipering van manlike seksualiteit aan die hand van sy hoofkarakter juis.

“As jy mooi daaroor dink, is dit byna natuurlik dat mans rondloop, soos spermselle op soek na ’n eiersel om te bevrug.

“Ek is in ’n gay-verhouding en mense sal miskien s ek weet nie waarvan ek praat nie, maar ek dink dit is goed vir mans om weg te breek en in mansgeselskap te verkeer. Die vroue wat ek in The Long Table ontmoet het, was so dikwels soos seekatte wat die mans heeltyd in hul klein nessie wou intrek, so behoeftig ...

“Bill kon hierdie soort huislikheid net nie hanteer nie. Dit was vir hom ’n bevryding om alles net so te los en ’n ruk saam met ’n vriend te gaan jag. As vroue dit nie verstaan nie, sal hulle nooit saam met mans kan bly nie. Mans hou nie van daardie nurturing-ding nie.

“Ag, en deesdae is dit mos polities korrek om, as ’n vrou swanger is, ook te s die man verwag. Dis belaglik! Die kind het in daardie eerste ruk niks met die man te doen nie.”

Venter is geamuseer as hy hoor dat hy van die beroemdste sekstonele in Afrikaans geskryf het. En dit blyk dat hy hom nie te veel steur aan skrywers en kritici se voorbehoude oor die skryf daarvan nie.

“Nee wat, ek hou daarvan om dit te skryf. Ek is wel versigtig, maar dan is ek versigtig met elke sin wat ek skryf. En ek sou nie s ek het meer aandag aan die sekstonele gegee as byvoorbeeld aan die toneel waar Madelein (Bill se vrou) Girlie (Bill se latere minnares) en haar suster langs die pad kry nie. Ek het hard daaraan gewerk, en aanvanklik sou dit die boek se einde gewees het.

“Ek het onlangs die Japannese skrywer Haruki Marukami gelees en het besluit om, soos hy, die geslagsdele by die naam te noem. In hierdie boek is dit die eerste keer wat ek dit doen, en ek is sagkens bly dat ek dit kon doen. Ek wou ’n ding op sy naam noem, en dit werk. As jy net onthou dat dit oordoen kan word, soos in die flieks deesdae.”

Ooglopend ’n skrywer wat reeds presies weet wat hy van sy skryfwerk verwag. Maar oor of hy die pyp in Suid-Afrika gaan rook, is hy minder seker. Hy is erg bewus van die knelling om ’n skrywer in ’n klein taal te wees, en vra uit oor die moontlikhede wat vertaling bied. Hy oorweeg dit om Afrika-kuns na Australi uit te voer. Joernalistiek sal ook help om die pot aan die kook te hou. En dan het hy reeds begin werk aan ’n nuwe roman. Jy moet net ’n nuwe invalshoek h, s hy. Hy verwys eerder na di onderhoud as sy werk. Of miskien praat hy van die lang rit die binneland in waarop hy binnekort sal vertrek.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.